Huisgenoot

Als oor die nuwe seisoen van Spoorloos

Dié reeks is terug met ’n nuwe storielyn én karakters. Hier is als wat jy moet weet

- Deur LARA ATSON

1 Die eerste seisoen van die kykNETdram­areeks Spoorloos het kykers omtrént laat kopkrap en naels kou. ’n Reeksmoord­enaar het die Oos-Kaapse dorpie Digtersdal die skrik op die lyf gejaag en inwoners was op hol oor kinders wat spoorloos verdwyn.

Die tweede seisoen, wat eersdaags op die kassie begin, spog met splinternu­we karakters en ’n nuwe storielyn.

Die akteur Andahr Cotton, wat as die rebelse laatlammet­jie en musikant Jacques in Netwerk24 se eerste blitssepie, Die testament, te sien was, staan nou sentraal in die drama.

2

Andahr vertolk die hoofrol van Adam Prinsloo, wat op die aand van sy matriekafs­keid in ’n ongeluk betrokke is. Hy skrik eers 18 maande later uit ’n koma wakker. Sy metgesel in die ongeluk is dood, maar hy kan niks daarvan onthou nie.

“Sy geheue is spoorloos,” sê die oud-7de Laner Christo Davids, wat agter die skerms deel was van die tweede seisoen se skryfspan. “Hy weet nie wat gebeur het nie. Om agter die kap van die byl te kom, gaan hy op ’n soektog na sy dorp.”

Maar nie almal is ewe gelukkig oor Adam se ontwaking nie . . . 3

Nes die vorige seisoen speel die jongste een ook af op ’n fiktiewe dorpie, dié keer Buffelsdri­f. Daar is weer ’n verdwyning én ’n raaisel wat opgelos moet word.

“Die reeks speel af in vandag se tyd,” vertel Christo. Vier jaar speel af in 10 episodes. “Ons het die reeks van einde Februarie verfilm. Ons het toe op ’n break gegaan vir lockdown en ons het hom ’n bietjie meer as ’n maand gelede klaargeski­et in Johannesbu­rg en omgewing.”

4

Die bekroonde Ilse van Hemert sit weer in die regisseurs­toel. Sy is ook die hoofskrywe­r van die reeks. Christo, wat ons as Errol in die sepie 7de Laan ken en ’n teaterregi­sseur is, is die assistenth­oofskrywer en mederegiss­eur. “Ek is deel van Ochre Moving Pictures, wat die reeks vervaardig. Ilse, die skepper van die reeks, het my ’n jaar en ’n half gelede genader en genooi om aan die reeks te werk.” Die Elke skewe pot-aktrise Marisa Drummond is ook deel van die skryfspan.

5

Talle bekende gesigte is in die reeks te sien. Gérard Rudolf, wat verlede jaar as die konsultant Pierre Marais in die sepie Suidooster te sien was, speel Adam se pa, die regter Frans Prinsloo.

Die Egoli-ster Philip Moolman speel die lodge-eienaar Gawie, sy vrou, Liesl, word deur Hanli Rolfes vertolk en die aktrise

Elma Postma speel Isabel, die ma van Adam se eksmeisie.

6

Die aktrise Lee Visagie, bekend vir haar rol as Anja Lategan in die SABC3-sepie Isidingo, speel Adam se fisioterap­eut en liefdesbel­angstellin­g, Christa. “Sy is die meisie wat haar hart verloor op die man wat sy help gesond maak,” vertel Christo.

7

En hoekom juis die titel Heksejag? “’n Heksejag is gewoonlik waar mense verkeerde mense jag. Dis mos wanneer almal op hol gaan om die verkeerde redes,” vertel Christo. “In dié situasie of verhaal is dit die dorp se siening oor party mense daar. En of hulle reg of verkeerd is. Die heksejag beteken nie daar is hekse nie. Dis die literal meaning.”

8

Die reeks volg die styl van oorsese programme soos die gruwelreek­s American Horror Story, waar elke seisoen ’n ander storielyn en karakters het.

9

Spoorloos se jongste seisoen gaan kykers boei.

“Wat vir my uitgestaan het as een van die mense wat aan die reeks gewerk het, was dat selfs ék later nie meer seker was wie wat gedoen het nie,” sê Christo. “Ek was self in suspense terwyl ons aan die reeks gewerk het.”

10

Hope drama en spanning wag op kykers. Daar is reeds planne vir ’n derde seisoen, bevestig Christo. ■

BEGIN OP DINSDAG 14 JULIE OM 20:00 OP KYKNET.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die akteur Gérard Rudolf speel Andahr se pa in die reeks. REGS: Johan Baird is te sien as dr. Geoff Lombaard. HEEL REGS: Lee as Adam se fisioterap­eut en liefdesbel­angstellin­g, Christa.
LINKS: Die akteur Gérard Rudolf speel Andahr se pa in die reeks. REGS: Johan Baird is te sien as dr. Geoff Lombaard. HEEL REGS: Lee as Adam se fisioterap­eut en liefdesbel­angstellin­g, Christa.
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO en LINKS: Die akteur Andahr Cotton vertolk die hoofrol in die nuwe seisoen van Spoorloos. Hy speel Adam Prinsloo, wat op die aand van sy matriekafs­keid in ’n ongeluk betrokke is. Adam skrik 18 maande later uit ’n koma wakker, maar hy kan niks van die aand se gebeure onthou nie.
LINKS: Elma Postma (pinks) en Lee Visagie, wat ma en dogter in die sepie Isidingo gespeel het, is ook deel van die rolverdeli­ng. ONDER: Philip Moolman en Hanli Rolfes is van die bekende gesigte wat in die reeks te sien is. Die twee speel ’n egpaar.
HOOFFOTO en LINKS: Die akteur Andahr Cotton vertolk die hoofrol in die nuwe seisoen van Spoorloos. Hy speel Adam Prinsloo, wat op die aand van sy matriekafs­keid in ’n ongeluk betrokke is. Adam skrik 18 maande later uit ’n koma wakker, maar hy kan niks van die aand se gebeure onthou nie. LINKS: Elma Postma (pinks) en Lee Visagie, wat ma en dogter in die sepie Isidingo gespeel het, is ook deel van die rolverdeli­ng. ONDER: Philip Moolman en Hanli Rolfes is van die bekende gesigte wat in die reeks te sien is. Die twee speel ’n egpaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa