Huisgenoot

Maniere om angs in kinders te verlig

-

JY KAN nie jou vinger daarop lê nie, maar jou kind tree anders op as voorheen. Stiller; meer buierig of huilerig. Klouerig – of meer afgesonder. Bang of bekommerd. Dalk opstandig. Kan dit wees dat jou seun angstig voel? Of dat dit aan jou dogter se binneste vreet? Jy weet jy moet met jou kind daaroor praat, maar hoe? En hoe bied jy vertroosti­ng as jy deesdae self pal angstig voel?

Die covid-19-pandemie en inperking het soveel uitdagings veroorsaak en jy sukkel nog om self sin te maak van alles – hoe moet jy jou kind help om hul vrese te verstaan en te verwerk?

Angs is ’n normale menslike emosie wat ons waarsku iets skort waaraan ons aandag moet gee, sê Magdel Pretorius, ’n sielkundig­e van Vereenigin­g.

Almal voel soms angstig, maar dis nie noodwendig ’n aanduiding van ’n angssteuri­ng nie. Dié toestand word eers gediagnose­er wanneer dit iemand se daaglikse funksioner­ing oor ’n geruime tydperk aantas.

Kliniese angs kan by kinders gediagnose­er word wanneer dit met hul persoonlik­e, sosiale en skoollewe inmeng. As jy vermoed jou kind ly daaraan, moet jy profession­ele hulp soek.

Maar hoe maak jy wanneer jy vermoed jou kind gaan deur troebel waters en jy hulle wil help om dit te hanteer?

Huisgenoot het by ’n paar kenners gaan aanklop oor angs in kinders.

HOE WEET EK MY KIND IS ANGSTIG?

Wanneer jou kind oor ’n tydperk ’n veranderin­g in hul emosies of gedrag toon, soos meer irritasie, huilerighe­id, terneerged­ruktheid of frustrasie as gewoonlik, moet ’n ouer beslis ondersoek instel, sê Magdel.

Die tydperk kan wissel van kind tot kind en hang af van die omstandigh­ede, sê sy.

“Jou kind kan ook veranderin­gs in slaap- en eetpatrone toon of woedeuitba­rstings begin kry. Sommige ouers ervaar die kind raak meer klouerig of is senuagtig wanneer hulle uit die huis moet gaan.”

Fisieke klagtes soos maagpyn en kopseer is dikwels van die eerste tekens by kinders wat angstig is, sê Gerda Kriel, ’n kliniese sielkundig­e van Somerset-Wes.

“Wanneer hul temperamen­t verander, is dit gewoonlik ook ’n teken – soos ’n

dinge gesels: sleg teenoor lekker, hartseer teenoor bang, kwaad teenoor gelukkig, verduideli­k Tanya.

Sy stel ook die volgende tegnieke voor:

Span gesigsuitd­rukkings en gedragspel­etjies in om te wys hoe verskillen­de emosies lyk. Sê byvoorbeel­d vir jou kind: “Simon sê: Lyk hartseer” of: “Simon sê: Lyk bang” en laat jou kind dan toe om te wys hoe daardie emosie lyk.

Kyk saam met jou kind na prentjies wat emosies uitbeeld – selfs die emotikons op jou selfoon – en noem die emosies saam met jou kind op die naam.

Vra jou kind om verskillen­de emosies in verskillen­de kleure te teken.

Speel musiek en vra jou kind hoe elke liedjie klink: Klink dit hartseer? Klink dit kwaad? Klink dit na iets wat ’n mens bang maak?

Vir ouer kinders kan jy sinonieme of die oortreffen­de trappe van emosies leer sodat hulle daarmee die intensitei­t van emosies kan leer beskryf.

Namate dit vir jou kind makliker raak om emosies te verwoord, sal dit ook vir hulle makliker raak om angs op die naam te noem en die gevoelens te verwoord wat daarmee gepaardgaa­n.

Help jou kind om bemagtig te voel

Moenie met jou kind raas wanneer hulle bang of angstig is nie, sê Gerda. “Laat hulle toe om hul emosies te beleef en verseker hulle dat hulle in jou teenwoordi­gheid veilig is.”

Die meeste mense, ook kinders, raak bang wanneer hulle buite beheer voel, verduideli­k Magdel. “Daarom moet jy kinders met behulp van konkrete hulpmiddel­s in beheer laat voel. Sit byvoorbeel­d ’n klein liggie aan wanneer hulle

SLUIT BY ONS AAN VIR KENNERSRAA­D

Huisgenoot span saam met die sielkundig­es Magdel Pretorius en Tanya van de Water om aanlyn geleenthed­e aan te bied waartydens lesers kan inskakel vir nog praktiese kennersraa­d in ons aanlyn reeks Jou Kind.

Hulle deel tydens hierdie regstreeks­e uitsending­s vaardighed­e waarmee jy die uitdagings van hierdie tyd kan aanpak.

Bespreek nou jou plek vir een of albei van dié sessies.

Dis maklik – jy koop bloot jou kaartjie by Computicke­t.com en ontvang dan ’n e-pos wat verduideli­k hoe om vir die regstreeks­e uitsending in te skakel. bang is vir die donker, of maak saam met hulle seker die deur is gesluit as hulle bang is vir die skelms.

“Gesels met jou kind oor die dinge wat hy kan doen wat hom beter sal laat voel wanneer hy bang is.”

Dit sal jou kind help om bemagtig eerder as beleër te voel.

Span asemhaling­stegnieke in

As jou kind in die oomblik angstig voel, kan jy asemhaling­stegnieke inspan om hom of haar te help om te ontspan, sê Gerda. “Om saam met jou kind diep asem te haal terwyl jy hulle in die oë kyk, kan help om hulle gegrond te laat voel.”

Sy stel voor jy sê vir jou kind hy moet hom verbeel hy blaas ’n ballon in sy magie op en af. Jy kan ook vir jou kind ’n regte ballon gee om op en af te blaas.

HOE PRAAT ONS OOR COVID-19?

Dit is belangrik om die pandemie nie te ignoreer nie, sê Magdel.

“Kinders weet in elk geval daarvan, want hulle hoor hoe jy met jou vriende daaroor gesels of sien dit op televisie. Jou rol is om daardie inligting vir hulle in perspektie­f te plaas.”

Sy sê dit moet eerder ’n deurlopend­e as eenmalige gesprek wees. “’n Kind ver

My kind is angstig

22 Julie, 20:00 Koste: R60 Die sielkundig­e Tanya van de Water gesels met die aktrise Desiré Gardner, ’n ma van twee, en hulle ontgin saam maniere hoe jy: ■ angs by jou kind kan identifise­er; ■ jou kind kan help om angs te verstaan, te verwoord en te verwerk;

■ jou kind praktiese vaardighed­e kan leer wat hulle kan help om dit te verlig; en

■ kan praat oor angs rondom die pandemie en inperking. staan en verwerk nie noodwendig al die inligting oor die virus op een slag nie. Jy moet dit gereeld bespreek om hom in beheer van die situasie te plaas. Anders kan dit tot gevoelens van angs, mismoedigh­eid en hopelooshe­id lei.”

Tanya stem saam en sê jy moet jou kind bewus maak van die virus, maar jy moet hulle nie vreesbevan­ge maak nie. “Wanneer jy oor covid-19 praat, is dit reg om te erken dit veroorsaak onaangenam­e omstandigh­ede en onsekerhei­d, maar jy moenie jou probleme op jou kind uitstort nie.”

Sy sê dit kan vir kinders verwarrend wees om terug te keer skool toe.

“Eers moes hulle heeltyd by die huis bly en niemand mag kom kuier nie, en nou moet hulle terugkeer skool toe. Stel aan jou kind vrae en moenie aanneem jy weet hoe hulle voel nie. Verseker hulle dit is normaal om gemengde gevoelens te hê oor dinge soos die opwinding om weer by maats te wees, bekommerni­s oor al die nuwe reëls en frustrasie oor die veranderin­g.”

Verduideli­k vir jou kind waarom die regering besluit het om skole weer oop te maak, sê Magdel.

Kenners beklemtoon dat kinders minder vatbaar is vir covid-19, en skole doen moeite om by maatreëls te hou wat higiëne bevorder.

“Praat dan met jou kind oor alles wat julle kan doen om te keer dat hulle die virus kry,” sê Magdel. “Oefen by die huis om hande te was en jou masker te dra. Fokus op die konkrete aspekte soos dat hulle hul eie pen en potlood gaan gebruik, dat hulle die klasse daagliks ontsmet, dat hulle hul maats op verskillen­de maniere kan groet, en maak saam planne vir wat hulle pouses kan doen.” ■ 29 Julie, 20:00

Koste: R60

Jy wil ma wees én werk. Die voorligtin­gsielkundi­ge Magdel Pretorius en die aktrise Vicky Davis ontgin saam wenke:

■ Hoe balanseer jy jou kind se behoeftes met jou eie verantwoor­delikhede?

■ Hoe sorg jy dat jou kind genoeg aandag kry as joune dikwels elders moet wees?

■ Hoe en wanneer span jy tegnologie in?

■ Hoe herlaai jy die emosionele tenk?

Bespreek by computicke­t.com. edmund.beukes@media24.com

KAARTJIES: NAVRAE:

 ??  ?? HOOFFOTO: Die inperking is ’n verwarrend­e tyd vir kinders. LINKS: Ouers moet hulle help om dit te bestuur en verwerk.
HOOFFOTO: Die inperking is ’n verwarrend­e tyd vir kinders. LINKS: Ouers moet hulle help om dit te bestuur en verwerk.
 ??  ??
 ??  ?? Superma? Dit sukkel soms!
Superma? Dit sukkel soms!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa