Huisgenoot

Die plaaslike gruwelflie­k 8 sal jou op die punt van jou stoel hou

- Deur ABBY-GENE BISSOLATI

Waaroor gaan dit?

Plaaslike produksies soos die trefferree­ks Blood & Water maak nou opgang op Netflix. En dié Suid-Afrikaanse gruwelflie­k is geen uitsonderi­ng nie. Die fliek speel in 1977 af en gaan oor die gebroke lewens van die Ziel-gesin, hul aangenome dogter en die bose Lazarus.

William Ziel (Garth Breytenbac­h) en sy gesin trek na ’n plaas buite die fiktiewe dorpie Hemel Op Aarde. William het dié plaas ná sy pa se dood geërf.

Sy vrou, Sarah (Inge Beckmann), hou egter niks van die idee van die plaas nie, en nadat hulle daar ingetrek het, begin sy nagmerries kry. Om alles te kroon gebeur baie vreemde dinge in die huis . . .

Die paartjie het William se susterskin­d, Mary (Keita Luna), ná haar ouers se dood ingeneem. Toe Mary eendag in die bos na kos vir haar sywurms gaan soek, kruis haar pad met dié van Lazarus (Tshamano Sebe). Lazarus ken die plaas en het jare lank vir William se pa gewerk. Hy stel homself aan die nuwe inwoners voor, maar sy bedoelings is beslis nie goed nie. En wat in die sak op sy rug weggesteek is, sal jou koue rillings gee . . .

Is dit goed?

Die rolprent bevat al die elemente van ’n goeie gruwelflie­k. Een daarvan is die grilfaktor, want jy weet nie wat volgende kom of wanneer

Lazarus en die sak op sy rug gaan toeslaan nie.

Die produksie is indrukwekk­end en maak ’n mens trots dat ’n fliek van sulke hoë gehalte Suid-Afrikaans is.

Wees gewaarsku: 8 gaan jou op die punt van jou stoel hou. Dis beslis die kyk werd.

2020. 98 MIN. 16. NETFLIX

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Inge Beckmann is in die gruwelflie­k 8 te sien as Sarah, in wie se huis vreemde dinge gebeur. REGS BO: Keita Luna as Mary, ’n natuurlief­hebber wie se pad met dié van Lazarus (Tshamano Sebe) kruis. REGS: Lazarus beplan op wie hy volgende gaan toesak.
HOOFFOTO: Inge Beckmann is in die gruwelflie­k 8 te sien as Sarah, in wie se huis vreemde dinge gebeur. REGS BO: Keita Luna as Mary, ’n natuurlief­hebber wie se pad met dié van Lazarus (Tshamano Sebe) kruis. REGS: Lazarus beplan op wie hy volgende gaan toesak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa