Huisgenoot

Die skilderysk­ender

Die polisie soek ’n geheimsinn­ige skilderysk­ender. Maar is dit wraak of weldaad as dié se dade die kunswerke verbeter?

- Deur ELMA POTGIETER MICHAEL DE LUCCHI

KORTVERHAA­L

MIllustras­ie:

ARIEK loer skuinsweg deur haar donker wimpers na die twee mans wat pas in die kunsgalery ingestap het. Die lang een met die wilde hare trek haar aandag, want hy gaan staan lank stil by haar weergawe van die Noorweegse skilder Edvard Munch se Skree.

Sy kan nie help om trots te voel op haar handewerk nie – dit lyk soos die ware Jakob. Sy is een van drie skilders wie se proefstukk­e deur die besoekende Duitse ekspressio­nistiese skilder Heinrich Stolz goedgekeur is vir deelname aan sy meesterkla­sse. Elke deelnemer moes ’n kopie van ’n wêreldbeke­nde kunswerk voorlê.

Jy het niks om oor te glimlag nie – jy’s ’n slegte mens. “Hou op en vergeet daarvan!” skreeu sy vir haarself in haar kop. “Jy wil jou hart gesond kry, verdomp.”

Daar draai die ligte man nou om. Sy wend haar oë onmiddelli­k af, maar hy het gesien sy kyk na hom, en hy stap direk na haar toe.

“Jammer om te pla,” sê hy hoflik. “Erik Bergh. Ek werk vir Die Stem as misdaadjoe­rnalis. Kan ons ’n oomblik gesels?”

Geen reaksie nie.

“Dit gaan oor die skending van skilderye hier in Johannesbu­rg. Ek wil graag hoor hoe medekunste­naars daaroor voel.”

Stilte.

“Weet jy daarvan?” vra hy versigtig. Haar blou oë het ’n oomblik verdonker, maar dalk het hy hom net verbeel. “Almal weet daarvan.”

“En?” vra hy terwyl hy oor haar skouer na haar werk kyk. “Hoe voel jy daaroor?”

Sy skraap haar keel. “Vra eerder die ander.”

“Ek sal, maar . . . ” Hy aarsel, en dan: “Ek wil graag hoor wat jy dink.”

Sy maak haar oë toe en weer oop. “Ek kan nie dink hoekom nie. Ek is weer ’n beginner.”

Die woordgebru­ik val hom op, maar hy ignoreer dit. “Dit lyk nie so nie. Jou skilderwer­k is kragtig met baie lig en beweging. En jou komposisie is sekuur met spanningsl­yne wat ’n mens dwing om te kyk.”

Sy voel ongemaklik met die man wat vlak agter haar staan. Hy het ook duidelik meer as ’n terloopse kennis van skilderkun­s. Sy hygskrik liggies toe sy stem harder opklink.

“Hoe sal jy voel as iemand dit . . . skend?”

Dan sê sy sag. “Kunstenaar­s verskil oor die gebruik van die woord ‘skend’.” “Hoe bedoel jy?”

Vir wat hou die man so aan. “Los my uit,” wil sy sê. Sy wil asseblief net ongestoord werk. Stolz het haar en net twee ander se skilderye uit oor die 300 werke gekies. Dit beteken tog seker iets.

“Mense verskil oor die feit of ‘skend’ nie ’n bietjie kras is nie. Party sê dis eerder ’n verbeterin­g.”

Haar laaste woord is so sag dat hy dit skaars hoor.

Hy voel betrap. Sy kan nie weet skilder is sy stokperdji­e nie. Dis presies wat hy vir sy vriend Hendrik van Niekerk gesê het. “Dis skaars ‘skend’. Die subtiele wit ligaksente hier en daar is telkens ’n verbeterin­g. Dirks se werk is te donker en ongedefini­eerd.”

Erik en Hendrik, ’n forensiese speurder, was saam op universite­it. Hulle ken mekaar sedert koshuisdae op Tuks – saam in die kriminolog­ieklasse van Gys Lochner, professor Lochner, om presies te wees. “Ou Loch simpatisee­r altyd met die misdadiger,” het baie studente gespot omdat die motivering agter die misdaad hom so geweldig geïnteress­eer het.

Erik se werk as ondersoeke­nde misdaadjoe­rnalis neem hom oral rond, maar in Johannesbu­rg hervat hy en Hendrik hul vriendskap met ’n gereelde Sondagbraa­i by Hendrik en sy dierbare polisievro­u, Sofia.

“Jy moet kom help, my maat. Dis jou eksklusiew­e storie as ons die saak oplos.”

Erik het gehoor van die “skildery

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa