Huisgenoot

Haar benadering was versigtig. Net hier en daar ’n ligte kwashaal

-

Wou sy wraak neem? Ja, uiteraard. Wat anders? En tog. Haar benadering was versigtig. Net hier en daar ’n ligte kwashaal. Wit om die oë te aksentueer. ’n Veerligte aanraking om ’n ronding sterker te suggereer.

Wraak, en tog . . . Haar respek vir hul gesamentli­ke nering het haar van vandalisme weerhou. Boonop was Sebastiaan se kontrak in die VSA reeds vas.

En niemand sou beter en tydiger reklame kon vra nie. Die sensasione­le “skending” van die Suid-Afrikaanse skilder Sebastiaan Dirks se skilderye aan die vooraand van ’n deurbraak op die internasio­nale kunstoneel was hoofstroom­sowel as ponienuus.

TWEE weke later stuur Hendrik vir Erik ’n stemboodsk­ap. “Kom kyk na die videomater­iaal. Ons het die oortreder – oop en bloot, toevallig altyd van agter – behalwe een gelukskoot – ’n effense profiel.”

“Hemel tog.” Die woorde glip onbepland uit Erik se mond in Hendrik se kantoor.

Op die videobeeld sien hulle duidelik hoe sy telkens voor ’n skildery gaan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa