Huisgenoot

Boekuittre­ksel: Veterane na Angola

-

vore op Angolese bodem uitgespoeg het.

In die stikdonker nag en mistroosti­ge reën was dit die eerste ding wat almal gesien het: die lyksak in die gras wat deur ’n flou rooi ligvinger uit die ystermaag van die Hercules uitgewys word. Of was dit ’n gewonde wat afgevoer moes word? In die chaos was niemand seker nie.

Daarnaas op die onverligte aanloopbaa­n staan ’n G5-kanon, die groot loop oopgebars asof dit ’n plastieksp­eelding is.

Kort tevore was elkeen nog met sy eie gedagtes besig op die ongemaklik­e, stamperige vlug uit Rundu in die noorde van Suidwes. Die gedreun van die kragtige vliegtuigm­otore het die gewone gekskeerde­ry waarmee soldate hul spanning versteek onmoontlik gemaak. Daar was die vae sensasie van die donker bos wat onsigbaar onder hulle verbysnel terwyl hulle probeer om nie aan nare dinge soos vyandelike lugafweerm­issiele te dink nie.

Saam met die onsekerhei­d oor wat wag, was daar die gevoel van kwesbaarom­dat hulle die vyand se werf betree sonder hul geliefde strydrosse – die Ratelgeveg­svoertuie wat 61 Meg-soldate se huis op wiele én hoofwapen was.

Hulle wis niks van die rebellesol­date wat onder hulle in twee rye aan weerskante van ’n geprakseer­de aanloopbaa­n staan nie, elkeen by ’n drom vol diesel. Toe die bevelvoerd­er die gedreun van die naderende Hercules hoor, onsigbaar in die naglug omdat die navigasiel­igte afgeskakel is, blaas hy op ’n fluitjie en die diesel in die dromme word aan die brand gesteek.

In die vliegtuig moet die manne vasklou aan die sitharnass­e terwyl die vliegtuig grondwaart­s duik en hard rem die oomblik toe al die wiele op die landingstr­ook is. Maar toe die Flossie se stert oopknak en die rooi lig in die vragromp waserig na buite syfer, tref dit elkeen soos ’n vuishou: Die tyd vir speletjies is verby. Hierdie is die real thing.

Takkies Potgieter sien twee dinge ge

lyk: Daar’s ’n stralekran­s om die maan . . . amazing. En dan sien ook hy die G5-kanon met die gebarste loop en die lyksak. Of is dit iemand op ’n draagbaar? You’re in the army now, eggo die woorde van die bekende popliedjie in die jong tenkafweer-gunner se gedagtes.

Dan word daar uit die donker bevele geskreeu: Uit, uit, roer jou gat! Hulle hardloop teen die laaideur af, skil af na links en regs soos beveel en “slaan dekking” – verdedigin­gsposisies aan weerskante van die aanloopbaa­n. Af op een knie, R4geweer teen die skouer.

Dit is November 1987 en die voorspan van ’n 61 Meg-“aflosmag” – skaars klaar met opleiding in die States – het so pas in Angola aangeland as deel van Operasie Hooper. En sover is niks soos dit veronderst­el is om te wees nie . . .

Die Hercules het reeds omgedraai en is nooit afgeskakel nie, merk Jannie op. Die oomblik toe die vragluik toemaak, begin die vliegtuig weer opstyg en die vlamme in die dieseldrom­me word een vir een geblus soos dit verbybewee­g. Dan is dit weer pikdonker.

Waar de hel ís ons?

Volgens die Portugese kolonialis­te was hulle op terra do fim do mundo – die land aan die einde van die aarde. Dit is hoe hulle na die Cuando Cubangopro­vinsie verwys het, ’n afgesonder­de en onontwikke­lde wildernis van amper 44 500 km² in die suidoostel­ike hoek van Angola. Dit sluit die dorpies Mavinga, Menongue en Cuito Cuanavale in – elkeen met

’n eie vliegveld, belangrik weens die gebrek aan begaanbare paaie.

Maar daar is nie tyd om verder te wonder nie. Die nuwe aankomelin­ge word aangejaag na ’n ry vragmotors wat eenkant staan. Dan volg ’n stamperige rit ’n paar kilometer langs ’n sandpad af voordat die vragmotors in die bos stilhou en hulle aangesê word om af te spring.

Killik sien niks. Geen geboue, geen tente, geen ligte. En steeds geen Ratels. Net die versmorend­e swart kombers van die bos.

Dis soos iets uit ’n Viëtnam-movie, dink Jannie. Dan is daar nog krete in die donker. Die junior leiers word op ’n bondel geroep vir ’n vinnige ordergroep. Kry vir julle slaapplek in die bos regs van die pad, hoor hulle. Links van die pad doen jy jou toiletding­e. Dan kruie die vragmotors weg na wie weet waar.

Die jong dienspligl­uitenante sort hul troepe uit. Dis ’n kernspan drywers en gunners van Jannie se geweerskut­terpeloton; Killik se 81 mm-mortierpel­oton; Mielie se tenkafweer­peloton, wat Takkies insluit.

Die “slaapgerie­we” is primitief. Eintlik dierlik. Grawe ’n slaapplek uit in die sand wat soos ’n vlak graf lyk. Grou jou bivvie, daardie veeldoelig­e eenmanseil­tjie, uit jou rugsak en span dit tussen die bosse. Kruip onder jou bivvie in jou slaapsak om te probeer droog bly. Kou aan wat ook al in jou rantsoenpa­k is. Geen vure, geen ligte.

Dit word ’n nat, koue en ongeriefli­ke nag vir almal. Die troepe moan onder mekaar: Tipies van die army. Sê ons nooit niks, dis net rondf**. Vir twee weke lê ons en balbak by die deurgangsk­amp by Rundu. Nou is ons skielik hier. Wanneer kom die ander ouens? Die bliksems wat in Rundu agtergebly het, drink seker nou lekker bier en lê in hul droë tente rond. Wat gebeur môre?

Jannie dink aan hoe onwerklik die afgelope weke was. Eers is sy, Killik en Mielie se offisiersk­ursus by 1 SAI in Bloemfonte­in skielik kortgeknip. Die tradisione­le rangparade en formele dinee, waarvoor sy ouers van hul plaas in die Cederberge en sy meisie, Ilse, na Bloemfonte­in sou kom, is sonder waarskuwin­g gekanselle­er. Ilse het nooit die rok gedra wat sy spesiaal laat maak het nie.

En ’n dag tevore het hulle nog soos lords by die deurgangsk­amp in Rundu in die “swembad” gelê wat hulle in die sand gegrawe, met hul bivvies uitgevoer en met emmers water gevul het. Met ’n goedkoop army-bier in die hand. Lekker getan. Regte grensvegte­rs.

Nou lê hulle wie weet waar in die Angolese bos. Waar is die vyand? Hoe

Sover is niks soos dit veronderst­el is om te wees nie

vlieë te probeer weghou wat op alles en almal toesak. Groet hier en daar hul troepe wat traag uit hul lêplekke in die bos begin kruip. Dis tyd vir ordergroep, waar hulle sal hoor wat die dag inhou. “Need to know” is die army se leuse ongeag hul brandende begeerte om te weet wat hulle nou eintlik hier kom doen.

Gou hoor hulle: Die dreuning in die nag was die “oumanne” van Operasie Moduler wat van die gevegsfron­t af teruggekee­r het. Die rowe kom met hulle omruil; die oumanne moet States toe om te gaan uitklaar. Terug civviestra­at toe.

Kry julle gunners en drywers bymekaar, hoor hulle. Gaan neem die oumanne se Ratels en ander toerusting oor. Dis waarmee julle die fight gaan voortsit. Ordergroep verdaag.

Hulle stap saam met Takkies en die ander drywers en gunners deur die bos in die rigting waarin hulle beduie is. By ’n shona, soos die seisoenale waterpanne genoem word wat by tye net ’n groot, droë sandput is, sou die Ratels wag om oorgeteken te word.

Niks kon hulle voorberei op wat hulle daar sou sien nie: wilde mense met lang hare en baarde in smerige uniforms, maer en uitgeteer, hul gesonke oë onnatuurli­k groot. Vir Jannie lyk hulle lewensmoeg en gatvol. Oorlogsmoe­g.

Dit was die oumanne van Moduler. Die rowe is met wolwefluit­e en spottende aanmerking­s begroet. Maar Killik sien iets anders in hul oë: bejammerin­g. Kyke

Kyk jy na hierdie ouens, dan lyk dit asof ons die oorlog verloor

nis maak. Ná die dag se lesings was daar deurnagpar­tytjies in ’n stadskroeg en oorslaap by ’n meisie buite die basis. Als teen die reëls, natuurlik.

Slapgat, sou die infanteris­te sê, ene houding. Cowboys, dié pantserpie­te.

Maar aan die Lomba het Martin en die cowboys van Charlie-eskadron ver bo hul gewig geboks teen die vyandelike tenks met hul dikker pantservel­le en groter skietgoed. Martin sou binnekort sy Honoris Crux kry vir die dag toe hy midde-in ’n geveg uit sy Ratel gespring het en met ’n towbar oor die skouer – ja, een van daai bliksemse goed wat gewoonlik twee ouens se knieë met “opf**-PT” laat knak – na ’n ander Ratel gehardloop het om dit te haak en van die boomstomp af te sleep waar dit vasgesit het.

Praat van ’n poster boy . . .

Maar waar hy hier buite Mavinga staan, wis hy nog niks van medaljepar­ades nie. Hy kyk na die vars, skoongesig luitenante wat na hom aangestap kom. Sien die ongeloof en verwarring in hul oë ten aanskoue van hom en sy takhaarmak­kers in hul stinkende browns.

En hy kry hulle amper jammer – maar net vir ’n rukkie. Kry vir julle, dink hy. Dis nou julle beurt . . . En toe begin die verneukspe­letjie met die rowe.

Daar is een ding wat die weermag gemeen het met ander staatsinst­ellings: papierwerk. Vorms by honderde. Vir elke stukkie toerusting, van ’n Ratel en ’n kanonloop tot ’n spanner, is daar ’n nommer. En vir elke stukkie toerusting wat uitgereik word, moet geteken word. En jy kan nie uitklaar aan die einde van jou diensplig sonder om verantwoor­ding te doen vir alles nie. As jy dit nie kan teruggee nie, beter jy ’n bleddie goeie rede daarvoor hê . . . in triplikaat en getjap.

Ook hier in die Angolese bos was daar g ’n wegkomkans van die admin-oorlog nie. Die oumanne is gesê om stalparade in die shona te hou: Die voertuie en elke stukkie toerusting word skoongemaa­k en dan vir inspeksie uitgestal voor dit aan die rowe oorgeteken word.

Maar die voertuie was gekarnuffe­l deur vyandelike vuur en die genadelose terrein van die Lomba. In die hitte van die stryd is baie toerusting, van die swaar metaalslee­pstange en kamoefleer­nette tot grawe en ander gereedskap, vernietig of verloor. En dit verg verklaring­s, papierwerk en tyd om dit te laat afskryf of vervang.

Vir sulke crap het Martin en sy buddies nie tyd of lus nie. Hulle is klaar met die oorlog en klaar met Angola. Hulle wil uit, huis toe. Maar eers moet hulle die probleempi­e oor al die missing tote (Rateltoeru­sting) uitsort . . .

Martin se plan werk so: Tussen die vier Ratel 90’s van die troep onder sy bevel kon hulle net genoeg tote bymekaarkr­y vir een volledige stel. “Pak dit netjies volledig uit by die eerste Ratel,” gee hy sy crews opdrag. “En as julle sien die rower-luitenantj­ie het geteken als is daar, sal ek hom besig hou en dan dra julle skelmpies als agter om die bos weg na die volgende Ratel . . . en so met die ry af tot by ons laaste Ratel.”

Maar voertuie en toerusting skoon was? “Vergeet dit. Hulle kan ons nie meer rondneuk nie.”

“Mislike, naafgat spul,” sou Jannie nog mor. “Bleddie negatief, wil net huis toe.”

Jannie en Martin sou dertig jaar later saam daaroor lag. Maar destyds was die rowe nie beïndruk toe hulle besef hulle is deeglik bedonner nie.

Hulle sou die oumanne later nog harder vloek . . . want om hulle ’n streep te trek is sommige van die Ratels se stofkraant­jies toegedraai. Dít het hulle eers agtergekom as ’n Ratel nie wou loop nie.

Daardie nag word die dromme met diesel langs die aanloopbaa­n weer aangesteek. Uit die maag van die groot ystervoël kom die res van die rowe – die seksieleie­rs en geweerskut­ters van Alpha- en Bravo-kompanies, die mortierist­e en echelontro­epe wat nie nodig was om die Ratels oor te teken nie.

En soos hulle uit die vliegtuig peul, skuur hulle verby ’n lang ry troepe wat besig is om ewe vinnig in te klim. In die flou rooi lig wat uit die vragromp oor hulle bloei, lyk die maer, bebaarde figure met die starende oë vir die nuwe aankomelin­ge demonies. Maar die ergste is die stank wat aan hulle kleef . . .

Vir skutter Anthony Poulton, ’n avontuurvr­aat uit ’n gebroke huis wat “tussen Grahamstad en Somerset-Wes” grootgewor­d het, was die nag onwerklik en bisar. Een oomblik op Rundu, toe die nagvlug na die hel alleen weet waar, die dramatiese landing – en nou hierdie vreemde wesens wat uit die donker opdoem. “Sh** . . . kyk jy na hierdie ouens, dan lyk dit asof ons die oorlog verloor . . . hulle het moeg gelyk, man, finished.”

Minute later versnel die Hercules en lig sy neus die Angolese naglug in terwyl die dieselvure deur die Unita-rebelle uitgedoof word. Die manne van Moduler is op hul reis huiswaarts.

En op die donker skouer van die aanloopbaa­n staan Anthony, die immer vrolike en ondeunde kalant wat voor sy dienspligd­ae net vir rugby speel en meisies geleef het.

Intens alleen. ■

’n Geredigeer­de uittreksel uit Die brug deur Deon Lamprecht, uitgegee deur Jonathan Ball. Van 15 Julie landwyd beskikbaar teen R250.

 ??  ??
 ??  ?? Suid-Afrikaanse troepe by ’n vernietigd­e Angolese BM21-vuurpyllan­seerder met die bynaam “Rooi Oog”.
Suid-Afrikaanse troepe by ’n vernietigd­e Angolese BM21-vuurpyllan­seerder met die bynaam “Rooi Oog”.
 ??  ??
 ??  ?? Desember 1987, vol jeugdige bravade in Angola. Agter (van links) is Renier van Heerden, Rassie de Beer en Jakes Scholtz. Voor is Hannes Lombaard.
Desember 1987, vol jeugdige bravade in Angola. Agter (van links) is Renier van Heerden, Rassie de Beer en Jakes Scholtz. Voor is Hannes Lombaard.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa