Huisgenoot

Local Is Lekker

- Saamgestel deur

Die jong akteurs El-Kody Langeveldt (9) en Zoey Volkwyn (10) is sedert Mei in die sepie 7de Laan te sien as die tweeling Eddie en Vee Peterson. Al is albei leerders aan die Laerskool Wonderboom in Pretoria – El-Kody is in gr. 3 en Zoey in gr. 5 – het hulle mekaar die eerste keer op die stel ontmoet. “Ons is nou baie goeie maatjies en bring soveel tyd moontlik saam deur. Hy is die broertjie wat ek graag

MEER OOR ZOEY

■ Sy is in George in die Wes-Kaap gebore en is deesdae ’n Pretoriane­r.

■ Haar rol as Vee is haar eerste TV-rol. ■ Dit was vir haar moeilik om tydens die inperking terug te keer stel toe. “Veral die social distancing, want ek hou van drukkies uitdeel. En ons moes maskers dra en gereeld handjies sanitize.” wou hê,” vertel Zoey. “Ons is amper soos regte boetie en sussie, die stryery ingesluit,” laat El-Kody hoor.

Dis nie die eerste keer dat El-Kody in Hillside ’n draai maak nie. Hy het in Desember 2017 vlugtig in die sepie verskyn as die jonger weergawe van Justin (Dann-Jaques Mouton). Dié keer hoop hy dat hy langer in die Laan kan kuier.

MEER OOR EL-KODY

■ Hy is op die Oos-Kaapse dorp Fort Beaufort gebore, maar woon nou in Pretoria. ■ El-Kody hou van skaatsplan­ktoertjies doen. “My ouers is nie baie ingenome daarmee nie, maar dis óf dit óf met slange teel,” vertel hy.

■ Hy skiet ook tans aan ’n nuwe M-Netreeks, Labour of Love.

El-Kody se ouboet, Jiphtael Langeveldt (14), is ook ’n 7de Laner. Hy speel Vince se seun, Christophe­r. “Ek is baie opgewonde daaroor om in my boetie se voetspore te volg. Ek leer baie by hom,” sê ElKody.

JODY-LYNN TAYLOR

 ??  ?? BO: Vince (Jacques Blignaut) en Aggie (Nobuhle Mimi Mahlasela) het onlangs die tweeling ingeneem.
REGS: El-Kody is mal oor sy TV-ma, Ivy (Nazli George), en broer, Romeo (Clint Aplon). “Ons voel soos ’n regte familie,” sê hy.
BO: Vince (Jacques Blignaut) en Aggie (Nobuhle Mimi Mahlasela) het onlangs die tweeling ingeneem. REGS: El-Kody is mal oor sy TV-ma, Ivy (Nazli George), en broer, Romeo (Clint Aplon). “Ons voel soos ’n regte familie,” sê hy.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa