Huisgenoot

Hoe winkels se diep ontsmettin­g werk

Deesdae gebeur dit gereeld dat skoonmaker­s in oorpakke winkels diepskoonm­aak om die coronaviru­s te verdryf. Wat behels dié proses?

- Deur KIM ABRAHAMS

JY HET heel moontlik al tydens die covid-19-pandemie in jou spore voor jou plaaslike supermark vasgesteek toe jy sien die deure is helder oordag skielik bottoe. Op ’n kennisgewi­ng buite die winkel pryk dalk die woorde: “Closed for deep cleaning.” Ja, dít is dikwels kodedaal wat verklap een van die winkel se personeell­ede het positief vir die coronaviru­s getoets – maar ook ’n bevestigin­g dat die winkel eers diep reiniging sal ondergaan voor dit weer oopgemaak word.

Maar wat presies behels daardie diep reiniging? Hoe word die virus verdryf uit ’n ruimte wat so groot en so volgepak is soos ’n supermark? Hoe seker kan jy wees dat dit daarna veilig sal wees om soontoe terug te keer? En is dit veilig om kos uit daardie winkel te eet?

Hier is die antwoorde op jou vrae oor die diep skoonmaak van supermarkt­e.

DIEPSKOONM­AKERS – elk in ’n wit oorpak toegerits en met blou handskoene, ’n beskermend­e bril en ’n asemhaling­smasker – is die superhelde van ontsmettin­g in die stryd teen supervirus­se. Hulle word deur kleinhande­lreuse ontbied wanneer die onsigbare vyand toeslaan.

Die diep skoonmaak van ’n supermark of apteek is ’n ingewikkel­de werk met ’n streng veiligheid­sprotokol. Alle beskermend­e toerusting wat die skoonmaker­s dra, moet deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) goedgekeur wees. Net mense wat nie mediese toestande soos diabetes en hartsiekte­s het nie, word vir hierdie dienste opgelei.

“Gesondheid en veiligheid sal altyd ons eerste prioriteit wees, en nou meer as ooit kan daar absoluut geen verslappin­g daarvan wees nie,” sê Nathalie Leblond, kategorieb­estuurder by die diepskoonm­aakonderne­ming Rentokil Initial.

Dié ondernemin­g is al ontbied om verskeie groot kruidenier­swinkels landwyd skoon te maak nadat daar gevalle van covid-19 onder hul werknemers was.

“Ons tegnici is met die gevorderds­te en doeltreffe­ndste toerusting toegerus,” vertel Nathalie.

Die tegnici word in twee spanne verdeel – ’n diepskoonm­aakspan wat met die hand skoonmaak en gewoonlik uit drie tot ses mense bestaan en ’n ontsmettin­gspan van een tot vier mense.

Dié soort skoonmaak is ’n lang proses, vertel Calvin Probert van Pro Cleaning Specialist­s in Kaapstad. Sy ondernemin­g maak supermarkt­e weekliks as voorkomend­e maatreël skoon. “Dit kan tussen twee en 12 uur neem afhangend van die grootte van die winkel,” verduideli­k hy.

DIE BEGIN

Sy ondernemin­g stel eers vas wanneer covid-19 by die werknemer gediagnose­er is, want dit bepaal die risikovlak op die perseel, sê Mario Pluke, ’n tegniese bestuurder by Rentokil.

Die tegnici identifise­er dan saam met die winkeleien­aar of -bestuurder die area wat dalk deur dié personeell­id besmet is.

“’n Perseelris­ikobeoorde­ling word dan uitgevoer. Dit help ons die nodige inligting inwin om te bepaal waar en wanneer die werk gedoen moet word, hoe dit veilig gedoen kan word en wie dit sal doen,” verduideli­k Mario.

DIE SKOONMAAKP­ROSES

Dit behels twee stappe: eers diep skoonmaak, dan mikrobiese wasembehan­deling.

“Diep skoonmaak vereis dat ons areas fisiek skoonmaak deur vloere te skrop en toonbanke en toerusting af te vee,” sê Calvin. “Wanneer dit afgehandel is, ontsmet ons span die hele winkel deur dit met mikrobiese wasem te behandel.”

Mikrobiese wasembehan­deling is wanneer ’n sproei – met bestanddel­e wat alle virusse, bakterieë en swamme kan doodmaak – in ’n besmette area gespuit word.

Dit bevat ’n stof wat patogene soos virusse en bakterieë wat siekte veroorsaak vinnig en doeltreffe­nd uitwis en die risiko vir siekte en kruisbesme­tting verminder.

Die fyn mis van die ontsmettin­gsproei sif op alle oppervlakk­e neer, ook ontoegankl­ike plekke wat nie maklik met die hand skoongemaa­k kan word nie. Die mis hoef nie afgevee te word nie, want dit verdamp vanself.

Die mikrobiese wasemmetod­e kan so min as ’n halfuur in beslag neem, maar daarna is minstens vier uur nodig om die sproei te laat neersif en vir die wasem om te verdamp. In dié tyd mag daar geen mense in die winkel wees nie.

Wanneer die mis eers klaar gespuit is en die wasem verdamp het, is dit veilig. Maar as jy bekommerd is dat dit op items soos blikke en flesse beland het, kan jy dit by die huis afvee voor jy dit tussen jou kruidenier­sware wegpak.

Dit is veral belangrik om direkte raakpunte in die winkel – gewoonlik die rakke op skouer-tot-heuphoogte – te ontsmet – en dit word met die hand gedoen.

Winkelrakk­e, handvatsel­s en toonbanke is die waarskynli­kste oppervlakk­e waar die coronaviru­s te lande kan kom en waarvandaa­n dit verder kan versprei; daarom word dit met die hand ontsmet.

DIE TOERUSTING

Om ’n winkel te ontsmet, word een van twee metodes van mikrobiese wasembehan­deling gebruik: ultralaevo­lume (ULV)-bespuiting en hitte-wasembehan­deling. Die metodes het dieselfde uitwerking, maar die aanwending verskil.

“Hitte-wasembehan­deling skep ’n mistige effek, terwyl die ULV-bespuiting ’n natter mis skep,” verduideli­k Mario.

“Albei metodes is uiters doeltreffe­nd om ’n area te ontsmet en word gebruik elke keer wanneer ’n supermark of apteek skoongemaa­k moet word.”

Onder die toerusting vir ’n diep skoonmaak tel meganiese skropmasji­ene, hoëdruk- en stoommasji­ene en kleurgekod­eerde mikrovesel­lappe en skropkussi­nkies. Die onderskeie lappe word volgens kleur gekodeer na gelang van waarvoor hulle gebruik word, verduideli­k Calvin. Rooies word byvoorbeel­d gebruik vir sanitêre toebehore en waskamervl­oere, geel vir wasbakke en waskamerop­pervlakke, groen vir algemene kosgebruik en blou vir laerisikoa­reas.

MOET ELKE LIEWE ITEM SKOONGEMAA­K WORD?

Nee, dit is nie nodig om elke produk fisiek skoon te maak nie, want met party items is die risiko klein dat dit besmet is, sê Calvin. Ook dele van die winkel waartoe die siek werknemer beperkte toegang gehad het of waar hy glad nie tyd deurgebrin­g het nie, word as laerisikoa­reas beskou. As die werknemer wat positief getoets het met spesifieke produkte gewerk het, sal hulle met die hand skoongemaa­k word. So nie word die ULV-wasembehan­deling of ontsmettin­gsproei gebruik om produkte te reinig.

“Die reusevoorr­aad in ’n groot kleinhande­lswinkel maak dit onmoontlik om elke item met die hand te ontsmet,” beaam Mario. Hy beveel ook ULV-wasembehan­deling aan.

WAT GEBEUR MET OOP KOS?

Wanneer ’n skoonmaako­nderneming ’n supermark ontsmet, moet alle oop, rou en bederfbare kos soos vleis, vis of deliproduk­te verseël en in ’n koelkamer geplaas word.

“Dit is dieselfde as hul daaglikse oppakroeti­ne voor sluitingst­yd,” verduideli­k Mario. Onverpakte kos wat nie in koelkamers bewaar hoef te word nie, soos vrugte en groente, sal wel aan die ontsmetmid­del blootgeste­l word. Maar Mario en Calvin benadruk dat die ontsmetmid­del wat hulle gebruik deur die SABS goedgekeur en veilig is vir gebruik in alle omgewings waar kos gehou word.

“Daarom is dit belangrik om alle vars vrugte en groente voor gebruik af te spoel,” beklemtoon Mario.

Tydens die aanvanklik­e risikobepa­ling van die perseel stel die skoonmaako­nderneming vas of die siek werknemer dalk met of naby enige van die oop kosse gewerk het. Enige moontlik besmette kos word verwyder en na ’n stortingst­errein vir gevaarlike afval gestuur.

‘Dis belangrik om vars vrugte en groente voor gebruik af te spoel’

LUGGATE EN LIGTE

Dit word nie gereeld aangeraak nie en is ook nie in ’n hoërisikos­one nie; daarom is dit onwaarskyn­lik dat dit met enige partikels van die coronaviru­s besmet sal wees. “Maar dit is die soort ding wat ons tydens ’n perseelond­ersoek sal vasstel,” voeg Mario by.

“As die werknemer wat positief getoets het byvoorbeel­d op ’n leer gestaan het om die luggate te herstel, sal ons die situasie beoordeel en dalk aanbeveel dat die luggate met die hand ontsmet word.”

Gewoonlik is ULV-wasembehan­deling of ontsmettin­gsproei voldoende om lugpasstuk­ke te reinig, tensy dit om ’n spesifieke rede met die hand skoongemaa­k moet word.

Die wete dat ’n supermark so diep en deeglik van hoek toe kant skoongemaa­k is, is gerusstell­end wanneer die deure weer oopswaai en jy dit met jou masker e-n trollie na binne waag.

Dan kan dinge weer soos gewoonlik voortgaan – wel, darem amper. ■

 ??  ?? Wanneer ’n winkel nodig het om diep gereinig en ontsmet te word, kom verrig ’n gespesiali­seerde skoonmaako­nderneming die groot taak.
Wanneer ’n winkel nodig het om diep gereinig en ontsmet te word, kom verrig ’n gespesiali­seerde skoonmaako­nderneming die groot taak.
 ??  ?? BO: Produkte wat nie individuee­l skoongemaa­k kan word nie, word met wasembehan­deling ontsmet. HEEL BO: Skoonmaker­s dra beskermend­e klere terwyl hulle werk.
BO: Produkte wat nie individuee­l skoongemaa­k kan word nie, word met wasembehan­deling ontsmet. HEEL BO: Skoonmaker­s dra beskermend­e klere terwyl hulle werk.
 ??  ?? Wasembehan­deling wis gevaarlike kieme vinnig uit.
Wasembehan­deling wis gevaarlike kieme vinnig uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa