Huisgenoot

Miley leef nou nugter

- Charlize Theron

– Miley Cyrus het nog altyd oop kaarte gespeel oor haar dwelm- en alkoholgew­oontes.

Sy het in 2017 openlik erken sy “was nog altyd lekker hoog”, maar nou klink dit of sy daardie dae agter haar wil sit.

Die sangeres het onlangs met die tydskrif Variety gesels oor die operasie wat haar laat besluit het om nugter te leef en vertel sy is al die afgelope ses maande “nugter-nugter” – hoewel dit nie sonder uitdagings was nie. “Dit het aanvanklik net oor die stemoperas­ie gegaan,” het sy gesê en bygevoeg dit was ’n proses waartydens sy in haarself en die familieges­kiedenis gedelf het om nugterheid as meer as net dit te sien. “Ek het my familieges­kiedenis bekyk waar daar baie verslawing en uitdagings met geestesges­ondheid was,” sê sy. “My ma is aangeneem, en ek het van die gevoelens geërf wat sy ervaar het, die gevoel dat jy verlaat is en wil bewys jy is gewild en waardevol. My pa se ouers het geskei toe hy drie was, en my pa het dus homself grootgemaa­k. Ek wou daardeur werk en uitpluis: Hoekom is ek hoe ek is?” Miley (27) sê daar kleef ’n stigma aan

“Dis baie moeilik, veral as jy jonk is, want daar is hierdie stigma dat jy nie pret is nie,” sê sy. “En ek voel net: Jy kan my baie dinge noem, maar ek weet ek is pret. Ek hou daarvan om 100% van die tyd nugter wakker te word. Ek wil nie aangeklam voel wanneer ek wakker word nie. Ek wil wakker word en gereed voel vir die dag.”

– ’n Bron

‘Ek dink terapie is wonderlik’

‘Keanu is dankbaar om Alex in sy lewe te hê’

het nie doekies omgedraai toe sy onlangs oor Steven Seagal se krygskunsv­aardighede – of die gebrek daaraan – gepraat het nie.

Die Oscarwenne­r het met Howard Stern gesels oor haar eie ervaring in die aksiefliek­bedryf en gesê sy het “geen probleem daarmee om sleg te praat van” die 68jarige akteur, wat al van seksuele aanranding beskuldig is, nie.

Charlize (44) het gesê: “Ek gaan saans aanlyn om na vegters of mense wat baklei te kyk en jy kom altyd af op daai vreemde Seagal-video van hom wat in Japan ‘baklei’, maar hy baklei nie regtig nie.

“Hy’s oorgewig en kan skaars baklei. Hy stamp mense in die gesig; dis alles so opgestel.”

Toe sy gevra is of sy oukei daarmee is om die akteur so openlik aan te vat, het Charlize gesê sy is min geskeel, “want hy is nie baie gaaf teenoor vroue nie . . . so f** jou!”

 ??  ?? Miley Cyrus nugterheid, veral vir haar.
Miley se ouers, die countrysan­ger Billy Ray (58) en die aktrise Tish Cyrus (53), is in 1993 getroud.
LINDSAY DE FREITAS
Miley Cyrus nugterheid, veral vir haar. Miley se ouers, die countrysan­ger Billy Ray (58) en die aktrise Tish Cyrus (53), is in 1993 getroud. LINDSAY DE FREITAS
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa