Huisgenoot

DIE PLOFBARE GETUIENIS ANDER HET GEWEET – EN VERSTAAN . . .

-

Die Amerikaans­e ambassadeu­r in die Europese Unie, Gordon Sondland, het getuig daar is by hom geen twyfel Trump het militêre hulp aan Oekraïne – wat die Kongres maande gelede goedgekeur het – as afpersmidd­el weerhou nie.

Gordon, ’n hotelmagna­at wat ’n ambassadeu­r geword het nadat hy $1 miljoen aan Trump se inhuldigin­gskomitee geskenk het, het boonop beweer topamptena­re het geweet waarmee Trump besig is. Dit sluit die adjunkpres­ident, Mike Pence, en die Amerikaans­e minister van buitelands­e sake, Mike Pompeo, in.

Die waarnemend­e ambassadeu­r in Oekraïne, William Taylor, het dié bewerings beaam: “Ek het dit duidelik verstaan: Geld vir militêre hulp sou nie kom voor die president van Oekraïne hom eers tot die ondersoek na Biden verbind het nie.”

Hy het dit ’n “nagmerrie-scenario” genoem en verwys na ’n “slangnes” van mense in Trump se binnekring.

DIE GESPREK MET DIE AMBASSADEU­R

David Holmes, ’n politieke raadgewer by die Amerikaans­e ambassade in die Oekraïense hoofstad, Kiëf, het in die openbare verhoor bevestig wat hy reeds agter geslote deure aan die paneel gesê het: Hy het ’n dag ná Trump se gesprek met Zelenski ’n telefoonge­sprek tussen die president en ambassadeu­r Gordon Sondland gehoor.

“Die president se stem was hard en herkenbaar, en ambassadeu­r Sondland het die foon

’n ruk weg van sy oor af gehou, vermoedeli­k oor die president so hard gepraat het,” het hy getuig. “Ek het toe gehoor hoe vra pres. Trump: ‘So, gaan hy die ondersoek doen?’ Ambassadeu­r Sondland het geantwoord ‘hy gaan dit doen’ en bygevoeg pres. Zelenski sal ‘enigiets doen wat jy hom vra’. ”

David het onthul

Gordon het vir hom gesê Trump stel nie daarin belang om Oekraïne te help nie; al waarvoor hy omgee, is “groot dinge wat die president bevoordeel, soos die Biden-ondersoek”.

DIE GEHEIME BEDIENER EN GESENSORDE TRANSKRIPS­IE

Die veiligheid­sbeampte Alexander Vindman het getuig die transkrips­ie van Trump se oproep aan Zelenski is op ’n geheime rekenaarbe­diener “weggesluit” pleks daarvan om dit te bewaar waar personeel van die Withuis maklik toegang het daartoe. Dis glo ’n teken dat die betrokkene­s nie wou hê dit moes uitlek nie.

Nadat ’n anonieme CIA-beampte in Augustus die fluitjie geblaas het oor die oproep, het die Withuis sy bewerings probeer afmaak deur ’n transkrips­ie van die oproep uit te reik. Maar hoewel Trump volhou die dokument bied ’n “presiese woord-virwoord-transkrips­ie”, het Alexander getuig groot dele van die gesprek “was nie behoorlik (in dié transkrips­ie) vasgelê nie”.

DOODSDREIG­EMENTE EN BELEDIGING­S

Fiona Hill, ’n voormalige regeringsr­aadgewer oor Rusland en Europa, het getuig sy het doodsdreig­emente ontvang om haar te ontmoedig om voor die ondersoekp­aneel te getuig.

DIE SLAGOFFER VAN ’N SMEERVELDT­OG

Trump het in sy gesprek met Zelenski gesê Marie Yovanovitc­h, Amerika se voormalige ambassadeu­r in Oekraïne, is “slegte nuus” en gesê sy “gaan ’n paar dinge deurmaak”.

Marie, wat in Mei as ambassadeu­r herroep is, het aan die ondersoekp­aneel gesê sy was die slagoffer van ’n smeerveldt­og deur Trump en sy bondgenote. Hulle het diplomate in onguns probeer bring wat kennis dra van beweerde pogings om Oekraïne te dwing om Joe Biden te ondersoek.

Sy het ontsteld gelyk toe sy getuig Trump se dreigement­e en beledings was “baie intimidere­nd”. Hy het op Twitter daarmee volgehou terwyl sy getuig het.

 ??  ?? Fiona Hill
Marie Yovanovitc­h
Fiona Hill Marie Yovanovitc­h
 ??  ?? Gordon Sondland
Gordon Sondland

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa