Wat as Anton nie die vlug oorleef het nie? Het ek hom nou finaal verloor?
dit. Dis steeds geskeduleer vir 09:35.
Ek gaan soek ’n sitplek waar ek kan wag toe ek meteens hoor hoe die mense onrustig raak. Ek loer vlugtig na die bord en sien die vlug se skedule het verander. Dit word nou as vertraag aangedui.
Ek luister aandagtig vir nog aankondigings. 09:35 kom en gaan. Om 10:00 verander die vlugstatus na “Contact Desk”. Dit kan mos nie wees nie! Rondom my begin mense huil, en ek troos waar ek kan.
Daarna stap ek na die Air France-toonbank, waar baie mense reeds in ’n tou staan en wag om te hoor wat gebeur het en hoekom ons na die toonbank moet gaan. Werkers van die lugredery nader ons met tweerigtingradio’s en lyste met name van passasiers wat aan boord van vlug AF820 was.
Nadat ons almal na ’n vertrek geneem is, word ons meegedeel vlug AF820 was in ’n ongeluk betrokke. ’n Ander vliegtuig van Air Cozaid het tydens die landingsproses in vlug AF820 vasgery en in stukke opgebreek. Dit gaan ’n tydjie neem om al die passasiers hier te kry, hoor ons, en al die noodeenhede is reeds op pad na die ongeluk.
Dit kan mos nie wees nie, dink ek. Ons word gevra om geduldig te wees, waarna ons ingelig word oor die prosedure wat gaan volg: Daar sal twee vertrekke wees – een waar passasiers se bagasie afgehaal kan word en een waar ons die passasiers wat minder ernstige beserings opgedoen het, kan kry.
In albei vertrekke sal passasiers se identiteit en kontaknommers verstrek moet word, asook hul verbintenis aan ons.
Die passasiers wat ernstige beserings opgedoen het, sowel as dié wat gesterf het, se naasbestaandes sal per SMS in kennis gestel word om na die verskillende fasiliteite te gaan, waarop ’n adres sal volg.
EK SKAKEL die eerste keer sedert my vakansie begin het weer my foon aan. Ek moet Anton se ouers laat weet van die ongeluk en hulle op die hoogte hou van die verwikkelings. My foon gaan die hele tyd af van al die boodskappe wat op al die verskillende sosiale platforms inkom.
Een van die 301 boodskappe en 163 gemiste oproepe wat ingekom het, was van
Anton wat sê om hom te laat weet sodra hy my kan bel. Ek besluit daarteen omdat sy foon nou af sal wees.
In die vertrek waar ons die bagasie moet gaan afhaal, gee ek Anton du Bois se gegewens. Sy naam word afgemerk en ek word ingelaat.
Net ’n klein tassie met ’n bekende baadjie vol bloedkolle lê by die bordjie van sitplek A32.
Ek probeer die ontstellende gedagtes wat by my opkom, wegstoot. Wat as Anton nie die vlug oorleef het nie? Het ek hom nou finaal verloor?
Ek tel die baadjie op, druk dit teen my vas en ruik Anton se Eros Versace-mansparfuum. Nadat ek deur sy sakke gegaan het vir waardevolle besittings, kry ek sy paspoort en vliegtuigkaartjie, netjies opgevou, en ’n koevert van die motor wat hy in Londen gehuur het.
Met die oopmaak van die koevert sien ek die brief . Boaan is ’n hartjie geteken en in ’n bekende handskrif staan daar: “My liefste Ally, ek het hierdie briefie al soveel keer oor en oor geskryf en weer verander en dan weer begin. Ek wil eintlik net vir jou sê ek is jammer dat ek so ongevoelig was om te kan dink my beroep en studie kan meer vooruitsigte bring as ’n lewe saam met jou. Ek het in die afgelope 18 dae soveel e-posse en boodskappe na jou gestuur, maar niks het by jou uitgekom nie. Dis toe dat ek jou praktyk gekontak het, en hulle het my jou besonderhede in Parys gegee. Ek is jammer dat ek so selfsugtig was. Sal jy my asseblief vergewe? Ek kan nie sonder jou lewe nie.”
En dan, baie klein geskryf: “Laat sy my tas oopmaak . . .”
Ek maak dadelik sy tas oop en sien ’n mooi pienk kardoes. Met die oopmaak van die kardoes kom ek af op ’n tipiese Paddington-beertjie wat ’n mens in Londen sal kry. ’n Ring is netjies aan die beertjie se handjie vasgewerk, en op sy hartjie is die woorde “Will you please marry me?” geborduur.
Die volgende oomblik sê ’n klokhelder stem agter my: “Ek is bly om te sien jy het die beertjie gevind!”
Ek draai om en kyk vas in Anton se groot bruin oë. Skielik is die wêreld rondom my pikswart en ek voel hoe die bloed na my voete vloei . . .
Ek word in die hospitaal wakker. Anton staan langs my bed en vertel my hy en die passasier wat op B32 sou sit, het sitplekke geruil.
En toe soen hy my passievol . . . ■