Huisgenoot

‘EK HOOP SY SAL GELUKKIG LEWE’

Nicolette Lotter is vry ná 12 jaar tronkstraf weens die moord op haar ouers in 2008. Haar broer is reeds vrygelaat. Die “meesterbre­in” is nog agter tralies

-

As ek dink hoe lief ek my ma gehad

het. Hoe doen ’n mens so iets? Hoe kom die gedagte in jou kop? Ek wil nie oordeel nie, maar sy moet met haar gewete saamleef; dit kan nie lekker wees nie. ROSALINE

Jy het jou straf uitgedien en nou het jy ’n tweede kans in die

lewe gekry. Gebruik dit wys en dink mooi oor enige besluite wat jy gaan maak. Want elke slegte besluit het gevolge. Mag dit met jou goed gaan. NIKITA

Sterkte met jou vryheid en ek hoop jy loop voortaan ’n

reguit pad. Moenie weer swak keuses maak nie. Jy het jou straf uitgedien. Dis net julle twee wat nou met jul gewete moet saamleef. LEVINE

Almal oordeel haar

so maklik. Ek hoop en bid dat so iets nie ook eendag oor jul pad sal kom nie. Onthou maar net dat niemand van ons gevrywaar is van die slegte dinge in hierdie lewe nie. TINA

Prins Harry glo “vol skuldgevoe­lens” omdat hy die koningshui­s verlaat het

As koninklike is dit nie maklik om nét Harry te wees nie. Jy moes jou nie laat lei het deur jou vrou wat ’n ander lewe gehad het nie. Dit is nie Meghan wat moes compromise nie. JEANNE

Harry, jy is die hoof van jou huis; doen wat vir jou die beste

werk. Jy’t jou ma vroeg verloor en jou ouma en oupa is baie belangrik vir jou. Wees meer betrokke by hulle. LINDA

Gierigheid en gulsigheid. Wie ook al die skema bedink en begin het, lag die hele pad bank toe vir die geldgierig­es wat glo dat geld net uit die hemel val of aan bome groei. ELMA

Herrie oor Crowd1 en die bekendes wat daarby betrokke is, kring uit

Aan die voormalige Blou Bul-rugbyspele­r Jacques Potgieter: Jy is uiters naïef oor Crowd1, en dit is maar net omdat jy aanvanklik geld daaruit gekry het in ruil vir jou “belegging”. ROEDS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa