Huisgenoot

BEESVLEIS-EN-KOOLSOP

-

BYKOS: GESPESERYD­E TORTILLA-DRIEHOEKE (sien resep op bl. 31) LEWER 2,5 L (10 X 250 ML) BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 2 UUR

20 ml (4 t) olyfolie

2 uie, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 kg stowebeesv­leis (met bene) sout en vars gemaalde swartpeper

1,5 L (6 k) groenteaft­reksel 3 selderysti­ngels, gekap 5 ml (1 t) rooipeper

2 x 410 g-blikke gekapte tamaties

100 g tamatiepas­ta

30 ml (2 e) suiker

1 klein witkool, fyngesnipp­er ’n hand vol vars basilie, gekap

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die uie en knoffel by en roerbraai tot die uie deurskynen­d is. 2 Voeg die beesvleiss­tukke by, geur met sout en peper en braai tot die vleis verbruin is. Giet 4 k van die aftreksel by, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 1 uur 30 min. of tot die vleis sag is oor lae hitte. Voeg kookwater by as die sop te vinnig verminder.

3 Voeg die seldery, rooipeper, gekapte tamaties en tamatiepas­ta by en meng goed.

4 Giet die oorblywend­e aftreksel by, voeg die suiker by, geur met sout en peper en bring tot kookpunt.

5 Roer die kool in en laat prut 20 min. tot die kool versag. Voeg die basilie by. Sit voor saam met gespeseryd­e tortilladr­iehoeke.

Bêre enige oorskiet in porsies in ’n lugdigte houer in die yskas vir tot vyf dae en in die vrieskas vir tot drie maande.

(sien resep op bl. 30) LEWER 1,5 L (6 X 250 ML) BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 35-40 MIN.

10 ml (2 t) olyfolie

1 groot ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 2 lourierbla­re

250 ml (1 k) groenteaft­reksel

3 x 410 g-blikke kekerertji­es skil van 1 suurlemoen en sap van ½ suurlemoen

2,5 ml (½ t) elk fyn komyn en rooipeper sout en vars gemaalde swartpeper

VIR VOORSIT vars koljander, gekap

15 ml (1 e) geroosterd­e sesamsaad

Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui, knoffel en lourierbla­re tot die ui goudbruin is. Giet die afreksel by en laat kook terwyl jy die aanpaksel op die bodem

Voeg nog aftreksel by indien nodig of as die sop te dik is.

 ??  ?? k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s)
k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s)
 ??  ?? 1 2 3 4 5
Vir voorsit
1 2 3 4 5 Vir voorsit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa