Huisgenoot

Jean Nidetch, die moeder van Weight Watchers

’n Nuwe boek kyk na die fassineren­de lewe van Weight Watchers se stigter

- Saamgestel deur Meltzer.

VRA enigeen wat al ooit ’n paar kilo’s wou afskud of hulle al van Weight Watchers gehoor het en die antwoord sal waarskynli­k ja wees. Dié bekende eetprogram het miljoene wêreldwyd ontelbare kilo’s help afskud – selfs Oprah Winfrey is ’n voorstande­r daarvan – en tog weet min mense van die fassineren­de lewe van die vrou wat dit begin het. Nou gee ’n nuwe boek, This Is Big, ’n kykie na die lewe van Weight Watchers Internatio­nal se stigter.

Jean Nidetch was ’n New Yorkse huisvrou met ’n geheim: Sy het nooit in die openbaar nagereg geëet nie, maar saans die yskas leeg geëet – die een soetding ná die ander. Toe stuur ’n toevallige ontmoeting met ’n buurvrou haar op ’n heel nuwe koers.

Jean (toe 38) was op pad winkel toe om sjokolade te gaan koop toe die buurvrou opmerk hoe goed sy lyk – en vra wanneer die baba kom.

Jean, wat toe 97 kg geweeg het, is 1,7 m lank. Sy was diep gekrenk.

“Ek sal dit nooit vergeet nie,” het sy oor dié dag vertel. “Sy het gedink ek is amper nege maande swanger. Ek het huis toe gegaan en na myself in ’n vollengtes­pieël gekyk. En dit het my geskok. Want ek het nooit aan myself as vet gedink nie.”

Die skrywer van This Is Big, die Amerikaans­e joernalis Marisa Meltzer, het die idee van Weight Watchers aanvanklik verpes. Sy was maar nege jaar oud toe haar ouers haar vir die program ingeskryf het, en toe sy jare later, in 2015, van Jean se dood lees, het sy gedink: Eindelik kan ek ’n gesig aan my swaarkry koppel.

“Ek het gedink ek weet presies hoe haar lewensverh­aal gaan lyk: die een of ander variasie van ’n maer vrou wat ryk en beroemd word deur haar in oorgewig mense se lewens in te wurm en hulle nooit ’n oomblik se rus gee van kalorieë tel of vetvrye eetgoed met haar handelsmer­k daarop nie,” skryf Marisa.

“Maar met die lees van haar doodsberig het ek nie ’n booswig in Jean Nidetch gesien nie; ek het myself gesien. Hier was ’n vrou wat haar hele lewe lank aan haar gewig gedink het.”

DIE geheim tot Jean se sukses was eenvoudig: Sy het verstaan dat gewigsverl­ies nie net oor diëte gaan nie. Nadat sy by ’n dieetgroep aangesluit en 33 kg afgeskud het, het sy besef ’n mens soek die kameraadsk­ap van ander wat dit saam met jou deurmaak. Haar eetplan was niks aardskudde­nds nie: baie vis, geen suiker, geen alkohol.

Bure het haar slanke nuwe lyf raakgesien en wou weet hoe sy dit gedoen het.

“Jean se volgelinge kon by haar aanklank vind – dit was amper mities,” skryf Marisa.

“Jean se groep” het binne twee maande van ses mense tot 40 gegroei. Kort voor lank kon hulle nie meer in haar sitkamer vergader nie en moes sy ’n plek huur. Daar het sy tydens die byeenkomst­e oor haar reis gepraat.

Op een van die geleenthed­e het sy die sakeman Al Lippert ontmoet. Hy het haar oortuig om ’n ondernemin­g te begin. Weight

Watchers Internatio­nal is in

1963 gebore – met Al en sy vrou as vennote.

Ses dekades later is dit ’n

‘Ons het elke restaurant in Queens geken wat gratis nagereg voorsit’

internasio­nale sakeryk met bevrore kosprodukt­e, kookboeke en plesiervaa­rte. In 2018 was die maatskappy se jaarlikse inkomste meer as R25 miljoen.

Dit het van Jean ’n multimiljo­enêr gemaak – maar geld kon nie vir haar geluk koop nie.

Haar eerste man, die busbestuur­der Marty Nidetch, het haar transforma­sie gehaat. Hulle is in 1947 getroud en Jean het vir die geleenthei­d ’n no. 18-groottevlo­otblou rok gedra wat wyer gemaak moes word langs die kante. Marty, wat 120 kg geweeg het, was swaarder as sy en hul liefde vir kos was iets wat hulle gedeel het.

“Marty het geweet van elke restaurant in New York waar ’n mens ’n tweede skeppie kon kry, en ons het elke restaurant in Queens geken wat gratis nagereg voorsit,” het Jean eenkeer vertel.

Sy het genoeg geld gemaak om hul woonstelbl­ok te koop en het die busmaatska­ppy vir wie Marty gewerk het vir hom gekoop. Maar hy het dit alles verpes. “Wanneer gaan dit verby wees?” sou hy vra. Hulle is in 1971 geskei. Jean sou later sê Marty “het meer van my gehou toe ek vet was”.

Sy het in 1975 met die baskitaars­peler Frank Schifano getrou ná ’n week lange hofmakery, maar die huwelik was oor nog voor dit behoorlik begin het en sy het daarna verskeie ander verhouding­s gehad.

Intussen het Weight Watchers teen 1973 ’n jaarlikse omset van sowat R20 miljoen gehad en sy 10de bestaansja­ar gevier met ’n skare by ’n propvol Madison Square Garden in New York. Jean het die partytjie een van die hoogtepunt­e van haar lewe genoem.

Sy was mal oor die kollig.

“Die publiek se bewonderin­g is beter as enigiets wat jy jou kan voorstel,” het sy aan The Guardian gesê. “’n Miljard keer beter as die geld. Ja, geld help om die huur te betaal. Maar die bewonderin­g! Die koeverte!” het sy gesê in verwysing na briewe van bewonderaa­rs.

TOE die ondernemin­g in 1978 vir R62 miljoen aan H. Heinz Company verkoop is, het sy R6 miljoen teenoor die Lipperts se R14 miljoen gekry. Sy het ’n konsultant vir Weight Watchers geword tot sy in 1984 finaal haar tassies gepak het.

Jean het self erken sy het nie veel erg aan die geld nie. Sy het nie aandele in die ondernemin­g gekoop nie, het nie die kopiereg vir haar kookboeke besit nie en het nie geweet hoeveel geld sy in die bank het nie. Sy het in 1991 Las Vegas toe getrek en begin om elke dag te dobbel, skryf Marisa. Sy het ook groot bedrae geld via die Jean Nidetch-stigting aan liefdadigh­eid geskenk en vir beurse aan die Universite­it van Nevada betaal. Hulle het eindelik aan haar ’n eregraad toegeken vir haar liefdadigh­eidsbydrae­s.

“Sy het ’n eenvoudige lewe gelei,” sê Marisa. “Sy het ’n huis met ’n swembad gehad en ’n vrou wat een keer per week kom skoonmaak het eerder as ’n inwonende huishulp.”

Toe Jean en Marty se jongste seun, Richard, in 2006 sterf, was sy verpletter. Die akteur het by sy ma gebly en is skielik dood weens ’n gebarste maaggewas.

“Ek sal dit nooit verwerk nie,” het sy jare later gesê. Sy het Florida toe getrek om naby haar ander seun, David, te wees. Teen dié tyd was daar nie veel van haar fortuin oor nie en sy het in ’n beskeie eenslaapka­merwoonste­l in ’n aftreeoord ingetrek, waar sy tot en met haar dood op 91 jaar sou bly.

En deur al die jare het sy nooit ontspan as daar kos in die omtrek was nie. Sy het volgens The Washington Post dieetvolge­rs aangemoedi­g om nee dankie te sê vir hul eie verjaardag­koek en koekies in die wasbak te was om dit oneetbaar te maak.

“Ons hou self die instrument vas wat ons vet maak,” het sy in ’n onderhoud in 2011 gesê en ’n denkbeeldi­ge vurk rondgeswaa­i. “Ek skud net my kop wanneer ek iemand sien koek eet wat sê: ‘Ag, ek wens ek was nie vet nie.’ Maar hulle hou aan om die koek te eet!” ■

This Is Big,

 ??  ??
 ??  ?? SANDY COOK
HOOFFOTO: Jean Nidetch het 33 kg afgeskud en nooit weer die gewig aangesit nie. NAASLINKS: Jean voor sy op ’n streng dieet gegaan het.
SANDY COOK HOOFFOTO: Jean Nidetch het 33 kg afgeskud en nooit weer die gewig aangesit nie. NAASLINKS: Jean voor sy op ’n streng dieet gegaan het.
 ??  ?? REGS: Jean by haar eerste man, Marty Nidetch, en seuns, Richard (links) en David. HEEL REGS: Sy was mal oor die kollig.
Dié charismati­ese Jean het besef hoe belangrik dit was om mense bymekaar te bring tydens hul gewigsverl­iespoging.
REGS: Jean by haar eerste man, Marty Nidetch, en seuns, Richard (links) en David. HEEL REGS: Sy was mal oor die kollig. Dié charismati­ese Jean het besef hoe belangrik dit was om mense bymekaar te bring tydens hul gewigsverl­iespoging.
 ??  ??
 ??  ?? BRONNE: GUARDIAN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, NYTIMES.COM, WASHINGTON­POST.COM, INDEPENDEN­T.CO.UK
Die skrywer van Marisa
BRONNE: GUARDIAN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, NYTIMES.COM, WASHINGTON­POST.COM, INDEPENDEN­T.CO.UK Die skrywer van Marisa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa