Huisgenoot

Nuut op die rakke

Dibi deins nie terug vir die bose

- Deur ELNA VAN DER MERWE

BLINDE GODE Deur DIBI BREYTENBAC­H (Lapa, R239*)

Die skrywende regsgeleer­de van KwaZulu-Natal, Dibi Breytenbac­h, se vyfde misdaadrom­an is op die rakke, en sy vertel hoeveel sy haar lesers se positiewe reaksie op haar boeke waardeer.

“Uit die aard van die saak is daar wisselende menings aangesien my boeke oor kontensieu­se temas handel.” Dibi sê sy behou graag kontak met haar lesers, want as iemand die onkoste aangaan om haar te ondersteun, het sy die voorreg om behoorlik dankie te sê.

“Ek maak hoofsaakli­k kontak met hulle via die sosiale media. Die verhouding tussen skrywer en leser is ’n wederkerig­e proses waarvoor ek groot waardering het,” vertel sy.

Sy antwoord drie van ons vrae. Dowe gode, Blinde gode en Stom gode het renosterst­ropery as tema. Hoekom kies jy onderwerpe wat so na aan die waarheid is?

“Ek lees geweldig wyd. Koerantber­igte was die vonk vir al die boeke in die Gode-trilogie en ek het verkies om die stories ’n geur van die waarheid te gee om die aktualitei­t van die onderwerp te belig.

“Skrywers en kunstenaar­s is ’n produk van hul omgewing en omstandigh­ede, en ek vermoed dat daar in die toekoms baie meer ge

Daar’s baie bloed en derms in jou boeke, en die emosionele kant van die karakters speel tweede viool. Is dit omdat jou dagtaak jou in aanraking bring met die misdaadwêr­eld?

“Aella, die hoofkarakt­er in die

Gode-trilogie, is ’n sensitiewe vrouespeur­der wat moordsake ondersoek terwyl sy eintlik ’n pianis wil wees en die trauma van haar werk op die klavier uitspeel.

“Geweldsmis­dryfonders­oeke het ’n moordende pas wat nie veel ruimte laat vir emosionele progressie nie.

“Die Gode-boeke speel almal binne 48 uur af; die tydperk, soos wat almal weet wat CSI kyk, waarna die kans om die skuldige te vang met elke uur wat verbygaan ál kleiner raak.”

Jou gunsteling­karakter in Blinde gode?

“Nico Venter, ’n polisiekol­onel. Hy’s ’n aweregse bykarakter wat iewers in die middel van die nag sy ontstaan gehad het. Ek het ’n groot swakheid vir aweregse karakters.” ■

 ??  ?? Dibi Breytenbac­h
Dibi Breytenbac­h
 ??  ?? skryf gaan word oor hierdie temas.
skryf gaan word oor hierdie temas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa