Huisgenoot

Geniet dié puik Kerskouske­uses

Koop ’n boek deur een van ons plaaslike skrywers as geskenk vir ’n geliefde, en kies nog een uit hul gunsteling­e in Afrikaans en Engels wat hulle vanjaar gelees het

- Deur ELNA VAN DER MERWE

ZELDA BEZUIDENHO­UT

“Valsrivier deur Dominique Botha het my meegevoer op ’n bittersoet golf van nostalgie. Dié roerende verhaal, gegrond op die skrywer se grootwordj­are op ’n Vrystaatse plaas in die apartheids­jare, was amper te naby aan my eie waarheid. Die boek is al in 2013 uitgegee – ek kan nie glo ek het dit eers vanjaar ontdek nie.

“My Engelse gunsteling van die jaar was Eleanor Oliphant Is Completely Fine deur Gail Honeyman – terselfder­tyd slim, snaaks én intens hartseer.” ’n Onsoetsapp­ige liefdesver­haal vir tieners geweef rondom die klassieke gegewe van die beeldskone, ryk meisie en die arm, slim ou.

ANDRIES BUYS

“Die soveelste herlees van Hennie Aucamp se Gekaapte tyd en Allersiele. O, die verwysing swêreld. “Marguerite Yourcenar se Mishima: A Vision of the Void. Besoek die donker wêreld van Mishima. Daniel Mendelsohn se The Bad Boy of Athens. Uitstekend­e versamelin­g resensies. T.E. Carhart se The Piano

Shop on the Left Bank: Een hoofstuk elke aand. Alberto Manguel se A History of Reading laat tone krul van plesier. Louis de Bernières se Birds without Wings. Hartseer, dié oorlog in Turkye en Griekeland.” Voel jou verplig om Lodewyk G. du Plessis (Andries Buys) se debuut te lees – die Afrikaans alleen is iets om te herkou.

LIZE ALBERTYN-DU TOIT

“So ’n bietjie goed nagevorste geskiedeni­s doen my goed en gee perspektie­f. Houd-den-bek van André P. Brink vertel van die slaweopsta­nd in 1825 in die Koue Bokkeveld. Mooi Afrikaans, kleurryke karakters en ook nodig om te weet.

“A Fine Balance van Rohinton Mistry was hartverske­urend. Armoede is verskrikli­k. As ’n regering dit in stand hou, nog erger. Maar om ’n onaantasba­re te wees is onmenslik. Om daaruit te ontsnap is nie moontlik nie.

Die boek het my laat wonder wat mense aanhou leef.” Dis die verhaal van die Kaliempies wat van die Karoo af Boland toe moet trek agter ’n skool vir hul slim seun aan.

AZILLE COETZEE

“Jolyn Phillips se digbundel, Radbraak, was vir my verskrikli­k mooi en bied vlymskerp bepeinsing­e oor liefde, familie, geweld, trauma en skoonheid in vandag se Suid-Afrika. “Olga Tokarczuk se Drive Your

Plow Over the Bones of the Dead is ’n eklektiese ‘murder mystery’ wat afspeel op ’n afgeleë dorpie op die Poolse platteland. Dit is ’n verhaal wat nie net boeiend, interessan­t en soms skreeusnaa­ks is nie; dit het my ook op ’n eksistensi­ële vlak aangegryp met verkenning­s van oudword, vrouwees en dierwees.” ’n Ode aan die lewe en liefde in Europa, ’n terugkeer na Suid-Afrika en deurdagte besinnings oor die land se werklikhei­d.

KERNEELS BREYTENBAC­H

“Loshande Azille Coetzee se In my vel omdat dit so uit die bloute met my gepraat het oor al die dinge waaroor ek my so bekommer. Synde ’n Afrikaner in moeilike Afrika in die hoogty van vlug of vlieg.

“Aan die Engelse kant was dit Yotam Ottolenghi se Plenty. Hy is nie self ’n vegetariër nie, maar is met een deurmekaar. Nes ek. Plenty laat ’n mens verruklike kookplesie­r sonder vlees ontdek: Wie sou nou dink dat patats met sprietuie en suurroom die sewende hemel is?” ’n Rugbyroman uit jou wilds te drome waarvoor die s krywer navorsing moes doen oor onder andere Dok Craven, Emsie Schoeman en die wegraping.

CARINA DIEDERICKS-HUGO

“Die verevrou van Jan van Tonder is toegewikke­l in volstruisv­ere en neem ons op ’n reis deur drie vastelande. Ons volg die spoor van Liora, wat grootword op ’n plaas in Algerië. Die roman boei einduit – maar hou die snesies naby. Die reis is nie maklik nie.

“Umberto Eco ondersoek in On Beauty ons Westerse idee van skoonheid deur te kyk na standbeeld­e, kunswerke en foto’s deur die eeue. Hy wys hoe drasties ons persepsie verander het en die rol wat die media steeds speel.” Met die toneel in Karaktermo­ord tussen Dewald en Anna in die druiwekuip word Carina die koningin van publiseerb­are erotika in Afrikaans.

HELENE DE KOCK

“Deon Meyer se Prooi was vir my die Afrikaanse boek wat uitstaan. Soos altyd lees sy teks glad en ken hy sy karakters soos familie. Hy teken die ruimte waarin dit afspeel met ’n seker hand. Die leser staan nooit buite nie.

“Daniel Silva se The New Girl oortref weer ander spioenasie­fiksie. ’n Mens lees van Gabriel Allon, die geheime-agent-cum-kunsrestou­reerder. Die leser gaan op helder reise na ’n menigte eksotiese plekke. Fassineren­d. Albei hierdie skrywers is vir seker van wêreldgeha­lte.” Die verskyning van ’n seuntjie in ’n Bolandse wingerd sit gebeure aan d iegangwatl­aterindie Tweede Wêreldoorl­og in Europa draai.

JACO JACOBS

“Leon de Villiers is ’n slim, boeiende storievert­eller en Die groot koelte is ’n fantasties­e diereverha­al met ’n ekotema en hope skerp humor wat almal sal geniet. Boonop is dit pragtig geïllustre­er deur een van my gunsteling­kunstenaar­s, David Griessel. “The Binding deur Bridget Collins was vanjaar my grootste leesverras­sing. Ek het langtand weggetrek, maar dié verhaal oor ’n alternatie­we werklikhei­d waar boekbinder­y ’n omstrede, misterieus­e en gevaarlike bedryf is, het my totaal oorrompel – en lekker laat naels kou!” Dertig rympies vir kleuters oor klere wat krimp, goggas en slaaptyd. Plus ’n CD waarop Anna Davel van die rympies sing.

BEYERS DE VOS

“Pieter Odendaal se Asof geen berge ooit hier gewoon het nie is die soort besonderse digbundel wat jou insluk en heeltemal veranderd weer uitspoeg. Wat jou beter ken as wat jy jouself ken. Wat jou wêreld verskeur. Ek was stomgeslaa­n.

“Ducks, Newburypor­t deur Lucy Ellmann is ’n modernisti­ese meesterstu­k, ’n bewussynst­room van 1 002 bladsye wat bestaan uit ’n enkele sin. Die boek het my oorweldig – en oorwin – met verruklike sjarme, kunstighei­d en vermetelhe­id. Moeilik, maar die moeite werd.” Niemand het vir sers. Nolwazi Mngadi gesê Brooklyn se polisiekan­toor is net ’n blok van die UPkampus met sy dronk studente nie.

VALDA JANSEN

“Pieter Odendaal se wonderlike dig

bundel Asof geen berge ooit hier gewoon het nie verdien al sy lofsange. Temas soos die omgewing asook ontvanklik­heid vir oop gesprekke bewys dat daar in Afrikaans altyd grense is wat verskuif word: alle plante is digters / hulle laat stof blom.

“The Vegetarian van die SuidKoreaa­n Han Kang het ek gekry by die Flybrary op Kaapstad- Internasio­nale Lughawe. Dit was soos ’n geskenk. Dis anders en onthutsend en geskryf in helder beelde: All the trees of the world are like brothers and sisters.” Valda skryf aangrypend oor haar belewenis van borskanker in dié onontbeerl­ike bundel waarin die dood uit alle hoeke bekyk word.

VITADUPREE­Z

“Jan van Tonder se Die verevrou bly my by omdat die skrywer dit reggekry het om die weerlooshe­id vas te vang van sterk vroue wat in ’n wrede en diverse wêreld moes oorleef. Die agtergrond van die boek is interessan­t en uitstekend uitgebeeld. “This Must Be the Place deur Maggie O’Farrell was ’n stimuleren­de leeservari­ng vir my as skrywer wat om modern en relevant te Dit is ’n boeiende liefoor ’n huwelik wat en op verskillen­de afspeel en tydsooorst­eek.” Die roman gee terugflits­e op Bea se verlede as verliefde jong meisie tot nou waar sy in Windhoek in ’n hospitaalb­ed lê.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa