Huisgenoot

KIL PA BEKOMMER MA

-

Is dit normaal vir ’n man om in die eerste ses maande niks vir sy baba te voel nie?

Ons betoon nie almal liefde op dieselfde manier nie. Wanneer daar skielik ’n kleinding is, kan dit ’n uitdaging wees vir mense wie se liefdestaa­l van ons s’n verskil. Al wys hy dalk nie met drukkies, soentjies en speeltyd hy is gaande oor die kind nie, is dit nie te sê dat liefde ontbreek nie.

Talle mense weet nie hoe om met babas ’n band te smee nie en kom eerder later wanneer hulle kleuters of selfs tieners is goed met hulle oor die weg. Pleks daarvan om die aanname te maak dat hy nie vir jul baba lief is nie, kyk eerder hoe jy sy liefdestaa­l kan verstaan en dit help ontwikkel.

Moenie wag dat hy jou help nie. Dikwels voel nuwe pa’s uitgesluit, en ’n aangeleerd­e hulpeloosh­eid kan sake vererger. Leer hom hoe om ’n baba vas te hou. Jy sal verbaas wees hoeveel mense bang is hulle sal ’n baba laat val. Help hom veral om die baba se roetine te verstaan.

Moenie toelaat dat hy die idee kry die baba verkies jou bo hom nie. Ignoreer die baba se buitjies en trane as hy haar vashou en moenie haar elke keer uit sy arms neem nie. Maak seker jy fokus nie net op jul baba nie, maar ook op jou verhouding met jou man. Anders kan hy hom van jul verhouding begin onttrek.

Moenie van jouself ’n enkelma in jou eie huis maak nie.

’n Positiewe ma wat gereeld ’n baba vir ’n pappa gee om vas te hou en pret vir julle saam as ’n gesin skep, sal minder moeg en gefrustree­rd voel.

‘Vra jouself af of jy ander ten koste van jouself tevrede probeer hou’

 ??  ?? R, SMS
R, SMS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa