Huisgenoot

AD ASTRA

-

In dié fliek vertolk die Hollywood-ster die rol van die ruimtevaar­der Roy McBride, wat letterlik na die sterre reis op soek na die waarheid oor sy vermiste ruimtevaar­der-pa, Clifford McBride (Tommy Lee Jones).

Drie dekades vroeër het Clifford, sy span en hul ruimteskip spoorloos verdwyn. En nou is die ewe vreeslose Roy op ’n sending na Neptunus – in die hoop om sy pa te vind en die oorlewing van ons planeet te verseker. Maar die ruimte is vol geheime . . .

Die fliek is danksy Brad se spel goed deur resensente ontvang en het 84% op Rotten Tomatoes behaal, terwyl die gehoorpunt ’n powere 40% is. SONDAG 5 JULIE OM 20:05 OP M-NET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa