Kortverhaal: “Die skilderyskender”
VERMAAK
FIKSIE
skender” wat Johannesburg se stadsgalery net voor die opening van ’n bekende Suid-Afrikaanse skilder se uitstalling geteiken het.
Sebastiaan Dirks is ’n sensasie oor sy broeiende skilderye oor Suid-Afrika se onstuimige verlede. Hy het pas ’n deurbraak gemaak met ’n uitnodiging uit Amerika vir ’n uitstalling in New York.
“Sofia het voorgestel ek kontak jou omdat jy ook skilder. Souf was saam met my na die eerste ‘recce’. Een kyk gegee en gesê – bel vir Erik. Vir my lyk die goed nou beter as op die foto’s.”
Erik kyk na die vrou wat nou weer skuins voor hom weggedraai staan voor haar esel. Sy is mooi. Haar skraal gesig met die los donker hare en versluierde blou oë herinner hom aan die skilder Modigliani se vroeë portrette van vroue voor hy sy kenmerkende abstrakte styl met die uitgerekte swaannekke ontwikkel het.
HOEVEEL keer moet ek jou nog sê: Dirks is ’n sosiopaat. Hy is sjarmant, maar sy glimlag bereik nooit sy oë nie. En hy isoleer jou. Jy word ál maerder en jou sprankel is weg. Ja, die man is aantreklik en sy skilderwerk het die internasionale mark betree, maar hy versmoor jou. Teen dié tyd moes jy al jou tweede solo-uitstalling beleef het. Wanneer werk jy weer . . . ?”
Telkens dieselfde lesing deur haar jare lange vriendin Lucia. “As kliniese sielkundige sê ek jou nou: Jou wonderlike ‘Bas’ is ’n vyfsternarsis. Hy voldoen aan al die doodsondes van ’n narsis. Hy aanbid homself skaamteloos en hy verkleineer sy opposisie subtiel sodat hy en ander nog ’n groter dunk van homself en sy talente kan kry.”
“Bas is ’n goeie kunstenaar. Buitendien is ek verlief op hom, Lucia.”
Dit was ’n maand voor die uitnodiging deur sy agent in Amerika vir ’n uitstalling saam met ander vooraanstaande skilders en beeldhouers in New York.
Hulle het uitgegaan vir ete om sy deurbraak te vier. “Dalk is dit vanaand ook die aangewese tyd vir ons om ons verhouding vir eers te . . . onderbreek,” het Sebastiaan nonchalant gesê en sy glas liggies teen hare geklink.
“Ons beskou die drie jaar saam as ’n emosionele tussenspel wat ons albei se lewens verryk het.”
’n Gloeiende koorsigheid het deur haar liggaam getrek. “Emosionele tussenspel”? Is dit wat sy was? Wat van hul hewige liefdeslewe? Wat van haar betrokkenheid by sy skeppingsproses? Telkens sy opmerking: “Jy is my muse, Mariek.”
Lucia was ontoegeeflik. “Ek hoop hy bly vir ewig in Amerika. Jy is briljant, Mariek. Veel begaafder as jou wonderlike Bas.
“Laat die VSA gerus met die vent opgeskeep sit.”
Mariek se pa, ’n amateurskilder, het vir die eerste keer sy mening hardop gelug. “Jou oordeel het Sebastiaan Dirks telkens van banaliteit gered.”
WAT het in haar ingevaar? Hoe kon sy iets so sotliks aanvang? Sy was nog nooit ’n wraaksugtige mens nie. Maar sy kon haarself nie keer nie. Die sekuriteitspersoneel by die galery het haar glimlaggend ingelaat. Waarom sou hulle nie? Hulle het haar leer ken as Sebastiaan Dirks se vriendelike assistent. Hoe moes hulle weet sy was teen dié tyd sy eksmeisie. staan, ’n lang tyd daarna kyk en dan met ’n besliste veeg eers oor die palet en dan op die skildery voor haar ’n ligte kwashaal aanbring.
“Onthou jy daardie oggend in die Johannesburgse Kunsgalery? Dis een van daardie drie kunstenaars wat uit hoeveel honderd ander gekies is om die meesterklasse van daardie besoekende Duitse skilder by te woon.”
“Ek onthou dit nie net nie, Hendrik. Ek het my hart daardie oggend verloor.”
Hendrik grinnik. “Sofia sal so bly wees. Sy het al begin moed opgee om vir jou ’n vrou te kry – o, hel,” val hy homself in die rede toe die implikasie hom tref. “Dis sy, die skilderyskender . . . ”
“Gaan jy haar arresteer?”
“Ek het nie ’n keuse nie.”
“Mag ek saamgaan?”
BY DIE galery het Mariek vlugtig opgekyk na Erik, haar asem ingetrek, maar toe sonder verset saam met Hendrik in sy motor geklim.
Erik het agter hulle aangery polisiekantoor toe.
Sy sou eers die volgende dag aangekla word – intussen “in die sorg van haar pa” vrygelaat word. Hendrik het ingestem toe Erik aanbied om buite saam met haar te wag dat haar pa haar kom haal. “Dink jy Dirks gaan ’n saak maak?” Mariek het geaarsel. “Moeilik om te sê . . .” Sy het in Erik se oë opgekyk. Sy uitdrukking was warm, gerusstellend. “Ons . . . het ’n verhouding gehad.”
“Gee jy om om my te sê hoekom jy dit gedoen het?”
“Ek wou bewys ek is reg – sy skilderye sal ’n groter impak hê met ligaksente – die geheelindruk van sy werk is . . . modderig.”
En toe. “Natuurlik was dit ook wraak omdat hy my, sonder meer, die deur gewys het ná ’n verhouding van amper drie jaar. Ek was glo net ’n ‘tussenspel’.”
Erik glimlag. “Ek kan nie sê ek is jammer daaroor nie. En ná hierdie ‘hoftussenspel’ sal ek jou graag beter wil leer ken. Mag ek jou Mariek noem?”
“’n Teenvraag. Hoekom het jy my borgtog betaal?”
Hy glimlag wyer.
“Die psige van die misdadiger en die kunstenaar het my nog altyd geinteresseer. Ek dink jy sal met my saamstem – ’n kombinasie van dié eienskappe soos in jou geval is vir my onweerstaanbaar.” ■