Huisgenoot

21 JUN – 21 JUL Laat jou stem dié week waarde toevoeg

-

Die kommuniker­ende Mercurius, tans in jou teken, beëindig hierdie week sy agteruitbe­weging, wat dui op ’n gunstige tyd om jou stem te laat hoor. Of jy insig, kennis of kundigheid wil oordra, stories wil vertel of gevoelens wil deel: Dis ’n goeie tyd om te gesels. Kontak jou geliefdes of bel ’n vriend, skryf ’n artikel of brief of pen jou lewensverh­aal of die geskiedeni­s neer. Moenie skaam wees om jou waardevoll­e bydrae te lewer nie. GELUKKIGE NOMMERS

2, 18, 44, 20, 40, 37

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Dis ’n week om jou kennis uit te brei, horisonne te verbreed, filosofieë te verken en insig te kry in ander kulture en nuwe plekke. Selfs as jy nie fisiek kan reis nie, kan jy op die internet soek na plekke wat jou interessee­r of dokumentêr­e programme kyk. Dis ook ’n goeie tyd vir ’n aanlyn kursus om jou kennis te verbeter of jou loopbaan te bevorder. GELUKKIGE NOMMERS

11, 52, 1, 35, 14, 31

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Met die liefdesgod­in, Venus, tans in jou liefdestek­en, is dit nou tyd vir sake van die hart. As iemand jou hart laat fladder, is dit ’n goeie week om hulle te laat weet. Aangesien jy en jou geliefde kan uitsien na ’n aangename fase, bring gerus gehaltetyd saam deur. In plaas van afdwaal op jou eie, sluit hom/ haar in by jou planne en doen iets prettigs saam. GELUKKIGE NOMMERS

17, 14, 43, 27, 28, 23

FAF DU PLESSIS 13 JULIE 1984

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa