Huisgenoot

E p stein se‘ madame’ agter tralies

Die oorlede seksoortre­der Jeffrey Epstein se ‘madame’ is agter tralies en kan dalk hoes oor sy bedrywighe­de . . .

- Saamgestel deur

SY HET saam met Bill Clinton in privaat stralers gevlieg, partytjie gehou saam met Donald Trump en met prins Andrew en ander koninklike­s gesosialis­eer. Dekades lank was dít Ghislaine Maxwell se lewe. Maar nie meer nie. Nou sit dié sosiale vlinder in die tronk – verhoorafw­agtend op ’n rits ontstellen­de seksaankla­gte – en baie ver verwyder van die hoë kringe waarin sy eens beweeg het.

Verlede jaar was haar ekskêrel Jeffrey Epstein in ’n soortgelyk­e situasie. Maar voor hy vir sy dade kon pa staan, het die veroordeel­de pedofiel homself na bewering in sy sel om die lewe gebring. Nou is alle oë op Ghislaine, wat onlangs ná ’n dramatiese FBI-klopjag in hegtenis geneem is. Sy word daarvan aangekla dat sy minderjari­ge meisies, party net 14 jaar oud, vir die miljardêr-seksoortre­der help verkry het.

Baie van Epstein se slagoffers is bly Ghislaine sal moontlik eindelik aan die pen ry. Sy was nie net sy vriendin en voormalige minnares nie, sê hulle; sy het ook alte gewillig die rol van “madame” gespeel deur naïewe tieners te werf en hulle oor die wêreld heen te vlieg om met Epstein en sy vriende seks te hê. En in verskeie gevalle het sy glo self aan die ontstellen­de mishandeli­ng deelgeneem.

Sal Ghislaine nou saamwerk sodat geregtighe­id eindelik kan geskied?

As daar een mens is wat die saak beslis met valkoë gaan dophou, is dit prins Andrew. ’n Foto wat onlangs die rondtes gedoen het, wys presies hoe heg sy verhouding met dié partytjiep­op was. Daarop sit Ghislaine en die gevalle akteur Kevin Spacey op koningin Elizabeth en prins Philip se kroningstr­one – dis glo in 2002 geneem toe Andrew hulle ’n nieampteli­ke toer van die Buckingham­paleis gegee het. Andrew (60) het duidelik koninklike protokol oortree deur sy vriende op die trone te laat poseer, maar dít is nou die minste van sy bekommerni­sse. Dit is grootliks danksy Ghislaine (58) dat hy verlede jaar onder ’n wolk van oneer uit sy koninklike pligte moes tree.

Die twee was jare lank vriende, en hy beweer dit was sy wat hom by die smerige finansier Epstein se kring betrek het. Dit was in 2001 by haar huis in Londen waar die prins na bewering met Virginia Roberts Giuffre, een van Epstein se beskuldige­rs, seks gehad het. Sy was toe net 17. Virginia (36) beweer Epstein en Ghislaine het haar na Londen geneem met die spesifieke bedoeling om haar by Andrew te laat slaap.

Tog ontken die prins dit het enigsins gebeur – al is daar ’n foto van hom wat met sy arm om die tiener se middel staan terwyl Ghislaine op die agtergrond breed staan en glimlag.

Virginia en baie van Epstein se ander slagoffers hoop Ghislaine sal die waarheid praat sodat hulle ten minste afsluiting kan kry. Maar aan die ander kant is daar talle bekende besoekers aan Epstein se huise wat hoop sy bly stil.

Die mense naby aan haar voorspel daar is ’n goeie kans dat sy met die sak patats vorendag sal kom. Wat het sy immers om te verloor noudat sy deur ’n moontlike tronkstraf van 35 jaar in die gesig gestaar word?

AS DAAR iemand is wat weet wat werklik agter die geslote deure van Epstein se luukse eiendomme dwarsoor die wêreld aangegaan het, is dit Ghislaine. Dekades lank was die aantreklik­e vrou met die suiwer Britse aksent pal aan sy sy. Hulle het mekaar in die vroeë 1990’s ontmoet – kort nadat sy New York toe getrek het om weg te kom van die gevolge op haar pa, Robert Maxwell, se dood.

Die koerantmag­naat is in 1991 in verdagte omstandigh­ede dood nadat hy van sy boor afgeval het. Dit het toe aan die lig gekom hy het byna £500 miljoen (toe R2,5 miljard) van werknemers­pensioenfo­ndse gesteel.

Die biograaf Tom Bower sê Ghislaine “het ryk, dominerend­e mans aanbid” en was tot Epstein aangetrokk­e omdat hy haar aan haar pa herinner het.

“Hy het haar gered,” sê ’n vriend. “Toe haar pa dood is, was sy ’n wrak. Ontroosbaa­r. En toe neem Jeffrey haar in. Sy het dit nooit vergeet nie en sal ook nooit.”

Al was Ghislaine glo “dolverlief ” op Epstein, het hul verhouding later doodgeloop toe dit duidelik word hy kan nie

aan haar getrou bly nie.

Tog het die vriendskap voortgeduu­r. Ghislaine kon Epstein, ’n tuinier se seun, aan koninklike­s, politici en magnate voorstel. In ruil hiervoor het hy haar die weelde waaraan sy gewoond was, help volhou en vir haar ontwerpers­klere en helikopter­vlieglesse betaal.

Vir buitestand­ers was Ghislaine ’n soort tussengang­er en vertroueli­ng wat Epstein se sosiale kalender gereël het en sy huishoudin­gs in New York, Florida en op sy Nieu-Mexiko-veeplaas en privaat Karibiese eiland help bestuur het.

Al beweer sy nou sy het geen idee gehad wat aangegaan het nie, beskryf sy slagoffers haar as ’n “onbeskryfl­ike skurk” wat meisies vir misbruik voorberei het.

“Maxwell het minderjari­ge meisies verlei,” sê Audrey Strauss, waarnemend­e staatsaank­laer in New York. “Sy het voorgegee sy is ’n vrou wat hulle kan vertrou. Maar eintlik het sy hulle voorberei om deur Epstein, en in sommige gevalle Maxwell self, seksueel misbruik te word.”

Die ses aanklagte waardeur sy nou in die gesig gestaar word, hou verband met beweerde misbruik wat tussen 1994 en 1997 gebeur het toe sy en Epstein nog uitgegaan het. Sy het die meisies na bewering in winkelsent­rums en selfs op straat genader as sy gedink het hulle sou in Epstein se smaak val.

Nadat sy ’n verbinteni­s met hulle gemaak het, het sy hulle gevat om te gaan fliek of inkopies doen – om hulle te laat voel hulle skuld haar iets.

Dan sou sy hulle na bewering vir misbruik voorberei deur seksuele vrae te vra en voor hulle uit te trek.

Slagoffer 1 sê sy het in 1994 toe sy 14 was in die twee se web verstrenge­l geraak. Sy beweer toe sy die eerste keer voor Epstein uitgetrek het, was Ghislaine by en dat die drie van hulle op meer as een geleenthei­d aan “groepmasse­erseks”

deelgeneem het. Die ander twee slagoffers was effens ouer, maar vertel stories wat ontstellen­d soortgelyk is.

GHISLAINE het haar sedert Epstein se dood verlede jaar skaars gehou. Sy is 10 dae ná sy dood in ’n kroeg in Los Angeles opgemerk. Later is onthul dit was ’n gereëlde fotosessie om ondersoeke­rs van haar spoor af te kry. Daarna het sy ’n kat-en-muisspelet­jie met die polisie gespeel en hulle minstens een keer ontduik.

Maar toe die FBI haar onlangs tot op die piepklein Amerikaans­e dorp Bradford in New Hampshire naspoor, was haar doppie geklink. Sy het ’n weelderige huis teen die berg gekoop deur kontant daarvoor te betaal en dit toe deur ’n maatskappy geregistre­er om haar identiteit te probeer verberg.

Die FBI het die eiendom bestorm en die deur oopgeskop, en Ghislaine was binne oomblikke in handboeie.

Toe Virginia, een van Epstein se mees uitgesprok­e slagoffers, die nuus hoor, kon sy nie haar vreugde wegsteek nie.

“Vandag is vir my een van die beste dae van my lewe,” het sy gesê. “Ek is in die wolke om te weet sy is waar sy hoort. Sy is net die mees narsisties­e, bose, ydel vrou wat ek nog geken het.”

Virginia voorspel Ghislaine sal nie huiwer om baie van haar beroemde vriende te verraai nie, veral as dit haar ’n korter vonnis sal besorg.

“Prins Andrew moet op die oomblik paniekerig wees, want Ghislaine gee nie juis om vir enigiemand buiten Ghislaine nie,” sê sy. ■

 ??  ?? JANE VORSTER
HOOFFOTO: Ghislaine Maxwell het etlike jare met Jeffrey Epstein uitgegaan, maar nou betaal sy ’n duur prys vir haar lojaliteit aan dié skatryk seksoortre­der. NAASREGS: In 2002 saam met Naomi Campbell, Donald Trump en sy toekomstig­e vrou, Melania Knauss, by ’n winkelopen­ing in New York.
Dié pa-seun trots is nie die enigste ding wat in die familie loop nie. Musiek is ook duidelikBi­s debis ut est, con num nos
JANE VORSTER HOOFFOTO: Ghislaine Maxwell het etlike jare met Jeffrey Epstein uitgegaan, maar nou betaal sy ’n duur prys vir haar lojaliteit aan dié skatryk seksoortre­der. NAASREGS: In 2002 saam met Naomi Campbell, Donald Trump en sy toekomstig­e vrou, Melania Knauss, by ’n winkelopen­ing in New York. Dié pa-seun trots is nie die enigste ding wat in die familie loop nie. Musiek is ook duidelikBi­s debis ut est, con num nos
 ??  ??
 ??  ?? BO: In 2000 saam met prins Andrew by ’n gemeenskap­like kennis se troue. LINKS: Prins Andrew saam met Virginia Roberts Giuffre en Ghislaine in 2001. Virginia beweer sy is op 17 gedwing om met die prins seks te hê.
BO: In 2000 saam met prins Andrew by ’n gemeenskap­like kennis se troue. LINKS: Prins Andrew saam met Virginia Roberts Giuffre en Ghislaine in 2001. Virginia beweer sy is op 17 gedwing om met die prins seks te hê.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die afgesonder­de maar weelderige huis teen ’n berghang in Bradford, New Hampshire, waar Ghislaine onlangs in hegtenis geneem is tydens ’n vroegoggen­dklopjag deur die FBI.
Die afgesonder­de maar weelderige huis teen ’n berghang in Bradford, New Hampshire, waar Ghislaine onlangs in hegtenis geneem is tydens ’n vroegoggen­dklopjag deur die FBI.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa