Huisgenoot

Andries Bezuidenho­ut

Se liedjiesto­ries sal jou meesleur

- Deur JACO HOUGH-COETZEE

VERMAAK

Van rock tot folk

MUSIEK

Sedert sy dae as hoofsanger van die rockgroep Brixton Moord en Roof het Andries Bezuidenho­ut (50) kultusstat­us bereik. Maar hy sit eintlik op twee musiekstoe­le: Aanvanklik het hy as ’n hardebaard­rocker bekend geword en daarna het hy met sy sololoopba­an’n folk-inslag aangeneem waar sy lirieke storievert­ellings word. Sy derde soloalbum, Onplaats, bestaan uit 12 liedjies uit sy eie pen. Die Nederlands­e liedjieskr­ywer Herman van Veen het die musiek vir “Tussen platvoet en stoompomp” geskryf.

Hy skryf uit ’n realisties­e agtergrond, vertel Andries. “Die karakters in my liedjies en die omstandigh­ede waarin hulle is, is stories waarmee almal kan identifise­er, want dit is so bekend.”

Een van die lekkerste hoogtepunt­e op die album is “Last Round Regulars”, wat handel oor daardie laatnagdri­nkers wat ná middernag hul laaste dop by hul plaaslike kuierplek bestel voor hulle die bus huis toe vat.

Die album is sterk folk-akoesties verpak, met heerlike kitaargedr­ewe ritmes in liedjies soos “Aasvoëls bo Langenhove­npark”, wat ’n satiriese kykie bied op die gulsigheid van die prokureurs­beroep.

Dit is ’n album wat nie in dansklubs gehoor gaan word nie, maar wat die fynproewer van musikale digkuns hoendervel-lekker oomblikke sal besorg.

Vanwaar die album se titel?

Dit is sy eerste album wat net digitaal uitgereik is en nie as ’n CD of langspeelp­laat gedruk is nie. “Dit is dus nie ’n plaat nie, maar ’n onplaat,” verduideli­k Andries. “Aan die een kant is dit ’n nostalgies­e gemis om nie die album te kan vashou nie, maar aan die ander kant maak digitale verspreidi­ng dit weer makliker om dit by my ondersteun­ers in Nederland te kry.”

Die woord “plaats” verwys ook na die Nederlands­e woord vir “plaas”. Die meeste liedjies op die album speel teen ’n platteland­se agtergrond af.

Op ’n persoonlik­e noot

Andries en sy vrou, Irma, woon sedert 2017 op die Oos-Kaapse dorp Alice, waar hy ’n professor in ontwikkeli­ngstudie aan die Universite­it van Fort Hare is. Voor dit was hy onder meer ’n professor in sosiologie aan Tukkies. Uit sy pen het ook twee digbundels, ’n aantal kortverhal­e en ’n reeks rubrieke gekom wat in die gedrukte media verskyn het. En as skilder in die realisties­e genre word sy werke gereeld landwyd op uitstallin­gs gesien. ■

 ??  ??
 ??  ?? Die sanger Andries Bezuidenho­ut se derde soloalbum, Onplaats, is onlangs digitaal uitgereik.
Die sanger Andries Bezuidenho­ut se derde soloalbum, Onplaats, is onlangs digitaal uitgereik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa