Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

STEENBOK 21 DES – 20 JAN

Dié week kan jou ingebore Steenbok-karakterei­enskappe vir jou ’n stremming of ’n seën wees. Terwyl nugter gewoontes en verantwoor­delike optrede jou beslis geld kan bespaar, kan swartgalli­gheid en oorversigt­igheid tot verspeelde kanse lei. Wat jou loopbaan betref, sal ambisie en dissipline jou die suksesleer help klim, maar werk sonder om te speel lei tot saaiheid. Boonop kan jy ’n pretbederw­er genoem word as jy die lewe te ernstig opneem.

GELUKKIGE NOMMERS 41, 18, 23, 1, 51, 21

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

As ’n Waterdraer is jy waarskynli­k besorg daaroor om die welstand van die aarde en sy bewoners te bevorder. Aangesien dit ’n week is om deel van ’n groep te wees pleks van sake alleen pak, wil jy dalk by ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie of ekologiese groep aansluit. Om jou kennis, vaardighei­d en vernuwende idees te deel kan baie doen om ’n verskil te maak.

GELUKKIGE NOMMERS 33, 5, 31, 52, 10, 36

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Die kosmiese beplanner, Mercurius, betree jou beroepshor­oskoop. Dit is dus ’n goeie tyd om dié aspek van jou lewe te bevorder. Jy wil dalk ’n sakeplan saamstel, jou CV voorberei of jou daaraan toewy om verder in jou vakgebied te studeer. Jou loopbaan word beklemtoon; los jou dagdroomge­woontes en doen jou bes om die yster te smee terwyl dit warm is.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 41, 28, 50, 15, 4

RAM 21 MRT – 19 APR

Die spraaksame Mercurius betree ’n medevuurte­ken. Jy sal dus nie op jou mond geval wees nie, of jy nou ’n standpunt wil debatteer, reguit moet praat of iemand graag die hof wil maak. Maar met dié dat die woorde van jou tong af rol, kan jy ongelukkig ook onbedagsam­e antwoorde kwytraak. Plaas ’n wag voor jou mond voor jy vriende verloor en vyande maak.

GELUKKIGE NOMMERS 31, 21, 6, 9, 44, 22

BUL

20 APR – 20 MEI

As jy ’n tipiese Bul is, het jy waarskynli­k ’n gemaksugti­ge streep. Maar dis ’n week waarin jy dalk ietwat meer beskeie sal wees. Terwyl jy van genot, gemak en weelde afsien, doen jy dalk ook jou beursie én boepie ’n guns. Al is dit dalk nou vir jou moeilik om aan ligsinnige sosiale aktiwiteit­e deel te neem, kan beroepsban­de met groot sukses gesmee word.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 10, 22, 32, 13, 45

TWEELING 21 MEI – 20 JUN

Jou planeet, Mercurius, betree dié week jou liefdeshor­oskoop met al die truuks om hierdie gebied van jou lewe te verbeter. Of jy iemand tot in jou arms wil vlei, jou eggenoot moet paai of uit die pekel moet kom, jy kan dit gelukkig tref. Dis ook ’n goeie tyd om met jou maat gesprekke te voer oor jul toekomspla­nne, nuus of die jongste skindersto­ries.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 6, 46, 24, 16, 37

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Wat jou liefdes- of werklewe betref, kan dit ’n week wees waarin verhouding­s na harde werk voel. Of jy en jou maat nie tot ’n verstandho­uding kan kom nie, jy nie met jou baas oor die weg kom nie of met die houding van ’n kollega sukkel, harmonie sal moeilik bereik word. Dié fase sal gelukkig gou verbygaan; doen dus jou bes om nie jou humeur te verloor nie.

GELUKKIGE NOMMERS 51, 24, 42, 3, 26, 30

LEEU 22 JUL – 22 AUG

As ’n Leeu is jy waarskynli­k ’n geesdrifti­ge siel, maar vandeeswee­k voel jy terneerged­ruk. Jy is dalk te lusteloos om pret te hê of jy voel ontmoedig om jou doelwitte na te streef. Moenie moed verloor nie, want dié ongewone situasie behoort vinnig iets van die verlede te wees. Dis ’n week waarin jy moet luister na en voldoen aan die eise van liggaam, verstand en siel.

GELUKKIGE NOMMERS 50, 18, 27, 35, 7, 11

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Die kollig val tans op die tuistoneel; dis dus tyd om die huis ’n prioriteit te maak met instandhou­dingswerk, ’n tuin wat versorg moet word of kaste en laaie wat moet skoon kom. Vele hande sorg vir ligte werk; span dus die hele gesin in om aan die take deel te neem. As hul voete sleep, gebruik die belofte van ’n naweekuits­tappie as ’n aansporing.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 45, 47, 19, 8, 43

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT

Soveel gebeur in jou buurt dat jy nie verder hoef te soek om aan jou behoefte vir sosiale interaksie te voldoen nie, of jy nou aan kreatiewe werksessie­s wil deelneem, kunsuitsta­llings bywoon, by markte rondsnuffe­l, sportgelee­nthede bywoon of op plaaslike groepuitst­appies gaan. Dis ’n week waarin jy in die vreugdes van die gemeenskap­slewe kan deel.

GELUKKIGE NOMMERS 26, 4, 49, 14, 38, 29

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Dis ’n week waarin die jonges jou van jou geld kan beroof, of die kinders hul klere ontgroei het, nuwe speelgoed begeer of sporttoeru­sting benodig. Gelukkig betree Mercurius, die heerser van handel, dié week jou finansiële horoskoop om ’n helpende hand te verleen. Spits jou ore en hou jou oë oop, anders loop jy dalk ’n geleenthei­d mis om ’n rand of twee te maak.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 11, 34, 40, 25, 2

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa