Huisgenoot

Keanu nog dolverlief

-

Hulle was ’n paar jaar lank in die geheim ’n paartjie, maar as jy so na Keanu Reeves en Alexandra Grant kyk, sou jy dink hulle het mekaar pas ontmoet.

Die verliefde duifies het onlangs duidelik mekaar se geselskap geniet met hul aankoms in Berlyn, waar die 55-jarige aksiester voortgaan met verfilming aan The Matrix 4. Produksie aan die volgende aflewering van die gewilde fliekreeks is vroeër weens die coronakris­is gestaak.

Die twee, wat hul romanse verlede jaar met die wêreld gedeel het, het mekaar in 2009 ontmoet en in 2011 saamgewerk aan Keanu se digbundel Ode to Happiness. Alexandra (47) het die visuele kuns vir sy woorde verskaf.

Die hele rolverdeli­ng is nog nie bekendgema­ak nie, maar Keanu keer terug as Neo en sy skermliefi­e,

CarrieAnne

Moss – wat ook afgeneem is waar sy in Berlyn aankom – keer terug as Trinity. Die akteurs Neil Patrick Harris en Jonathan Groff sluit ook by die span aan. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa