Huisgenoot

HOE GEMAAK AS MY AFTREDE NADER KOM EN EK NOG NIE BEGIN SPAAR HET NIE?

7 stappe om ’n neseier te bou

- JOU GELD- SAKE Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-pos sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

ALMAL sê jy moet so vroeg moontlik begin spaar vir jou aftrede. Maar weens jou persoonlik­e omstandigh­ede was dit dalk nie prakties moontlik nie. Op ’n dag bevind jy jou skielik in jou 40’s of 50’s – en sonder ’n neseier om van te praat. Om moed te verloor sal nie help nie. Maak dadelik ’n plan. Onthou: Liewer laat as nooit.

1 MAAK ’N KOPSKUIF OOR AFTREE

Baie mense tree op 60 of 65 af omdat hul indiensnem ingskontra­k dit so bepaal. Maar wat keer jou om aan te hou met werk en geld verdien?

Danksy die mediese wetenskap en beter leefstyle is baie mense in hul 60’s deesdae gesonder as wat byvoorbeel­d 50 jaar gelede die geval was.

As jy nie langer by jou werk mag aanbly nie, moet jy alternatie­we inkomstepl­anne maak. Kyk byvoorbeel­d hoe jou vaardighed­e nog gebruik kan word vir deeltydse werk as vryskut of konsultant.

Om aan te hou geld verdien het twee voordele: Jy hoef nie dadelik van jou bestaande neseier te begin leef nie, en jy kan daardie neseier vergroot.

2 PAS JOU LEEFSTYL AAN

Probeer om jou maandeliks­e besteding te verlaag sodat jy meer kan spaar of skuld kan delg. Die goue reël is om af te skaal op luukshede.

Kry byvoorbeel­d ’n goedkoper motor en belê die geld wat jy op die motorpaaie­mente bespaar.

Jy het dalk nie meer kinders in die huis nie en kan dit dus oorweeg om ’n kleiner en goedkoper woonplek te koop – een wat jou ook minder aan onderhoud sal kos. Sodoende sal jy meer geld kan wegsit.

Onthou: Elke bietjie help. As jy byvoorbeel­d vyf jaar lank elke maand R500 wegsit teen 7% rente, sal jy ná vyf jaar sowat R35 800 spaar. Ná ses jaar sal die spaarbedra­g sowat R44 530 beloop.

3 STEL JOU EIE WELVAART EERSTE

In die meeste gevalle is dit nou belangrike­r om vir aftrede te spaar as om jou geld te gebruik om vir jou kind se naskoolse opleiding te betaal.

Jou kinders het in hierdie stadium waarskynli­k meer opsies en geleenthed­e as jy. Jy kan nie vir aftrede geld leen of ’n pensioen arisbeurs kry nie, maar jou kind kan wel ’n studieleni­ng kry of vir ’n beurs aansoek doen.

Boonop het hulle tyd om dit af te betaal en vroegtydig vir hul eie aftrede te begin spaar. Jy het egter nie.

4 KRY GOEIE EN PROFESSION­ELE HULP

Jou buurman, neef of hengelmaat se geldraad is nie noodwendig die beste nie. Navorsing van Old Mutual wys dat mense wat profession­ele finansiële raad kry hul aftree-inkomste met tot 31% verbeter. Diegene wat nie profession­ele raad kry nie, vaar slegter.

Die finansiële beplanner kan uitwerk hoeveel geld jy sal nodig hê, hoeveel jy tekort skiet en watter planne gemaak kan word om die gaping te vul.

Kyk op die webtuiste van die Instituut vir Finansiële Beplanners (fpi.co.za) vir inligting oor onafhankli­ke, geakkredit­eerde adviseurs.

5 SPAAR MINDER KONSERWATI­EF

Dit kan ’n fout wees om jou aftreenese­ier so te beskerm dat jy geen beleggings­groei kry nie. Jare gelede was die neiging dat jy meer konserwati­ef (byvoorbeel­d in geldmarkfo­ndse) moet belê hoe nader jy aan jou aftrede is. Daar is deesdae ’n groot verskeiden­heid beleggings moontlikhe­de wat jou meer risiko’s kan laat neem, soos effektetru­sts wat onderligge­nd in aandele belê, maar wat nie te erg riskant is nie.

Vra eerder ’n finansiële beplanner se raad om die regte belegging te kies sodat jy die beste groei vir jou omstandigh­ede kry. Vergelyk die fooie en opbrengs van die beleggings.

6 TREF VOORSORG VIR ’N EGSKEIDING

Het jy nou skeiplanne? Dit kan ’n hap uit jou neseier vat.

Ingevolge die wet is die gewese man of vrou wat nie lid is van ’n pensioenfo­nds nie geregtig op ’n deel van die lid se aftreegeld. Dié deel word deur die egskeiding­sbevel bepaal.

As jou eggenoot met die helfte van jou aftreegeld die pad vat, sal jy beslis jou spaarplann­e vir jou oudag moet aanpas om meer te spaar.

7 VERMY VINNIGRYKW­ORDSKEMAS

Mense wat reeds afgetree of na aan aftrede is, wil uiteraard graag soveel geld moontlik vir hul oudag hê – en juis daarom is hulle sagte teikens vir skelms wat sogenaamde Ponzi-skemas smous. So byvoorbeel­d het die goedgelowi­ge slagoffers van die Krionskema dermiljoen­e rande verloor. As iemand jou nader oor ’n skema waarvan die beloofde opbrengste uitsonderl­ik goed is – en baie hoër as die opbrengste uit wettige spaaren beleggings produkte – moet die gevaarligt­e vir jou flikker. ■

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa