Plig-oorlog woed tussen hom en haar
Die inperking het ’n konflik tussen mans en vroue ontketen oor die verdeling van huiswerk. Twee redaksielede deel hul ervaring
AS DIE Britse premier was Tony Blair destyds aan die hoof van ’n party wat gelyke rolle vir die geslagte voorstaan, maar tuis in 10 Downing Street was dit duidelik steeds ’n man se wêreld. Tydens sy 10 jaar in die premierswoning was die Britte openlik simpatiek teenoor sy vrou, Cherie, wat moes bontstaan om ma vir hul vier kinders te wees én haar eie loopbaan as advokaat by te hou. Die toegewyde Cherie het haar nooit openlik uitgelaat oor die aantygings dat haar man se benadering tot die huwelik nie so progressief is soos sy politiek nie.
Nadat sy premierskap in 2007 geëindig het, het die stof eers gaan lê oor die verdeling van take in die Blair-huishouding.
Maar nou gons dit opnuut. Hoekom? Want Tony het onlangs erken hy het sedert sy eerste dag in die premierswoning in 1997 nie een keer ’n vinger gelig om met huistake te help nie. Nie eens een bondel wasgoed of ’n bed wat opgemaak moes word nie – in 23 jaar het hy nog nie ’n steek van die werk in en om die huis verrig nie. Wie moes wel dikwels ingryp? Cherie, natuurlik.
Nie eens die inperking weens die covid-19-krisis in Brittanje het die oudpremier laat hand bysit nie. Tony en Cherie bring die inperking in hul plattelandse huis deur. Saam met hulle is twee van hul kinders, Nicky (35) en Leo (20). Nicky se swanger vrou en hul spruite is ook daar.
Weens die inperking is daar nie personeel nie, en om die enorme seweslaapkamerhuis skoon te hou en vir almal te kook is ’n reusetaak. Maar Tony erken sonder ’n sweempie skaamte dat hy steeds bitter min doen. Dis Cherie wat vloere skrop, kook en die skottelgoed was.
Dis natuurlik nie die enigste huishouding waar die verdeling van takies in die inperking konflik veroorsaak nie. Die Britse media noem dit die “chore wars”: ’n oorlog tussen die geslagte waarin potte en besems die wapens is.
Twee redaksielede – een wat haar in Cherie se skoene kan indink en een wat allermins ’n Tony is – vertel hoe dit met die skoonmaakstryd in húl huise gaan.
ONS VROUE DOEN EENVOUDIG ALLES BETER NICOLA WHITFIELD
DIE eerste ding wat Cherie glo gedoen het nadat sy en Tony begin uitgaan het, was om sy bed op te maak en sy blyplek aan die kant te kry. Met ander woorde, sy het van dag een besef hy’s ’n slordige vent. Sy kon natuurlik gesê het: “Tony, skat, jy is ’n vark. As jy nie skoon lakens oorgetrek het die volgende keer wanneer ek vir jou kom kuier nie, is jy op jou eie.”
Maar sy het duidelik nie. Want Cherie, nes baie vroue, meen hulle doen dinge beter as mans. En ek verstaan, Cherie, ek verstaan.
Vat maar bed opmaak: Hy gooi die duvet oor, smyt die kussings op en klaar. Ons stryk die duvet glad, pof die kussings uit, drapeer die oorgooideken en rangskik daardie sierlike strooikussings om dinge mooi en knus te laat lyk.
Dan is daar kos maak. Hy kook dalk ’n kwaai kerrie, maar hy gebruik ook elke kastrol en lepel in die kombuis, laat spat die sous teen die mure en los jou met ’n stoof wat soos ’n slagveld lyk. Ons was so tussen die gekook sommer elke af en toe van die skottelgoed en hou ’n lap byderhand om skoon te vee voor die vuil vieslik word.
Wasgoed: Hy kan kamtig nie uitpluis hoe die wasmasjien werk nie – al weet ons dis bog, want hy het die slimtelevisie eiehandig ingestel en die koffiemasjien reggemaak.
My pa het nogal vir my vertel ouens kan nie wasgoed was nie toe ek eenkeer by my ouers gekuier het. My broer, teen daardie tyd diep in sy 20’s, het vuil klere oral op die
hom in ons skoonmaak- en koskookplasings byhaak, kan ons ’n rugbyhemp met sy handtekening daarop wen. Ek bedoel, sjoe!
Tog: Ek het goed en behoorlik op Siya se wekroep gereageer. Laat geen man of vrou my ooit ’n Tony Blair noem nie.
Trouens, die volume van die huiswerk wat ek in die inperking gedoen het, is gelykstaande aan die tyd wat ek gewoonlik aan reekse stroom bestee. Kyktyd wat ek nie die afgelope paar maande gehad het nie, en waaroor ek taamlik bitter is . . .
Kyktyd is nie al wat ek dié inperking misgeloop het nie. Ek het ook nie in ’n bobaassjef/bakker/tuinier/spiertier ontaard nie; nie die ganse kanon se boeke gelees of meditasie aangeleer nie en ook nie ’n nuwe onderneming begin nie.
Ek weet jy is nie die tsk-tsk-tipe nie, liewe leser, maar laat ek byvoeg my arme vrou was ongelukkig genoeg om covid-19 op te doen (ten spyte van menige voorsorgmaatreël). Dus moes ek gaan draai by daardie “or for worse”-gedeelte van ons huweliksbeloftes.
Dit beteken ek het selfs voor Siya vir ons sy hemp belowe het die skottelgoed weggepak, verwoed gemop, geskrop, gewas, badkamervloer gelos, en ek het vir hom gesê hy moet iets daaraan doen. “Jy kan nie verwag ’n man moet weet hoe om ’n wasmasjien te gebruik nie, hartjie,” het my pa gesê. En toe doen ék dit. Ek was briesend, maar ek het dit gedoen.
’n Britse rubriekskrywer som dit perfek op: “Die meeste mans dink heimlik dat huiswerk benede hulle is. En vroue is net so aandadig aan die sameswering as mans.”
Natuurlik is daar uitsonderings – mans wat in elke opsig hul kant bring met die huiswerk en wat sowaar raaksien wanneer ’n venster gewas of ’n vloer geskrop moet word.
Mans wat nie aan mop en vee dink as “ek help my vrou” nie; eerder as iets noodsaakliks om ’n skoon en aangename leefomgewing te skep.
Maar dié ouens is so skaars soos diamante. Die meeste mans is alte tevrede om te hoor: “Ag, om hemelsnaam, ék sal dit doen.” En as ons omgekrap raak, antwoord hulle met: “Maar jy het gesê ek moet dit los? Ek was bereid om te help.”
Die vraag is dus: Is hulle nutteloos of net gewoon agterbaks?
‘Die meeste mans dink heimlik huiswerk is benede hulle’
gevee, afgestof, gepoets, skoongemaak, gekook, gewerk, ge-Zoom en al daardie ander dinge.
Alles behalwe Netflix kyk en ontspan. En sorg vir my arme vrou, wat stelselmatig herstel, en my agtjarige, wie se geesdrif vir leer kook en eksperimente met seep, koeksoda, gom, sout, opwasmiddel en ander huishoudelike dinge gelykstaande is aan haar patologiese onwilligheid om daarna haar gemors skoon te maak.
Dus, ja, ek mop, skrop, was, vee, stof af, poets, maak skoon en kook vir ’n vale.
Ek gee eerlikwaar nie juis om nie. Ek is eintlik ’n ou hand met dié huiswerkding. En al hou ek nie van mop nie, is dit vir my bevredigend wanneer die vloere blink – al trap vuil kindervoete dit bitter gou weer vuil.
Nes David Beckham dra ek nie ’n valletjievoorskoot vir huiswerk nie. Myne is eenvoudig en swart, baie dankie. Jy moet dit ’n slag beproef, Tony. En doen dit nou, voor die inperking eindig en jou huis weer in spoggerige Downton Abbey-styl deur jou personeel onderhou word.
Cherie sal nie weet wat haar getref het nie. ■