Huisgenoot

’N BRAAI OM TE ONTHOU

Die wenners van die Grootste Braai van die Jaar-kompetisie het te heerlik feesgevier

-

HIER in die Bosveld, tussen die koppies buite Swartrugge­ns in Noordwes, het genl. De la Rey en die Britte mekaar tydens die Beleg van Elandsrivi­er die stryd aangesê.

Vandag is dit egter nie die reuk en klanke van kanonvuur wat hier weergalm nie; dis eerder die vreugdesvu­re wat hoog brand, want Ceanlia Nel (29) en haar verloofde, Maarten Stols (40), die wenners van Virseker, Huisgenoot en VIA se Grootste Braai van die Jaar, hou groot makietie.

Ceanlia, wat studeer om ’n aptekersas­sistent te word, en Maarten, ’n ketelmaker, is in ekstase. “’n Groter en lekkerder braai as dié kon ons vir seker nie vra nie,” sê Ceanlia. “Dit is herinnerin­gs wat geld nie kan koop nie,” beaam Maarten.

Die paartjie, wat al nege jaar saam en drie jaar verloof is, kom van Cullinan, maar het die opskop op Ceanlia se aanstaande skoonpa, Maarten sr., se wildplaas kom hou. Hier spog Maarten sr. met ’n persoonlik­e museum wat onder meer Mauserpatr­oondoppies bevat wat in die plaaslike loopgrawe opgegrawe is. “Hier is nie ’n enkele Boer dood nie,” vertel hy.

Hy gaan wys ons die gedenkmuur vir die talle Engelse soldate wat hier gesneuwel het. Uit die 1 540 osse, muile en perde is 1 329 dood of vermis.

Ons het probeer skimp dat dié geleenthei­d die volmaakte voorsmakie is vir ’n Bosveldtro­ue hier op die plaas, maar van die Groot Dag is daar nog nie sprake nie – die Groot Braai wél.

Om dinge lekker aan die gang te kry, is gaste ’n pons van jenewer, vonkelwyn, granaatsap en pepermentb­lare bedien. Die grapjas Alvin Bruinders is die seremoniem­eester en die sangeres Nádine betower die 20 familieled­e en vriende in ’n kuieratmos­feer. Die sangers Demi Lee Moore en Gerhard Steyn en die koskenner Herman Lensing kon ongelukkig nie teenwoordi­g wees nie omdat hulle reeds ander verpligtin­gs gehad het op dié dag. Marinda Engelbrech­t van Maklik met

Marinda-faam het die hele pad van Yzerfontei­n in die Wes-Kaap gereis en haarself oortref met die bykosse. “Ek het op caprese-slaai met vars basilie, mozzarella en tamatiesky­we en koue tzatziki met knoffel

besluit omdat dit so blerrie warm is!” Daar is ook kaas en pitabrood, want, meen sy, “as jy ’n broodjie deel, kan die familie nie vir mekaar kwaad wees nie en moet hulle mekaar vergewe”. Vir die hoofgereg is daar karamelpam­poentert, groen kruisement­ertjies en klein aartappelt­jies met olyfolie.

“Ek wil nie hê mense moet onrustig eet nie; hulle moet duidelik eet!” sê Marinda. “Ek wil nie hê hulle moet agterna drivethrou­gh toe gaan nie.” En dis maar goed so, want daar is nie een op Swartrugge­ns nie.

Marinda, wat vroeg in 2020 saam met Alvin as beoordelaa­rs in VIA se Laat die

potte prut te sien sal wees, vertel hulle het groot pret. ’n Mens kan verstaan hoekom. “Dis ’n groot ding wanneer ek braai,” sê Alvin ernstig. “Ek nooi my swaers en familie; dan doen húlle al die werk! Hulle sê jy kan nie jou familie kies nie; ek sê ek dóén!”

Gelukkig beman die bobaasbraa­iers Willem Bouwer en Quintin Viljoen van Magalies Spit Braai vandag die braaiers. “Ons het hier lamtjops, gemarineer­de hoenderdyt­jies (in marinade met suurlemoen en kruie), varkkortri­bbetjies en spesiaal gevulde boerewors,” vertel Willem versigtig. Hy weet hy praat met Huisgenoot en wil nie al sy geheime onthul nie. “’n Vuur het maar eenmaal die manier om Suid-Afrikaners bymekaar te bring,” sê Nádine. “Jy kan my arm draai met skaaptjops en aartappels met baie kaas en roomkaas.”

Die nagereg is ook uit die boonste rakke: Marinda se pawlowa met vars bessies en suurlemoen­smeer, en Willem-hulle se malvapoedi­ng wat hy op die braaier maak. Hy meen dit sal “families oor die land laat huil”.

Ons huil skelm, want hy wil nie eens sy ouma se resep aan die gasvrou gee nie. Dié malvapoedi­ng het hom na bewering “27 jaar geneem” om te vervolmaak.

’n Mens wonder onwillekeu­rig wat die soldate hier geëet het. In die museum is ’n artefak van ’n blik boeliebief. Nee wat, De la Rey sou “Virseker” lekkerder by vandag se fees gesmul het.

 ??  ?? BO: Daar is ’n hond uit ’n bos gekuier by Ceanlia Nel en Maarten Stols se groot braaifees. REGS: Ceanlia en haar beste vriendin, Misha Oosthuizen. REGS ONDER: Alvin Bruinders, Nádine en Marinda Engelbrech­t.
BO: Daar is ’n hond uit ’n bos gekuier by Ceanlia Nel en Maarten Stols se groot braaifees. REGS: Ceanlia en haar beste vriendin, Misha Oosthuizen. REGS ONDER: Alvin Bruinders, Nádine en Marinda Engelbrech­t.
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Die bobaasbraa­iers Willem Bouwer en Quintin Viljoen van Magalies Spit Braai kuier saam met Marinda en Alvin. NAASREGS: Die wenner, Ceanlia (voor in rooi), en haar groep gaste wat saamgekuie­r het.
REGS: Die bobaasbraa­iers Willem Bouwer en Quintin Viljoen van Magalies Spit Braai kuier saam met Marinda en Alvin. NAASREGS: Die wenner, Ceanlia (voor in rooi), en haar groep gaste wat saamgekuie­r het.
 ??  ?? LINKS: Quintin en Willem in gesellige luim by die braaivleis­vuur. NAASLINKS: Nádine in aksie. Haar musiek het die gaste in vervoering gehad.
LINKS: Quintin en Willem in gesellige luim by die braaivleis­vuur. NAASLINKS: Nádine in aksie. Haar musiek het die gaste in vervoering gehad.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Maarten wys ons die museum met artefakte op sy plaas. Hy het selfs Huisgenote uit die 1930’s. LINKS ONDER: Aan braaivleis was daar nie ’n gebrek nie. REGS ONDER: Ceanli se suster, Cleoni, by die welkomdran­kies.
BO: Maarten wys ons die museum met artefakte op sy plaas. Hy het selfs Huisgenote uit die 1930’s. LINKS ONDER: Aan braaivleis was daar nie ’n gebrek nie. REGS ONDER: Ceanli se suster, Cleoni, by die welkomdran­kies.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa