Huisgenoot

MALALA YOUSAFZAI

-

Die 22-jarige Malala het graad gevang aan die Universite­it van Oxford: 'n graad in filosofie, politiek en ekonomie. Sy het bekend geword toe sy in 2012, toe sy 15 jaar oud was, deur die Taliban geskiet is omdat sy wou skool toe gaan. Die Taliban wou nie hê meisies in Pakistan moet skoolgaan nie. Sy het die aanval oorleef en is sedertdien 'n ambassadeu­r (sien Woord van die Week) vir vroue-opvoeding. Sy en haar gesin bly nou in Brittanje. In 2014 het sy die Nobelprys vir vrede gewen – die jongste mens nog wat dit ontvang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa