Huisgenoot

Liz Hurley se eks neem sy eie lewe

’n Skatryk ekskêrel van Liz Hurley het sy eie lewe geneem te midde van kwellinge oor ’n ander eks se dood

- Saamgestel deur

In ’n roerende Facebookpl­asing skryf Allexanne se tannie Carrie Mitchum (55) sy het Steve 32 jaar lank geken en hom aan haar broerskind voorgestel.

Die twee het glo op 26 Junie verlede jaar baklei, en Allexanne het by ’n vriend se huis gaan bly. Daar het sy medikasie geneem wat sy gedink het ’n kalmeermid­del was, maar toe ’n oordosis daarvan ingekry. Sy is ’n paar dae later in die hospitaal dood.

Volgens Carrie het Steve al voor die inperking geestelik swaargekry. Sy het eendag by hom by sy woonstel gaan kuier en sy geestesges­ondheid op dié dag beskryf.

“Ek het vir hom kruidenier­sware gevat, en ons het lank gesels. Hy het God, die hiernamaal­s, die betekenis van die lewe en alles bevraagtek­en. “Sy oë het vol trane geskiet en hy het gesê: ‘Die skuldgevoe­l.’ Ek het presies geweet wat hy bedoel.”

Lisa Bonder (54), ’n gewese beroepsten­nisspeler, is die ma van sy dogter, Kira (21). Nes Liz het sy ’n vaderskaps­tryd met Steve gehad, maar sy het ook vrede met die eiendomser­fgenaam gemaak.

Lisa, wat in die 1990’s met Steve uitgegaan het, het gesê sy en Liz het ná sy dood ure lank gesels en onderneem om saam te staan en hul kinders, albei erfgename in hul pa se boedel, te ondersteun.

“Dis ’n moeilike tyd vir die kinders,” het Lisa aan The Sun gesê. “Ek en Liz staan saam. Dis nooit maklik vir ’n kind om ’n ouer op so ’n tragiese wyse te verloor nie.”

Lisa beskryf Steve – wat ook ’n fliekverva­ardiger, politieke skenker en filantroop was – as misverstaa­n op baie maniere. Sy sê sy en haar dogter is verpletter deur sy dood, maar dankbaar dat hulle die afgelope paar jare die brûe kon herbou.

En heelwat troebel waters is onder daardie brûe. Lisa was met die casinomagn­aat Kirk Kerkorian getroud en het beweer dié is die pa van haar dogter.

Maar Kirk het getwyfel en is reg bewys toe ’n privaat speurder ’n DNS-monster in die vorm van tandevlos in Steve se vullis kry. Kira het nietemin in 2015 met Kirk se dood R150 miljoen geërf.

Hoewel Steve en Lisa nooit versoen

het nie, het hulle “besluit om saam te staan om ons dogter se onthalwe”, sê sy.

Nie sy of Liz was daarvan bewus dat Steve, wat glo met depressie gesukkel het, enige probleme gehad het nie.

“Ek kan nie kommentaar lewer oor sy geestes- of mediese toestand nie, maar ek dink ons het almal oomblikke van nadenking in ons lewe. En ek is seker sy keuses het ook maar by hom gespook.”

Die uitklaring van Steve se boedel sal nou begin, en dit lyk of dit net so ingewikkel­d soos sy lewe is. Die owerhede het bevestig hulle glo hy het homself om die lewe gebring. Maar sy dood kan nou ’n familievet­e laat herleef oor wie by sy fortuin moet baat vind.

SLINKS: In ’n Instagramp­lasing het die aktrise vertel sy’s verpletter deur die nuus van sy dood. Al is hulle nie op goeie voet uitmekaar nie, het Liz vertel sy en die pa van haar seun het onlangs weer ’n band gesmee en dat hul tyd as paartjie gelukkig was.

TEVE het in 1983 met sy 18de verjaardag sowat R700 miljoen geërf by sy oupa Leo S. Bing, ’n eiendomson­twikkelaar wat in die 1920’s in New York goud raak geboor het. Steve was toe ’n student aan die Stanford-universite­it, maar het sy studie laat vaar om ’n loopbaan in Hollywood na te jaag. Vriende sê hy het vinnig ’n gat in sy erfgeld gebrand, deels vanweë sy liefde vir die lekker lewe. Hy het in die vroeë 1990’s by die luukse Hotel Bel-Air in Los Angeles ingeteken en nege jaar lank daar gebly en miljoene dollars uitgegee.

Hy was sjarmant en vrygewig en die vroue het om hom gekloek. Hy het talle romanses aangeknoop, onder andere met die supermodel Naomi Campbell en die aktrise Sharon Stone.

Hy het ook geld geskenk vir kwessies wat hom na aan die hart lê, insluitend R340 miljoen vir ’n veldtog om oliemaatsk­appye te belas om navorsing oor alternatie­we energie te finansier.

Hy het vroeër vanjaar Elizabeth Warren se nou mislukte veldtog vir die Demokratie­se presidensi­ële benoeming gesteun.

Dis in dié stadium onduidelik of hy ’n testament agterlaat, maar dit lyk of Damian en Kira in elk geval sal erf – ingevolge Kalifornie­se wet is oorlewende kinders die natuurlike erfgename.

Maar gegewe die familieges­kiedenis kan daar ongelukkig­heid wees hieroor. Steve se pa, Peter, het in 2018 probeer om Damian en Kira te verwyder uit ’n trust wat opgestel is vir sy erfgename en in regsdokume­nte aangevoer hy beskou hulle nie as sy kleinkinde­rs nie.

“Ek het Damian of Kira nog nooit ontmoet nie, en nie een van hulle is deur Stephen as deel van sy familie grootgemaa­k nie,” het hy gesê.

Liz het ook ’n voorleggin­g aan die hof gemaak en Steve se pa beskuldig van “misplaaste woede” teenoor sy seun wat “niks met Damian te make het nie”. Ondanks haar destydse weiering van Steve se geld het sy in haar voorleggin­g gesê hy het finansieel vir Damian voorsienin­g gemaak. Die hof het verlede jaar in Steve se guns beslis en Damian en Kira is begunstigd­es van die trust.

Steve was ten spyte van sy weelderige leefstyl duidelik ’n gekwelde man. Hegte vriende vertel dit het gelyk of hy deur ’n “donker tyd” gaan voor sy dood en dat hy “vreemd” begin optree het. “Hy het dikwels vir lang tye op ’n slag verdwyn,” vertel ’n vriend aan Page Six. “Hy het nie ’n sterk verhouding met sy kinders gehad nie en hy was hartseer daaroor. Hy gaan al jare lank deur ’n donker tyd en het al gepraat oor sy stryd met sy geestesges­ondheid.”

Onder die talle huldeblyke wat ingestroom het, was een van oudpres. Bill Clinton. “Steve was ’n man met ’n groot hart, wat bereid was om enigiets te doen wat hy kon vir mense en kwessies waarin hy geglo het,” het hy gesê. “Ek hoop hy’t vrede gevind.” ■

 ??  ?? HOOFFOTO: Ná die dood van Steve Bing, die pa van haar seun, Damian, het die aktrise Liz Hurley foto’s gedeel van haar en Steve toe hulle nog ’n paartjie was. Steve het sy eie lewe geneem. BO: Liz en Damian, wat sy ma se ewebeeld is.
HOOFFOTO: Ná die dood van Steve Bing, die pa van haar seun, Damian, het die aktrise Liz Hurley foto’s gedeel van haar en Steve toe hulle nog ’n paartjie was. Steve het sy eie lewe geneem. BO: Liz en Damian, wat sy ma se ewebeeld is.
 ??  ?? NICI DE WET
NICI DE WET
 ??  ?? Die voormalige beroepsten­nisspeler Lisa Bonder by haar en Steve se dogter, Kira.
BRONNE: BBC.COM, DAILYMAIL.CO.UK, NEWS.COM.AU, STANDARD.CO.UK
Die voormalige beroepsten­nisspeler Lisa Bonder by haar en Steve se dogter, Kira. BRONNE: BBC.COM, DAILYMAIL.CO.UK, NEWS.COM.AU, STANDARD.CO.UK
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa