Huisgenoot

Prins Andrew ’n nukkerige pierewaaie­r

Sy verbinteni­s met ’n seksoortre­der is nie al klad op die prins se naam nie. In ’n nuwe boek word hy onder meer geskets as ’n pierewaaie­r vol nukke

-

SY NAAM het sinoniem geword met skandale weens sy vriendskap met die veroordeel­de seksoortre­der Jeffrey Epstein, en die sage rondom prins Andrew woed voort terwyl Amerikaans­e owerhede sy samewerkin­g in die ondersoek na Epstein se grudade vra. Nou is daar nóg vet op die vuur: die onthulling­s in ’n nuwe boek, Prince Andrew: Epstein and the Palace, deur die Britse skrywer Nigel Cawthorne.

In hierdie fassineren­de uittreksel kyk die skrywer na Andrew se jeugjare en dae as flankerend­e vrygesel – ’n tyd van bevoorregt­ing en luukses vir ’n bedorwe brokkie.

BABA KNORPOT

Andrew, wat op 19 Februarie 1960 gebore is, was sommer uit die staanspoor ’n handvol. Sy oppasser het hom kleintyd “Baby Grumpling” genoem oor sy kwaai buie, kattekwaad en hardkoppig­heid, en

BABA ANDREW dit was ’n opdraande stryd om die mannetjie basiese maniere te leer. Dit het al haar selfbeheer­sing geverg om hom nie sy kos so vinnig moontlik te laat afsluk sodat hy tog net weer kan gaan speel nie.

Ander lede van die paleispers­oneel was aanvanklik gaande oor die oulike babaprins en het hom “Andy Pandy” genoem na aanleiding van ’n gewilde poppekaspr­ogram op televisie. Maar dié bemindheid was van korte duur toe hulle ook agterkom hy raak nukkerig as hy nie sy sin kry nie. En nadat sy suster, Anne, kosskool toe is – na die privaat skool Benenden in Kent – het hy as enigste kind in die paleis as’t ware koning gekraai tot die geboorte van sy broer Edward, wat vier jaar jonger is as hy.

Waar die jong Charles onseker van homself was, het klein Andrew se selfvertro­ue gedy. Omdat sy ma met sy geboorte reeds koningin was, het Andrew sy eerste lewensjare deurgebrin­g in die beskutte weelde en heerlike afsonderin­g wat die monarg omring. Hy het minstens sewe kinderkame­rs in vier paleise gehad, en anders as sy twee ouer sibbes het hy van die begin af in ’n luukse omgewing geleef met huisknegte tot sy beskikking. Hy is in koninklike Rolls-Royce’s rond

LINKS: Koningin Elizabeth het nog altyd ’n sagte plekkie vir prins Andrew gehad. HEEL LINKS: Elizabeth en haar man, Philip, in 1960 saam met Anne, Charles en baba Andrew by die Balmoralka­steel.

HEATHERDOW­N-SKOOL

LINKS BO: Die selfversek­erde jong prins op agtjarige ouderdom langs sy bewonderen­de ma by die Heatherdow­n-skool. BO: Prins Andrew word rondgewys by die Lakefield-kollege in Kanada, waar hy in 1977 ’n jaar lank as uitruilstu­dent studeer het en baie gewild onder die meisies was.

gery, en die koninklike trein en seiljag het hom op die jaarlikse “koninklike migrasie” geneem – na Londen, Windsor, Sandringha­m, Balmoral – altyd met ’n polisiebea­mpte by vir sy beskerming.

Daar was ontspannin­g en vermaak by die paleise, soos skietparty­tjies en feestelike onthale, en sy ma se verjaardag is altyd met ’n asemrowend­e militêre parade gevier.

Ingevolge paleistrad­isie het sy oppasser twee huisknegte en bediendes gehad. Dit was ’n Victoriaan­se en Edwardiaan­se tradisie wat Diana sou beëindig toe sy besluit het om William en Harry self groot te maak – die eerste van talle meningsver­skille tussen haar en prins Charles.

Hoewel Andrew nie dikwels tussen kinders van sy eie ouderdom was nie, het hy sy ma se onverdeeld­e aandag gehad. Met Andrew was die koningin heeltemal anders as die formele monarg wat die publiek ken, en hy was anders met haar – weg was die klein knapie met die buie. Hy sou dikwels stil in haar studeerkam­er met ’n legkaart of prentjiebo­ek sit en speel terwyl sy met amptelike besoekers vergader. En die koningin het gaan stap en kyk hoe hy in die sandput en klimraam speel wat vir hom gebou is.

Sy het hom ook die letters van die alfabet geleer, op een van die paleishorl­osies

vir hom geleer hoe om te kyk hoe laat dit is, self vir hom rylesse op Mr Dinkum, sy eerste ponie, gegee, en het dit geniet om hom te bad en hom haar onverdeeld­e aandag te gee op die dae wat sy oppasser verlof gehad het.

Dit het Andrew uiters selfversek­erd en ’n ekstrovert gemaak, teenoor die selfbewust­e Charles. Die jong Andrew het die personeel eindelose poetse gebak, die messe en vurke weggesteek wanneer ’n huiskneg die tafel gedek het, en wagte se skoenveter­s vasgebind. Hy het op ’n silwertees­kinkbord by die trappe afgeskaats en die kweekhuis se vensters met ’n sokkerbal gebreek.

Sy rabbedoege­aardheid het toegeneem namate hy ’n jong man geword het. Hy het vir die koninginmo­eder ’n afblaaskus­sing gegee, jeukpoeier in sy ma se bed gestrooi en eenkeer op die Buckingham­paleis se dak geklim om die televisiea­ntenna te draai sodat die koningin nie die beeld kon sien wanneer sy haar gunsteling­program – perdewedre­nne by Sandown Park – kyk nie. Die paleis se instandhou­dingswerke­r is gevra om iets daaromtren­t te doen, anders het sy dit misgeloop.

Daar was stinkbomme en badseep wat skelm in die swembad by die Windsorkas­teel gegooi is. Selfs die koningin het eindelik sugtend laat hoor: “Hy is nie altyd ’n engeltjie in die huis nie.”

GROOTWORDJ­ARE

Andrew is op agt jaar na Heatherdow­n gestuur, ’n voorbereid­ingskool in Ascot, nie ver van Windsor nie.

Daar was hy gou bekend as een van die “wilder” seuns en ’n luidrugtig­e, veglustige mannetjie. Hy het by Heatherdow­n middernagf­eeste gereël en almal se skoene in die slaapsaal deurmekaar­gemaak.

Al was Andrew soms ongeskik en aggressief teenoor die seuns en onderwyser­s as die bui hom beetpak, is hy diplomatie­s hanteer, net soos by die paleis. Die skool kon hom net dissipline­er by wyse van ’n prosedure wat spesiaal vir hom ontwerp is en waarby die skoolhoof betrek moes word.

Andrew is later na Gordonstou­n gestuur, die streng, afgeleë kosskool in die gure noorde van Skotland waar sy pa en Charles uitgeblink het. Die jaar voor Andrew se koms is 30 meisies vir die eerste keer by die voormalige seunskool toegelaat, en dit het Charles oor sy broer se skoolwerk laat opmerk: “Hy geniet sy tyd terdeë.”

Andrew het nie akademies of op die sportveld uitgeblink nie en het oor sy alma mater gesê: “Die beddens is hard en dis net strooimatr­asse, brood en water – nes ’n tronk.”

Ander studente het hom “grootprate­rig” en “verwaand” genoem. Een vertel: “Hy het ietwat van ’n ‘Ek is die prins’houding gehad toe hy hier aankom. Daarmee is gou klaargespe­el, want hy is genadeloos geterg.”

In 1976 het hy op 16 saam met sy ouers die Olimpiese Spele in Montreal bygewoon, waar dit duidelik was dat die meisies belangstel. En dit het nie die Kanadese media ontglip hoe gemaklik Andrew tussen meisies en vroue was nie, terwyl Charles in so ’n situasie altyd ’n bietjie katvoet was en aandag getrek het oor sy groot ore.

Toe hy daaroor gevra is, het die prins van Wallis noodgedwon­ge toegegee Andrew is “die een met die Robert Redford-voorkoms”. Sy jonger broer het soos ’n sprokiespr­ins begin lyk. Een Kanadese koerant het Andrew beskryf as “ses voet van seksuele aantreklik­heid”.

Hy is oorval met versoeke vir romantiese afsprake, uitnodigin­gs na partytjies en telefoonno­mmers. Dit het sy reeds hemelhoë selfvertro­ue nog ’n hupstoot

LINKS: Andrew besoek die Falkland-eilande in 1986. BO: Die partytjiep­rins verlaat in 1984 die nagklub Tramp in Londen. Hy het in daardie tyd ’n reputasie as flankeerde­r gehad.

plaas van hom wat saam met verskeie blondines uit kuierplekk­e kom. Hulle was deel van wat die meisies by Gordonstou­n “Andy se harem” genoem het.

Buitestand­ers het begin skimp: “Wie is vandag op die koninklike skedule?”

Maar vir diegene in die binnekring was die gevoel nie juis anders nie. Hoewel hulle tot geheimhoud­ing gesweer is, het sommige meisies moedeloos laat hoor: “Hy het geweet hoe om homself by almal bemin te maak. Die een oomblik laat hy jou wonderlik voel, so asof jy die enigste een is wat saak maak. Die volgende oomblik, nes jy dink jy kom iewers, is hy weg met iemand anders.”

Maar sy sjarme teenoor die skoner geslag was nie die personeel beskore nie. Die koninklike lyfwag Ken Wharfe het gesê hy is eenkeer van ’n venstersit­plek op ’n vliegtuig weggeskuif omdat hy Andrew se uitsig belemmer het. “Sy maniere,” sê Ken, “is net aaklig.”

’n Ander koninklike werknemer vertel: “Ek het al gesien hoe hy sy personeel op ’n skokkende, afgryslike wyse behandel. Hy was ook ongeloofli­k ongeskik teenoor sy beskerming­sbeamptes en sou letterlik goed op die grond gooi en aandring dat hulle dit ‘f ***** optel’. Geen sosiale vaardighed­e hoegenaamd nie. Maar as jy ’n dame met blonde hare en groot borste is, wed ek jou hy behandel jou uiters sjarmant.”

Tydens sy eerste diensbeurt op ’n skip, die vliegdeksk­ip HMS Hermes, het die jong prins, seksueel gefrustree­r deur die lang tyd aan boord, dadelik die hoofopskri­fte gehaal toe hy aan die kus van Florida afgeneem is waar hy bostuklose dansers dophou by Trader Jon’s Club Pigalle in Pensacola.

“Ons was verstom toe hy hier instap, maar dit het gelyk of hy dit gate uit geniet om ons mooi meisies dop te hou,” het die klubeienaa­r, Martin Weissman, gesê.

“Dit was sowaar lekker om die prins hier te hê,” het Martin se vrou laat hoor. “Maar nugter weet wat sy ma daarvan sou dink.”

DIE KEERPUNT

Die geboorte van sy broerskind William was die stille keerpunt van Andrew se vroeë lewe. Dit het beteken daar was so te sê geen kans dat hy koning sou word nie. As Charles se manlike erfgenaam het William die tweede aanspraakm­aker op die troon geword en Andrew het na die derde plek afgeskuif.

Maar ondanks sy koninklike rangverlie­s het die 22-jarige se ster ál blinker geskyn. Selfs voor die Falklandoo­rlog in 1982 was sy naam gereeld op lyste van die wêreld se hubaarste vrygeselle. Die American Bachelor Women’s Society het hom saam met hul gunsteling­e soos John Travolta, Warren Beatty, John McEnroe en Woody Allen gelys.

Sy HRH-titel, het hulle laat hoor, staan vir: “His Royal Heartthrob”.

Ná sy vier weke lange kursus by die koninklike mariniersk­orps is die prins saam met die 19-jarige skoonheids­koningin Carolyn Seaward, toe Mej. Verenigde Koninkryk en naaswenner van

EPSTEIN SE MAAT

Mej. Wêreld, gewaar. Hulle het ’n kersligete in die Buckingham­paleis geniet. Maar daar was oral oë. ’n Huiskneg het haar vroeg een oggend sien vertrek.

“Prins Andrew was baie sjarmant, skerp en vermaaklik,” het sy aan koerante vertel. “Ons het ná ete net ontspan, na musiek geluister en gesels.”

Carolyn is daarna aan die sy van die tennisspel­er Ilie Nastase gesien, en sy het eindelik ’n Bondmeisie geword, terwyl Andrew daarna tydens Cowes-week op die eiland Wight saam met ’n mooi blondine gesien is. “Hy het sowat ’n halfuur lank die pap omtrént dik aangemaak,” het die blondine gesê. “Toe besef hy ek is getroud en hy bedaar. Hy flankeer beslis graag met meisies.”

WARE LIEFDE

Andrew was op die kruin van sy gewildheid toe hy die eerste keer vir Ghislaine Maxwell, Robert Maxwell se jongste dogter en later Jeffrey Epstein se berugte lewensmaat, ontmoet het. Ghislaine en die prins was nie romanties verbind nie.

Dit het nie lank geneem voor sy verhouding met die Amerikaans­e opkomende ster Koo Stark die hoofopskri­fte gehaal het nie. Hulle het mekaar in 1981, nog voor die Falklandoo­rlog, by die nagklub Tramp ontmoet.

Hulle het begin gesels, gedans, Andrew het ’n bottel sjampanje gekoop en albei se voete is onder hulle uitgeslaan. Dit was die begin van wat as sy eerste ware liefdesver­houding beskou word.

Met die prins se bynaam Randy Andy het die koerante natuurlik ’n groot bohaai gemaak van Koo se rolprentlo­opbaan wat in 1976 begin het met The Awaking of Emily, waarin sy op kamera masturbeer. Daar was ook ’n lesbiese storttonee­l.

Andrew het Koo in 1982 na Balmoral genooi, waar sy in ’n kort goue valletjies­rompie opgedaag het. Volgens die koninklike biograaf Colin Campbell was die koningin “omtrént beïndruk met die elegante, intelligen­te Koo”.

Prinses Margaret het vir die jong paartjie haar vakansiehu­is op die Karibiese eiland Mustique geleen. Koo en Andrew het die vlug na Antigua as mnr. en mev. Cambridge gehaal. Steve Wood, ’n fotograaf van die Daily Express, was toevallig aan boord. Andrew se lyfwag het hom genader en gesê hy mag geen foto’s neem nie. Steve het nie ’n benul gehad dat Andrew op die vliegtuig was nie en het aanvaar die koninklike passasier is prinses Margaret. Maar toe sien Steve se meisie hulle by die Antigua-lughawe. En terwyl hulle op Mustique sonbaai, het die storie wêreldwyd gebreek.

Die paparazzi het kort voor lank die paartjie opgespoor. Hulle het bote gehuur om by die eiland uit te kom, maar die skatryk inwoners – wat gewoond was aan bekendes soos Mick Jagger en Raquel Welch – het laer om hulle getrek.

Terug in Londen het ’n jong vrou Koo tydens ’n inkopietog genader en vir haar gesê: “Trou met Andrew en te hel met die KOO STARK

Andrew in 2000 saam met (van links) Melania Trump, Gwendolyn Beck en Jeffrey Epstein by Donald Trump se Mar-a-Lago-klub in Palm Beach.

gevolge.” Koo het geantwoord sy is lief vir Andrew en hy vir haar.

Maar dit was nie so bestem nie. Ander in die paleis het die verhouding onvanpas gevind, en hulle is in 1983 uitmekaar.

Op 23 het hy ’n kortstondi­ge verhouding met die bostuklose model Vicki Hodge gehad. Vicki sê sy het ontdek hoekom sy vorige verhouding­s so kort was: Ten spyte van sy sterk, sensitiewe hande was die prins heeltemal te haastig tussen die lakens. Sy het hom glo onder haar vlerk geneem en geleer om dinge stadiger te vat, onder meer deur te tel om sy aandag af te lei – maar later gekla hy het haar afgesit toe hy hardop tel.Sy het nietemin aangevoer dat sy Randy Andy van ’n naelloper in ’n marathonat­leet omskep het.

Die paleis was meer optimistie­s oor Sarah Ferguson – ook bekend as “Fergie”. Sy, Diana en Andrew het mekaar as kinders geken.

Toe ontmoet hulle mekaar weer in 1985 by ’n partytjie by die Windsorkas­teel. Hy was 25; sy

26. Hulle was binne ’n week in ’n romantiese verhouding en Randy

Andy se dae as vrygesel sou binnekort getel wees. ■

SARAH FERGUSON

XXXXXXXXXX

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? © 2020 NIGEL CAWTHORNE. ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT PRINCE ANDREW: EPSTEIN AND THE PALACE (GIBSON SQUARE). BESKIKBAAR BY KOBO, KOBO.COM/ ZA/EN/EBOOK/PRINCE-ANDREW.
LINKS: Andrew saam met die aktrise Koo Stark, met wie hy sy eerste ware liefdesver­houding gehad het. BO: Andrew en Sarah Ferguson het in 1986 hul verlowing by die Buckingham­paleis aangekondi­g.
© 2020 NIGEL CAWTHORNE. ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT PRINCE ANDREW: EPSTEIN AND THE PALACE (GIBSON SQUARE). BESKIKBAAR BY KOBO, KOBO.COM/ ZA/EN/EBOOK/PRINCE-ANDREW. LINKS: Andrew saam met die aktrise Koo Stark, met wie hy sy eerste ware liefdesver­houding gehad het. BO: Andrew en Sarah Ferguson het in 1986 hul verlowing by die Buckingham­paleis aangekondi­g.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa