Huisgenoot

ARGEOLOGIE Nuwe antieke monument in Engeland ontdek

-

’NKLOMP antieke putte wat in ’n sirkel gerangskik is, is op die Engelse platteland ontdek. Argeoloë dink dit is die grootste prehistori­ese monument wat al ooit in Brittanje ontdek is.

Twintig of meer putte wat in ’n sirkel lê om die plek waar Durrington Walls, ’n antieke nedersetti­ng, sou wees. Die sirkel is 2 km breed, en elkeen van die putte het ’n deursnee van 10 m en is 5 m diep. Hulle skat dis in 2500 v.C. gebou, wat beteken dit is al meer as 4 500 jaar oud!

Die navorsers moet nou uitgrawing­s doen om nog inligting oor die putte te kry, maar glo dit was ’n soort grens wat Durrington Walls óf as ’n spesiale plek gemerk het óf dit van die Stonehenge-area onderskei. Dis sowat 3 km van Stonehenge, ’n ander bekende antieke monument, geleë. (Sien kassie.)

Omdat die putte op ’n presiese afstand van mekaar gespasieer is, wys dit dat die mense wat in daardie tyd daar gewoon het al kon tel.

Tegnologie het dit vir die navorsers moontlik gemaak om ’n nuwe ontdekking te maak in ’n plek wat al lank deur argeoloë ondersoek word. Hulle gebruik ’n tegniek wat afstandswa­arneming genoem word; dus word daar van ’n afstand waargeneem met behulp van kameras en ander instrument­e soos magnetomet­ers. Hiermee kon hulle kyk wat in die grond aangaan sonder om te grawe. Die magnetomet­er tel klein verskille in die aarde se magnetiese veld op.

Toe die putte die eerste keer opgemerk is, het mense gedink dis dalk net natuurlike gate. Maar toe hulle die hele area met behulp van die tegnologie kon bekyk, het hulle gesien daar is ’n patroon.

Die gestapelde rotsblokke in die graafskap Wiltshire in Engeland is een van die wêreld se bekendste monumente. Die klipsirkel is oor baie jare gebou: Werk daaraan het in 3000 v.C., die Neolitiese tydperk, begin, en daar is nog tot 1500 v.C. veranderin­gs daaraan gemaak.

Party mense glo Stonehenge was ’n soort kalender vir antieke mense. Ander dink dit was ’n gewyde plek vir begrafniss­e of ander seremonies of rituele.

 ??  ?? Argeoloë dink die putte wat rondom die Woodhenge-monument (REGS) gerangskik is, is die grootste prehistori­ese monument wat al ooit in Brittanje ontdek is.
Argeoloë dink die putte wat rondom die Woodhenge-monument (REGS) gerangskik is, is die grootste prehistori­ese monument wat al ooit in Brittanje ontdek is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa