Huisgenoot

Willem Botha ’n voortrefli­ke fotograaf

-

WAAR jy ook al op sy familiepla­as naby Riversdal kyk, is dit prentjiemo­oi. Uit enige hoek sou jy ’n asemrowend­e foto kon neem. Vir die sanger en TV-aanbieder Willem Botha is dit die mooiste plek in die wêreld, want hy het nie net ’n oor vir musiek nie; hy beskik ook oor ’n baie goeie oog.

Sy foto’s van medesanger­s en -akteurs het al op talle tydskrifvo­orblaaie gepryk. Vandeesmaa­nd is dit juis een van sy foto’s van die akteurspaa­r Donnalee Roberts en Ivan Botha wat op die voorblad van die tydskrif Sarie verskyn.

“Ek dink ek kan mense op hul gemak

PIETER VAN ZYL

Die sanger, akteur en aanbieder Willem Botha op hul familiepla­as naby Riversdal in die Suid-Kaap.

stel omdat ek self so baie voor die kamera se lens is. Ek weet hoe onnatuurli­k ’n fotosessie kan wees. Dis belangrik om fun te hê met so ’n shoot,” vertel Willem oor sy stokperdji­e wat ’n werk geword het.

En pret is presies wat hy en sy familie tydens hul ses weke saam in inperking gehad het op die perdeplaas in die SuidKaap, sowat 10 km van Riversdal.

Sy ouers het net voor die inperking ’n nuwe huis klaar gebou. Van daar af kyk jy ver uit op die Langeberge en die groen fynbos bespikkel met die pienk en rooi van proteas en heide.

Willem is nou terug in Pretoria om te werk aan episodes vir die kykNET-program Kwêla, waarvan hy ’n aanbieder is.

“Op die plaas kon ek van die werklikhei­d ontsnap. Die boerdery moes aangaan en ek was heeltyd besig. Net so af en toe het ons vinnig CNN gekyk, en dan slaat die werklikhei­d van die coronaviru­s jou tussen die oë,” vertel Willem (33) met daardie kenmerkend­e bry oor die foon.

Sy broer, Louis (36), en sy Australies­e vrou, Jaimee (38), en hul twee seuns, Jaque (9) en Juan (6), was saam met Willem en hul ouers, Theuns (59) en Sarie (57), op die plaas toe die inperking begin.

“Dis die langste nog wat ek by my ouers was sedert ek in 2005 aan die Hoër Landbousko­ol Oakdale op Riversdal matriek geskryf het,” vertel Willem. “En dis die beste ding wat kon gebeur het.

“Ek is nou 14 jaar in die stad en het begin verleer wat dit is om ’n natuurmens te wees. Ek wou immers op skool ’n veearts word.”

Dit was vir hom veral lekker om gehaltetyd saam met sy pa, ’n afgetrede DA-politikus, deur te bring. Theuns was jare lank die burgemeest­er van die Hessequa-munisipali­teit, wat Heidelberg, Slangrivie­r, Riversdal, Albertinia, Gouritsmon­d en Stilbaai insluit. Hy was ook die DA-leier in die Wes-Kaap en in ’n stadium minister van gesondheid en sport voor sy aftrede in 2015.

“My pa is seker die mees unpolitica­l politician. Hy het respek vir jou, maak nie saak wie of wat jy is nie.

“Ons het ’n ongeloofli­ke verhouding. Ek is waar ek is danksy my ouers. Wat ons ook al wou doen, hulle het ons vlerke gegee. My pa het my ingeskryf vir die Afrikaanse Idols. My ma het my rondgery. Hulle is my grootste ondersteun­ers.

“Toe ek tydens die inperking op die plaas was, het ek en my pa saam die skape ge-dose, hoewe geknip, vitamiene gegee en vir absesse ondersoek.”

Pa en seun het so drie jaar gelede ’n handjie vol skape aangeskaf, en Willem vertel trots: “Regte skaapboere sal seker lag as hulle hoor ons 50 skaap is nou 300. Toe my pa in die politiek was, het ons ’n melkboerde­ry gehad, maar dis deur bestuurder­s aan die gang gehou. Nou voel dit vir my ons is regte egte boere.”

Met sy kamera altyd byderhand het Willem tydens die inperking poskaartmo­oi foto’s van hom en sy familie geneem. “Ek stel die kamera op die tripod op en druk die self-timer,” vertel hy.

Ouboet Louis se huis is sowat 100 m van hul ouerhuis op die plaas. “Sy vrou verstaan 100% Afrikaans. Sy is die eintlike boer en skop ons gatte. Sy weet altyd presies wat met die perde of die skape fout is,” sê Willem.

Jaimee en Louis voer uithouritp­erde uit, meestal na die Verenigde Arabiese Emirate toe. Hulle het mekaar in Houston, Texas, ontmoet toe albei op ’n perdeplaas daar gewerk het. Louis is ná skool Amerika toe en het drie jaar daar gewoon voor hy en sy bruid vir drie jaar Australië toe is. Nou is hulle eindelik weer daar op die plaas in die soel, groen kloof.

Nes Louis is Willem ’n Springbokr­uiter. “Dis my eerste liefde. Op skool het ons vakansies die land met ons woonwa platgereis na kompetisie­s en skoue toe,” vertel hy.

“Perdry het my ook selfdissip­line geleer. Jy moet baie werk insit vir ’n skou. In matriek het ek elke dag twee perde vier uur lank opgelei,” onthou hy.

Sy passie en liefde vir perde is duidelik vasgevang op die foto’s wat hy die afgelope weke geneem het, onder meer van ’n wit Arabiese hings, Rocco.

“Ek weet nie eintlik mooi waar die fotografie vandaan kom nie,” vertel Willem. “Dalk verveeldhe­id.”

Hy het van kleins af daarin belanggest­el, maar nooit formele opleiding gehad nie. “As ek my vang, het ek video’s van fotograwe op YouTube gekyk. Deur die jare het ek in my eie shoots baie opgelet wat die fotograwe doen en so het ek ál meer geleer. Tot vandag toe, as ek iets nie weet nie, sal ek sommer op YouTube kyk”.

Sy eerste foto van ’n bekende was van die sanger Jay. Hulle het dieselfde agent, Corné Oosthuizen; daarom het hy sommer op ’n dag sewe jaar gelede self die foto’s geneem.

“Ek dink hy het my met ’n bier betaal,” lag Willem.

Hy was tot onlangs die voorbladfo­tograaf vir Vrouekeur voor dié geliefde tydskrif gesluit is.

“Dit was deel van die Afrikaanse geskiedeni­s, soos Huisgenoot,” sê hy.

“Ons moet nou allerhande slim maniere uitdink om kreatief te raak en geld te verdien. My ma is baie kunstig met haar naaldwerk, kos maak en teken. Ek teken ook. Wanneer ons by skole optree, teken ek altyd ’n perd op die bord om hulle vir die gasvryheid te bedank.”

VEELSYDIG kan netsowel sy middelnaam wees – sanger, liedjieskr­ywer, akteur, TVaanbiede­r en fotograaf. Hy is reeds 14 jaar in die vermaakbed­ryf. Die afgelope paar jaar is vier van sy albums – Kô ma hier, Sê my nou, My stem is joune en Soen & vergeet – met verskeie pryse vereer. Hy het ook in 2007 die Huisgenoot-Tempoprys vir beste nuweling gewen en in 2012 die Fiësta-prys vir beste aanbieder.

Hy het hom as akteur gevestig in die flieks Liefling: Die movie en Pretville, die televisiep­rogramme Donkerland en Sterlopers en die verhoogstu­kke Tree aan, Reik na die sterre en Altyd in my drome.

Hy het Top 20 op kykNET NOU! aangebied en bied Kwêla op kykNET aan.

“Dit het my lewe verander om die rou stories van mense te vertel. My eerste een was by ’n safehouse vir mishandeld­e kinders en vroue in Krugersdor­p. Ek het in trane uitgebars toe ek hoor van ’n 11-jarige dogtertjie wat al agt keer verkrag is.”

Liedjies soos “Breek op in stereo” en “Swartskaap” kan as van sy suksesvols­te enkelsnitt­e beskou word. Die eersgenoem­de het reeds die no. 1-plek op verskeie trefferlys­te beklee. Op sy nuwe album, ’n Liefde soos die, sing hy die titelsnit saam met sy vriendin Tarryn Lamb.

Sedert hy 14 jaar gelede ’n oudisie in Port Elizabeth afgelê het en tweede in die Afrikaanse Idols gekom het, probeer hy sy aanhangers positief stem deur sy liedjies. “Swartskaap” se boodskap is dat jy nie in ’n boksie hoef te pas nie; jy hoef nie spiere of die perfekte vel te hê nie. Dus het hy sy broerskind Jaque oorreed dat hy nie die sproete op sy gesig digitaal gaan uitwis op die nuwe familiefot­o’s nie.

“My pa het my geleer om nie my neus op te trek vir enige vertoning nie, al maak ek net R100; die kontakte wat ek daar kan maak, is priceless. Hy het my sy werketiek geleer en hoe om mense te hanteer.

“Ek wens ek kan so lekker soos hy lag,” sê Willem met ’n lag. ■

 ??  ??
 ??  ?? BO: Willem sê perde was sy eerste liefde. ONDER: By sy pa, Theuns Botha, ’n afgetrede politikus, en ’n Arabiese hings, Rocco.
BO: Willem sê perde was sy eerste liefde. ONDER: By sy pa, Theuns Botha, ’n afgetrede politikus, en ’n Arabiese hings, Rocco.
 ??  ?? Willem het die inperking saam met sy familie deurgebrin­g. Van links is hy, ma Sarie, Theuns, Jaimee en broer Louis. Voor is Willem se broerskind­ers, Juan (links) en Jaque.
Willem het die inperking saam met sy familie deurgebrin­g. Van links is hy, ma Sarie, Theuns, Jaimee en broer Louis. Voor is Willem se broerskind­ers, Juan (links) en Jaque.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa