Huisgenoot

HELP, MY KIND IS ANGSTIG!

-

baie sosiale kind wat skielik teruggetro­kke raak.”

Kinders se angs manifestee­r ook op verskillen­de maniere na gelang van hul ouderdom, temperamen­t en ervaring, benadruk Magdel.

Die covid-19-pandemie en inperking, asook die terugkeer of die beplande terugkeer skool toe ná etlike maande tuis, kan boonop ’n sneller wees om angs op verskillen­de maniere by kinders na vore te laat kom:

■ Algemene angs is voortduren­de, uitermatig­e kommer oor allerlei dinge in die daaglikse lewe.

■ Skeidingsa­ngs is die vrees om geskei te word van iemand aan wie jy geheg is.

■ ’n Paniekaanv­al is ’n gevoel van intense paniek wanneer dit voel of jy doodgaan of nie kan asem kry nie.

■ Sosiale angs is die vrees om in sosiale situasies deur ander negatief geëvalueer te word.

■ Posttrauma­tiese stres ontwikkel soms in mense wat ’n traumaties­e gebeurteni­s beleef het.

Kinders kan volgens die kenners al dié vorme van angs ervaar.

HOE MOET EK DIT HANTEER? Gesels daaroor om dit te normalisee­r

Wanneer jy iets verwoord, raak die gevoel gewoonlik hanteerbaa­rder, sê die kliniese sielkundig­e Tanya de Water van Meyerton. Dit help ook vir kinders om hul gevoelens te verwoord.

“Gesels oor allerhande gevoelens en normalisee­r dit. Sê byvoorbeel­d vir jou kind almal voel soms bang, moeg, kwaad, jaloers, hartseer, gelukkig – selfs Mamma. Help jou kind om angs in ander raak te sien, soos die gesigsuitd­rukking van ’n karakter in ’n storieboek of fliek.”

Jy kan ook speletjies gebruik om ’n gesprek aan die gang te kry, verduideli­k sy. Neem byvoorbeel­d ’n karretjie en laat dit vir sy maats wegkruip omdat hy bang is hulle lag vir hom – en praat dan daaroor.

Dit sal vir jou kind wys om angstig te voel is verstaanba­ar en natuurlik en dat dit nie iets is om oor sleg te voel nie.

Help jou kind om emosies te verwoord

Veral klein kinders spartel soms om hul emosies te verwoord. Help jou kind om dit te doen deur vir hulle emosies te noem om uit te kies wanneer julle oor

 ??  ?? MARELIZE GRBICH
MARELIZE GRBICH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa