Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

GROOT AFSTAND

Ek sien Nasa en SpaceX het ’n paar ruimtevaar­ders na die Internasio­nale Ruimtestas­ie gestuur. Daardie mense neem sosiale distansiër­ing darem baie ernstig op.

NUWE NAME

Kallie, Gerrie en Mike is saam op pad toe ’n verkeersko­nstabel hulle voorkeer. Hy vra hul name.

“Ek is Ed,” sê Kallie.

“Ed wie?” vra die verkeersko­nstabel. “Ed Gaars,” antwoord Kallie.

“En jy?” vra die konstabel vir Gerrie. “Ek is Price Holmes,” antwoord Gerrie so ewe. Hy en Kallie hoop Mike gaan agterkom waarmee hulle besig is.

“En wie is jy?” vra die konstabel vir Mike. “Ken,” antwoord Mike.

“Ken wie?”

“Ken Tucky Fried Chicken!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa