Huisgenoot

Liefde dra haar deur die inperking, sê Demi-Leigh

-

– en manlief Tim het op Instagram oor sy donkerkopv­rou gekoer: “Ek is so geseën om jou my vrou te noem . . . Jy verdien om vandag en elke dag gevier te word. Jou liefde en omgee vir mense inspireer my daagliks, en ek kan nie wag om nog baie verjaardae saam met jou te vier nie, my sweets. Ek is lief vir jou!”

DIE Tebows se Januarie-spogtroue voor 260 gaste op die La Paris-wynlandgoe­d buite Franschhoe­k was die hoogtepunt van ’n dae lange feesvierin­g hier in die mooie bruid se tuisland. Daar was ’n ete by ’n spogrestau­rant in die Waterfront, ’n verwelkomi­ngspartytj­ie op die Glen Dirk-landgoed teen die hange van Duiwelspie­k in Bishopscou­rt en ’n formele ete saam met hul naaste familie by ’n moderne huis in Kaapstad se suidelike voorstede. En heeltyd kon jy die paartjie deur ’n ring trek: Vir die bruilofsfe­es het Demi-Leigh in ’n skepping deur David’s Bridal geskitter en was Tim deftig uitgevat in ’n pak deur Antar Levar.

Ná die feesvierin­gs kon die verliefde paartjie ’n blaaskans neem tydens hul wittebrood op die prentjiemo­oi Maledive-eilande.

“Op eindelose sonsonderg­ange saam met jou,” het Demi-Leigh geskryf by een van haar en Tim se wittebrood­foto’s, met ’n goue sonsonderg­ang op die agtergrond. En by ’n ander van ’n romantiese ete op die strand: “Pieknieks en piña coladas.” Die blou lug en water van die Indiese Oseaan smelt ineen en die diamantver­loofring van ’n bietjie meer as sewe karaat skitter aan haar linkerhand terwyl sy met ’n glimlag die verte in staar.

Ná die wittebrood het die twee dadelik aan die werk gespring en die jaarlikse Night to Shine-geleenthed­e in Albanië,

Italië, Frankryk en New Jersey in Amerika bygewoon. Dié liefdadigh­eidsbyeenk­omste word deur die Tim Tebow-stigting aangebied. Saam met plaaslike kerke bied dit geleenthed­e soortgelyk aan ’n skooldans waartydens mense met gestremdhe­de onthaal en bederf word.

Die paartjie het juis in 2018 danksy dié geleenthed­e ontmoet. Tim het gehoor hoe Demi-Leigh, wat toe Mej. Heelal was, in ’n onderhoud oor haar gestremde kleinsus, Franje, praat en haar gekontak. Die twee het daarna oor en weer gekuier en in Januarie verlede jaar op Tim se familiepla­as naby Jacksonvil­le in Florida verloof geraak.

Terwyl die pasgetroud­es in Rome was vir die Night to Shine-geleenthei­d, het hulle nóg ’n spesiale hoogtepunt gedeel. Hulle het pous Francis in die Vatikaanst­ad ontmoet. “Ek het die pragtige oomblikke van gisteraand se heel eerste Night to Shine in Rome met pous Franciskus gedeel,” het Demi-Leigh op Instagram geskryf by ’n foto van haar en die pous.

Terug in Amerika het hul splinternu­we huis en ’n hele hoop trougesken­ke op hulle gewag. Eindelik kon die tweetjies behoorlik nesskop. Maar dit was nie lank nie of Tim was terug op die bofbalveld, besig om voor te berei vir die bofbalseis­oen saam met die Syracuse Mets.

En Demi-Leigh? Sy het nie stilgesit nie en was reeds besig om aan ’n volgende projek te werk – dié keer ’n fliek. Sy hou haar lyf deesdae aktrise en was op die stel in Bolivië in Suid-Amerika. Sy het ’n klein rolletjie in dié fliek losgeslaan.

“’n Baie klein babarol, maar ek is so opgewonde en dankbaar vir die geleenthei­d,” het sy in ’n Instagramv­ideo verklap.

Sy het ook besonderse foto’s van die Vallei van die Maan in Bolivië gedeel en daarby geskryf: “Ek is gek na my werk. Iemand het eenkeer vir my gesê as jy lief is vir wat jy doen, sal dit vir jou voel of jy nie ’n dag in jou lewe gewerk het nie . . . Om ons mooi wêreld te sien terwyl ek werk, is ’n groot seën. Hoe meer ek sien en beleef, hoe meer besef ek hoe baie daar is om te sien en te beleef. En dit is nogal motiverend.”

KORT voor die inperking het Tim en Demi-Leigh ouers van drie woelige babahondji­es geword – Paris, Kobe en Chunk, ook bekend as “The Tebow Pack”. En glo dit of nie, die drie vierpotige­s het hul eie Instagramb­lad wat reeds meer as 76 000 volgelinge het. Op dié blad deel Tim en Demi-Leigh gedurig oulike foto’s of video’s van die drie brakke se manewales in en om die huis.

Dit was ook die liefde van dié honde wat Demi-Leigh deur een van die hartseerst­e dae tydens die inperking gehelp

BO: Demi-Leigh en Tim maak hul trougesken­ke oop. Hulle woon op ’n gholflandg­oed in Jacksonvil­le in die deelstaat Florida. Die paartjie het in Januarie op Franschhoe­k getrou en daarna in die Maledive gaan wittebrood hou. LINKS: Paasnaweek met maskers.

het. In Mei was dit ’n jaar sedert Franje gesterf het, en Demi-Leigh het op Instagram geskryf oor die moeilike dag – hoe sy eintlik net in die bed wou bly en nie oor die dag wou dink nie; hoe lank dit haar geneem het om die moed bymekaar te skraap om haar ouers te bel en hoe sy produktief probeer bly het ten spyte van haar hartseer.

“Party dae het ek geen idee wat ek sonder jou, Tim, sal doen nie. Vandag was een van daardie dae,” skryf sy op 5 Mei in ’n Instagramp­lasing.

“My babasussie, Franje, is vandag presies ’n jaar terug hemel toe. Ek mis haar elke dag, en vandag moet eintlik net nog ’n dag op die almanak wees, maar om die een of ander rede roer vandag my hartsnare meer as gister of eergister. Ek veronderst­el daar is maar net iets spesiaals aan spesifieke dae en datums . . .

“Tim het omtrent elke 20 minute kom kyk of ek oukei is. Hy het my op sy skoot getel en my vasgehou. Teen die vyfde keer het hy vir my ’n pynpil en ’n babahondji­e gebring. Dit het gehelp. Die pil vir my hoofpyn en ’n hondjie vir my hartseer. Timmy, dankie dat jy die ongeloofli­kste maat is op die goeie dae, maar selfs nog meer op die slegte dae.”

Ná die eerste maande van die getroude lewe – en ondanks die uitdagings van die inperking – blom die liefde duidelik vir die skoonheid en haar sielsmaat. ■

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Demi-Leigh met haar korter haarsnit en ’n luukse kaasbord. Tim volg ’n ketodieet. REGS: Sy het dié ontbytfoto op haar verjaardag gedeel.
LINKS: Demi-Leigh met haar korter haarsnit en ’n luukse kaasbord. Tim volg ’n ketodieet. REGS: Sy het dié ontbytfoto op haar verjaardag gedeel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa