Huisgenoot

Elani Dekker, die introverte aktrise

Al het sy gedink ’n introvert en aktrise is ’n onwaarskyn­like kombinasie, is Elani Dekker deesdae gemaklik in haar vel en doen sy dit wat vir haar lekker is

- Deur Foto:

as Nicky. Die fliek speel in die Knysnabos af – ’n omgewing wat vir Elani bekend is omdat haar gesin al van kleintyd by die nabygeleë Buffelsbaa­i vakansie hou.

“Hoewel daar ’n sterk romantiese storielyn is, gaan die storie oor Karoliena as individu wat net ’n mens moet wees, ongeag of iemand daar is en haar heeltyd liefhet of nie,” vertel Elani oor die rol.

Dit was ’n uitdagende karakter omdat Elani haar oor ’n tydperk van 10 jaar moes uitbeeld. “Karoliena gaan deur vier fases, en elke fase lyk en voel anders. Dis lekker, want dis speel-speel. Ek speel myself elke dag; as jy dus iemand anders kan speel, hoekom nie?”

AS AKTRISE moes sy al ’n paar keer haar hare – natuurlik donkerbrui­n soos Karoliena s’n – vir rolle kleur. Maar die blond met pienk strepe om Nicky te speel was haar grootste metamorfos­e nóg, vertel Elani. “Dit was ’n drastiese veranderin­g, want net voor dit was ek ’n rooikop. Maar dit was lekker om die blonde hare te hê, want ek kon na ’n Saterdagog­gendmarkie gaan en voel niemand herken my nie,” vertel sy.

Toe ons sowat drie maande ná die vorige onderhoud weer gesels – dié slag met ’n video-oproep weens die coronakris­is – is haar hare steeds donker. Sy bring die inperking in Mbombela saam met familie deur en vertel dat mense haar herken wanneer sy wel die slag uitgaan. Maar deesdae pla dit haar nie meer nie.

“Dis vir my nou lekker as iemand my in die openbaar herken. Jy weet dadelik dat jy en hierdie vreemdelin­ge op ’n manier iets gemeen het. Dit is vir my eintlik kosbaar om net ’n bietjie liefde uit te deel.”

Elani en haar tweelingbr­oer, Jakob, wat medies studeer aan die Universite­it van Pretoria, het vir die grootste deel van hul laerskooll­oopbaan tuisonderr­ig ontvang in die gesin se huis in Pretoria. Hul ouers, Anita, ’n apteker, en Joop, ’n prokureur, woon steeds in dieselfde huis.

Toe hulle hoërskool toe is – onderskeid­elik na die Afrikaanse Hoër Meisie- en Seunskool in Pretoria – het Jakob in tennis en krieket uitgeblink. Maar ná net sewe maande het Elani haar ouers gevra of sy weer tuis kon skoolgaan.

Sy het destyds kontemporê­re dans beoefen en het dikwels gefrustree­rd geraak omdat sy nie by die skool teen haar eie pas kon werk terwyl sy ook aandag aan haar dans gee nie.

“Ek het agtuur saans tuisgekom ná ’n

REGS: Elani in ’n toneel uit Toorbos. ONDER: By haar Vergeet my nie-medesterre oefening, maar moes dan nog vier uur se huiswerk doen. Ek het dan gewonder: Hoekom kon ek nie dié huiswerk in skooltyd doen nie; ek was dan by die skool?”

Haar ouers het haar besluit gesteun, en dit het later gehelp toe sy in flieks begin speel en haar skoolwerk so moes beplan dat sy ’n maand of twee aaneen kan skiet.

“Daar was tye wat dit oorweldige­nd was, maar ek is nou dankbaar daarvoor. As dinge nou oorweldige­nd voel, het ek al tegnieke geleer om dit te hanteer.”

Tog het Elani as tiener al besef dat ’n loopbaan as danser haar nie beskore is nie. Sy was 15 toe sy die eerste keer by haar dansskool in Pretoria vir betaling aan ’n produksie deelgeneem het. “Die oomblik toe ek daarvoor betaal is, was daar soveel ekstra druk op my, en dit het die dans vir my sleg gemaak. Die interessan­te ding is, ek het nog nooit daardie druk met toneelspel ervaar nie.”

Sy het toe selfonders­oek gedoen en oor haar toekoms herbesin. “Ek het besef die enigste ding wat ek regtig baie geniet, is stories . . .”

Sy het van kleins af ’n liefde vir stories, boeke en flieks gehad. “Om op Dinsdae saam met my ma te gaan fliek was deel van my skoolkurri­kulum,” spot sy.

Met die hoop om meer oor die vermaakwêr­eld te leer, het sy in ’n skoolvakan­sie by die akteurs Lelia Etsebeth en Jacques Bessenger se dramaskool hul Acting On Screen-kursus voltooi.

Toe sy later die geleenthei­d kry om ’n maand en ’n half lange kursus by die New York Film Academy in Amerika te doen, het die toneelgogg­a behoorlik gebyt.

En skaars twee maande ná haar terugkeer uit Amerika nooi Leila die talentvoll­e matriekmei­sie toe vir ’n oudisie vir Jou Romeo. En daar word die “onwaarskyn­like” loopbaanke­use ’n werklikhei­d.

OP 22 het sy al meer bereik as waarvan vele jong akteurs droom. Maar dis nie asof sy doelbewus hard werk om kleintyddr­ome waar te maak nie, sê Elani. “Ek is nie regtig iemand wat dinge wil najaag nie. Ek wil net dinge doen waarvan ek hou en wat goed is vir my,” sê sy.

Dus is sy tans besig met ’n aanlyn kursus in binneversi­ering, en sy voltooi ook ’n kursus wat haar in staat sal stel om ander dansers af te rig.

Die inperking het haar opnuut laat besef hoe waardevol dit is om met jouself gelukkig te wees. “Dis belangrik om die tyd te neem en eerlik met jouself te wees oor die dinge wat vir jou lekker is en dít wat nie is nie. Jy moet kyk wat jy aan dié dinge kan doen wat jy nie geniet nie.

“Veral nóú in die rolprentbe­dryf. Alles is nou so onseker en niemand weet werklik wat volgende gaan gebeur nie. Maar dis vir my cool om te besef dat ek steeds gelukkig kan wees al is alles so onseker.”

Wat haar betref, is dít die wenresep. “Al gee ek eendag pottebakke­ryklasse en ek maak bejaardes gelukkig, dan is ek happy !”■

Die goedvoelfl­iek nou op DStv BoxOffice beskikbaar.

Bis

 ??  ?? Die aktrise Elani Dekker het aanvanklik gedink ’n beroep in die vermaakbed­ryf is haar nie beskore nie, maar nou ryg sy die rolle in.
FRANCO HAVENGA
ER LOMBARD
Die aktrise Elani Dekker het aanvanklik gedink ’n beroep in die vermaakbed­ryf is haar nie beskore nie, maar nou ryg sy die rolle in. FRANCO HAVENGA ER LOMBARD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa