Huisgenoot

FEITE OOR DIE KREEF

-

■ Die Kreef is die vierde teken van die diereriem, met die Steenbok as die teenoorsta­ande teken.

■ Hul element is water, wat hulle empaties maak.

■ Hul modaliteit is kardinaal, wat hulle die vermoë gee om leiding te neem. ■ Die maan is hul heerser; dus is familie ’n prioriteit.

■ Aan die positiewe kant is ’n Kreef versorgend, beskermend en begrypend. ■ Aan die negatiewe kant is hulle klouerig, buierig en oordrewe nostalgies.

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Verhouding­s op alle vlakke word nou beklemtoon en dit lyk of party gemakliker as ander sal wees. Jy behoort goed met jou kollegas oor die weg te kom, maar jy en jou geliefdes kan dalk koppe stamp. Huiskwessi­es kan humeure laat opvlam. Die kommunikas­iekanale behoort oop te wees en julle sal sake kan uitpraat, al is dit dalk stresvol.

GELUKKIGE NOMMERS

21, 2, 31, 47, 12, 30

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Dis ’n week om pret en speletjies op die agtergrond te skuif en moue op te rol wat jou werk betref. Jy is in ’n gunstige posisie om vordering met jou take te maak. Sit dus skouer aan die wiel, stort energie in jou pogings en lewer jou bes. Jy behoort te kan voortgaan sonder die haakplekke wat die afgelope ruk jou vordering belemmer het.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 3, 50, 33, 13, 8

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Die kleingoed speel dié week ’n betekenisv­olle rol in jou lewe, ten goede of ten kwade. Jy kan inspirasie put uit jou kinders se doen en late, of jy nou met ’n nuwe stokperdji­e begin of ’n nuwe doelwit stel. Daarteenoo­r kan hul kattekwaad jou rus versteur, hul behoeftes aan materiële dinge jou geldsake knou of hul aansprake op aandag jou tyd in beslag neem. GELUKKIGE NOMMERS 47, 51, 27, 4, 41, 16

RAM

21 MRT – 19 APR

Die lewe gebeur vandeeswee­k aan die tuisfront. Of instandhou­dingstake aandag vereis of huistake jou besig hou, dis die lewensgebi­ed wat tyd en energie verg. Maar jy hoef nie net hard te werk nie; dis ook ’n goeie week vir pret hê tuis. Jy kan jou kamer opknap, in die tuin kreatief raak of jou eie ateljee inrig om dalk kuns te skep of musiek op te neem. GELUKKIGE NOMMERS 33, 7, 49, 17, 40, 1

BUL

20 APR – 20 MEI

As ’n Bul is jy waarskynli­k ’n vreedsame en bedaarde siel, maar dit is ’n week waarin jy betrokke kan raak in stresvolle magstryde wat jou die harnas kan injaag. Of dit ’n ouer is wat die bevele uitdeel of ’n moeilike baas, jy is dalk aan die ontvangkan­t van magsbehept­heid. Doen jou bes om kalm te bly. Dit is gelukkig ’n fase wat vinnig verbygaan.

GELUKKIGE NOMMERS 46, 13, 38, 19, 42, 6

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Met dié dat die son se besoek aan jou finansiële horoskoop vir vanjaar ten einde loop, is dit ’n week om alles uit te haal om jou kontantvlo­ei ’n hupstoot te gee. Jy wil dalk daarvan werk maak om ’n ekstra inkomstest­room te kry en nienoodsaa­klike uitgawes te besnoei. As jy lief is vir lees, gebruik die biblioteek pleks van nuwe boeke koop wat jou ’n paar rand kan kos. GELUKKIGE NOMMERS 42, 4, 11, 25, 28, 9

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa