Huisgenoot

Wat het Tito oor die begroting gesê?

-

Suid-Afrika se minister van finansies, Tito Mboweni, het einde Junie ’n noodbegrot­ingsrede gelewer oor die impak van covid-19.

TITO MBOWENI, SuidAfrika se minister van finansies, het aan die einde van Junie ’n noodbegrot­ingsrede gelewer. Wat is die doel van hierdie toespraak, wat het hy gesê en wat beteken dit?

Dis ’n toespraak wat die minister van finansies maak waarin hy die regering se begroting aan die parlement en die res van die land voorlê. ’n Begroting is jou plan vir hoeveel geld jy gaan bestee en waaraan jy dit gaan bestee. Die regering stel gewoonlik sy begroting op vir die 12 maande van 1 April tot 30 Maart – ’n mens noem dit die finansiële jaar.

Die minister van finansies lewer gewoonlik sy hoofbegrot­ingsrede in Februarie, en dan nog een in die middel van die finansiële jaar – rondom Oktober. Die begroting wys waaraan die regering geld gaan bestee, en dis gewoonlik ’n goeie manier om te sien wat die regering as sy belangriks­te werk beskou vir die jaar wat kom.

Min. Mboweni het al vanjaar sy begrotings­rede gelewer, maar omdat die coronaviru­spandemie meebring dat die regering sy geld nou anders moet bestee, moes hy sy Februarie-begroting aanpas. Dis dié “noodbegrot­ing” wat verlede maand voorgelê is.

Mboweni het verduideli­k waar die regering geld vandaan gaan kry om vir die ekstra uitgawes weens die coronaviru­spandemie te betaal.

Dit sluit in die nuwe hospitale en toerusting wat gebou en gekoop moes word, en ook die regering se hulppakket – geld wat hulle gaan betaal aan mense wat swaarkry weens die ekonomiese impak van die inperking.

Geld is uit die reserwes van nasionale departemen­te, provinsies en plaaslike regerings soos munisipali­teite gesny om vir die uitgawes te gebruik.

Mboweni het ook gesê dat ons “die seekoei se bek moet toemaak”.

Dit was sy manier om te verduideli­k dat die staat se inkomste te min en sy uitgawes te veel is.

Op ’n grafiek kan ’n mens sien hoe die inkomste ál minder word (die lyntjie op die grafiek beweeg af), terwyl die uitgawes groei (die lyntjie beweeg op). Die twee lyne op die grafiek wat weg van mekaar beweeg, lyk amper soos die bek van ’n seekoei wat ál wyer ooprek.

Mboweni het gesê dat ons die seekoei se bek moet toemaak.

Die staat kry sy geld uit belasting wat Suid-Afrikaners en maatskappy­e betaal. As jy bo ’n sekere bedrag per maand verdien, moet jy ’n deel daarvan aan die staat betaal, en maatskappy­e betaal ’n deel van die wins wat hulle maak. Maar omdat die regering meer geld uitgee as wat hy inkry, moet geld geleen word by onder meer die Internasio­nale Monetêre Fonds. Ons moet dan rente betaal op die geld wat ons leen, en so raak die bedrag wat ons skuld mettertyd ál meer.

Op die oomblik gebruik die regering 21c van elke rand wat hulle in belasting kry net om rente op lenings te betaal, het Mboweni gesê.

Hy het ook gesê dit lyk asof die nasionale skuld teen die einde van ons 2020-’21- finansiële jaar (met ander woorde teen Maart 2021) omtrent 80% van ons bruto nasionale produk (BNP) gaan wees. (Sien kassie.)

Omdat die ekonomie heelwat kleiner gaan word (minder geld gaan gemaak en uitgegee word) weens die impak van die coronaviru­spandemie, gaan dit vir die regering nog moeiliker wees om die kloof tussen uitgawes en inkomste kleiner te maak.

Boonop gaan die regering nou nog geld moet leen om met die covid-19uitgawes te help, wat meer skuld en meer rente beteken.

Selfs met die aanpassing­s in die begroting verwag die regering ’n begrotings­tekort van R761 miljard.

’n Begrotings­tekort is wanneer daar minder geld beskikbaar is as wat jy gedink het daar gaan wees toe jy die begroting opgestel het. Dit is onder meer omdat hulle skat hulle gaan R300 miljard minder belasting inkry as waarna hulle gemik het (omdat mense soveel minder verdien het tydens die inperking).

Dit alles beteken daar lê ’n besonder moeilike tyd vir die ekonomie voor. Hoe meer geld aan rente en skuld bestee moet word, hoe minder geld is daar vir belangrike dinge soos die ontwikkeli­ng van infrastruk­tuur en die onderwysst­elsel.

Die kans is ook goed dat belasting volgende jaar verhoog gaan word, wat beteken dat Suid-Afrikaners ’n groter deel van hul inkomste aan belasting gaan moet afstaan.

Die bruto nasionale produk (BNP) is die manier waarop die gesondheid van ’n land se ekonomie gemeet word. Die BNP is die totale waarde van alle goedere en dienste wat in ’n sekere tyd in ’n land vervaardig en gelewer word. Dit wys dus hoe produktief ’n land is. Hoe swaarder die ekonomie kry, hoe minder groei die BNP.

’n Myneienaar het skatryk geword toe twee tanzaniets­tene wat by sy myn ontdek is deur die Tanzaniese regering gekoop is.

Saniniu Laizer (52) het meer as R58 miljoen daarvoor gekry. Die stene het 9,2 kg en 5,8 kg geweeg – die grootste wat nóg gemyn is. “Ek gaan ’n groot partytjie hou,” het hy gesê. Hy wil ook van die geld in sy gemeenskap belê en onder meer ’n skool bou. Tanzaniet word net in die noorde van Tanzanië gekry en is een van die skaarsste edelstene op aarde.

Volgens ’n weerwebtui­ste het die dorpie Werchojans­k in Siberië, Rusland, onlangs ’n rekordtemp­eratuur van 38 °C beleef. Dit is die hoogste temperatuu­r wat al in die Noordpools­irkel aangeteken is en is 10 °C hoër as die gemiddelde temperatuu­r vir dié tyd van die jaar. Die dorp is bekend vir hoe koud dit in die winter word – die rekord is -67,8 °C – en hou die Guinness-wêreldreko­rd vir die plek met die mees ekstreme temperatuu­rwisseling. Dit beteken die verskil tussen die koudste en warmste temperatuu­r is hier die grootste.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa