Huisgenoot

Ford v Ferrari

-

Ware sportlewen­sdrama. Met Matt Damon, Christian Bale en Caitriona Balfe. Regie: James Mangold. 13T.

Saamgestel deur SANDRA VISSER

Waaroor gaan dit?

Dié fliek, ook bekend as Le Mans ’66, speel af in 1965 en gaan oor die span ingenieurs wat die Ford GT40 bou; ’n nuwe renmotor met die uitsluitli­ke doel om die Italiaanse motormaats­kappy Ferrari te klop by Le Mans, ’n prestigery­ke uithouren wat oor 24 uur op dié dorpie in Frankryk beslis word.

Ferrari kraai sedert 1960 elke jaar koning in dié ren, maar Henry Ford II (gespeel deur Tracy Letts) wil hul span ore aansit nadat sy pogings om hulle oor te koop misluk het.

Die oudrenjaer Carroll Shelby (Matt Damon), wat die Le Mans in 1959 met ’n Aston Martin-renmotor gewen het, word aan die stuur van die projek geplaas. Hy werf die Britse renjaer Ken Miles (Christian Bale), en al is Miles geweldig talentvol, het hy ’n kwaai humeur. Kan hulle hierdie reusetaak binne een jaar voltooi?

Is dit die kyk werd?

Jy hoef nie ’n liefhebber van motorrenne te wees om die fliek te geniet nie, aldus Matt Maytum van die Britse fliektydsk­rif Total Film. Hy gee die rolprent drie uit vyf sterre.

Hoewel Ford v Ferrari op die ingewikkel­de vriendskap­s- en werkverhou­ding tussen Shelby en Miles fokus, is dit die

rentonele wat werklik uitstaan. Maytum beskryf dit as “visuele genot” en “’n stuk blink gepoetste Amerikana wat kundig vervaardig is met genoeg opwindende tonele om die draai by die silwerdoek die moeite werd te maak”.

Maar hy meen die titel is misleidend omdat daar nie veel oor die Italianers gewys word nie en die fliek nie ’n gevoel van wedywering het nie.

Todd McCarthy, ’n resensent van die tydskrif The Hollywood Reporter, het groot lof vir die produksie. “In renflieks kan die karakters selde met die motors meeding, maar met Ford v Ferrari is dit nie die geval nie. Dis ’n opwindende, ware verhaal waarin die manne agter die stuur net so dinamies is soos die masjiene wat hulle bestuur,” skryf hy.

Die resensiewe­btuiste Rotten Tomatoes het dit ’n goedkeurin­gsyfer van 92% toegeken. Volgens dié fliekvlooi-webtuiste “voldoen die aksietonel­e aan wat gehore daarvan sou verwag – en word hierdie tonele met genoeg menslike drama afgewissel om diegene tevrede te stel wat nie geesdrifti­ges van die sport is nie”. ■

 ??  ?? HOOFFOTO: Christian Bale speel die Britse renjaer Ken Miles in die nuwe fliek Ford v Ferrari, wat op ware gebeure gegrond is. LINKS: Saam met sy medester Matt Damon (links), wat die rol van Carroll Shelby, ’n oudrenjaer en wenner van die Le Mans-ren, vertolk.
HOOFFOTO: Christian Bale speel die Britse renjaer Ken Miles in die nuwe fliek Ford v Ferrari, wat op ware gebeure gegrond is. LINKS: Saam met sy medester Matt Damon (links), wat die rol van Carroll Shelby, ’n oudrenjaer en wenner van die Le Mans-ren, vertolk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa