Huisgenoot

SÊ DIT SO:

-

'n Ambassadeu­r is iemand wat sy land in 'n ander land verteenwoo­rdig. Dit is 'n amptelike pos – so iemand word deur die president aangewys. 'n Ambassadeu­r se werk is om goeie verhouding­s te vestig tussen sy eie land en die land waar hy werk. Suid-Afrika het dus ambassadeu­rs oor die hele wêreld, en hier is ook ambassadeu­rs van ander lande wat in Suid-Afrika woon en werk. Die plek waar 'n ambassadeu­r werk, word die ambassade genoem.

Die woord ambassadeu­r word ook gebruik as iemand 'n goeie advertensi­e vir iets is. As jy vriendelik optree teenoor ander mense wanneer jy jou skoolklere aanhet, sal mense sê jy is 'n goeie ambassadeu­r vir jou skool

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa