Huisgenoot

MAN BEMAAK GROND AAN OLIFANTE

-

Akhtar Imam, ’n Indiese man van die oostelike staat Bihar, het die grootste deel van sy grond aan twee olifante bemaak. (Dis wanneer jy in jou testament neerskryf dat ’n sekere persoon van jou besittings erf.) Die man se vrou en kinders is glo nie baie beïndruk nie omdat dit beteken hulle gaan heelwat minder erf wanneer hy sterf. Maar Akhtar sê die olifante het verlede jaar sy lewe gered deur hard te trompetter en twee misdadiger­s van sy grond af weg te jaag. “Ek wil nie hê hulle moet swaarkry nie – hulle is ook my familie. Ek lewe omdat hulle soos my lyfwagte was,” het Akhtar gesê. Hy bestuur ’n natuurlewe­trust en het die twee olifante, Moti en Rani, met die hand grootgemaa­k.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa