Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

TWEEDE VIOOL

“Rugby is vir jou belangrike­r as ons huwelik,” verwyt ’n vrou haar man. “Dit is nie waar nie,” stry hy. “Dis dan al ons vierde seisoen saam!” JOHANNA, BRAKPAN

PESSIMIS

’n Stadsjapie knoop ’n geselsie met ’n Karooboer aan: “En hoe gaan dit op die plaas?” “Medium.”

“Hoe bedoel jy nou?”

“Slegter as laas jaar, maar beslis beter as volgende jaar.” ROELFIE

NUWE INSIG

V: Wat is ’n tiener?

A: Iemand wat maak dat sy ouers eindelik snap waarom party diere hul kleintjies opvreet. LEON KRUGER

ANDERSTALI­G

Platteland­se dokter: “Ek verwys jou na ’n internis in die stad, tant Lenie. Laat hy ’n bietjie kyk na jou simptome; hy’s baie slimmer as ek.”

Lenie: “Nee, dok, ek sien nie kans nie, want hoe moet ek nou in Engels vir hom sê van die hol kol op die krop van my maag?” WOLLIE, PRETORIA

GOEIE REDE

Onderwyser: “Hoekom het mense verskillen­de bloedgroep­e?”

Gerrie: “Sodat muskiete verskillen­de geure kan proe.” EJR, MONTE VISTA

LANG ASEM

’n Pastoor wat vir sy lang preke bekend is, merk op ’n lidmaat staan op en stap uit die kerk terwyl hy nog sy boodskap lewer. Voor die einde van die diens kom die lidmaat darem weer terug.

Buite die kerk keer die pastoor die man voor en vra waarheen hy gegaan het.

“Ek het my hare laat sny,” antwoord hy. “Maar,” sê die pastoor, “waarom het jy dit nie voor die diens gedoen nie?”

“Want toe het ek nog nie ’n haarsny nodig gehad nie!” JOHANNA, BRAKPAN

KOUE VIS

Iemand het my emosieloos genoem. Ek weet nie hoe ek daaroor moet voel nie. JOHANNA, BRAKPAN

RAAISEL

Jy is op ’n perd wat op ’n stywe pas galop. Regs van jou is ’n skerp afgrond en links is ’n olifant wat teen dieselfde spoed as jy beweeg. Reg voor jou is ’n kangaroe wat ook flink galop en jou perd kan hom nie inhaal nie. Agter jou is ’n leeu wat teen dieselfde spoed as jy hardloop.

Wat moet jy doen om veilig uit hierdie hoogs gevaarlike situasie te ontsnap?

Klim net met daardie dronk lyf van jou van die mallemeule af! HESTER, NAMIBIË

KLEIN GENIE

’n Vrou ontmoet ’n sielkundig­e by ’n partytjie en probeer gou ’n bietjie gratis profession­ele raad by hom kry.

“Watter soort speelding sou jy aanbeveel vir ’n seuntjie vir sy derde verjaardag?” vra sy.

“Ek sal ’n bietjie meer omtrent die kind moet weet om te kan sê,” antwoord die sielkundig­e.

“Hy is baie slim, vinnig van begrip en besonder gevorderd vir sy ouderdom,” begin die vrou vertel. “Hy het goeie koördinasi­e, ’n uitgebreid­e woordeskat . . .”

“O, ek sien,” sê die sielkundig­e. “Dit is jóú kind!” LOUISE NOETH

SKULDIG OF NIE?

’n Kennisgewi­ng by ’n prokureur se kantoor: ”Net omdat jy dit gedoen het, beteken dit nie jy’s skuldig nie.” AREND KIRKMAN, ALBERTON

SOETE DROOM

Elke vrou se droom is dat ’n man haar in sy arms sal neem, haar op die bed sal neerlê . . . en die hele huis sal skoonmaak terwyl sy rustig slaap! WOLLIE, PRETORIA

GEHEIME WAGWOORD

’n Ou gaan sit by die kroegtoonb­ank en vra: “Wat is jul Wi-Fi-wagwoord, asseblief?”

“Jy moet eers ’n drankie koop,” sê die kroegman.

“Gee my ’n brandewyn-en-Coke.” “Seker,” sê die kroegman en sit die glas voor die klant neer.

“Dankie, gee my nou die wagwoord.”

“Jy moet eers ’n drankie koop,” sê die kroegman: “Alles een woord en kleinlette­rs . . .” EJR, MONTE VISTA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa