Huisgenoot

Vrou het 10 kinders in 10 jaar

Albei kom uit groot gesinne en wou nog altyd baie kinders hê. Sy verwag hul 11de – en dan wil hulle net nog één hê . . .

- Deur

VANDAT sy kan onthou, was dit haar hartsbegee­rte om ’n klein bondeltjie van haar eie in haar arms vas te hou. Sy wou sommer ’n lekker groot gesin hê. Toe haar man kort voor hul troue voorstel hulle moet eendag 10 kinders hê, nes sy ouers, het sy geweet sy het haar sielsmaat gevind.

Sy het die presiese getal eintlik aanvanklik afgemaak as ’n lawwe idee, want 10 het darem ’n bietjie erg geklink, maar die afgelope 10 jaar was Courtney Rodgers van die Amerikaans­e deelstaat NieuMexiko nog elke jaar swanger.

En vandag is sy en haar man, Chris, sowaar die trotse ouers van ’n volle 10 kinders – ses seuntjies en vier dogtertjie­s.

Dit sluit ’n tweeling en drie stelle “Ierse tweelinge” in. Dit verwys na twee sibbes wat binne een jaar gebore word.

Maar dis nie al nie: Die ouerpaar het hul destydse droomkinde­rgetal verbygeste­ek. Want nou tel Courtney en Chris die dae af na die koms van baba nommer 11. Inderdaad, hul 11de kind in 10 jaar. Die nuwe enetjie sal na verwagting in November sy of haar opwagting maak.

Hoe voel dit om ’n dekade lank byna heeltyd swanger te wees? vra Huisgenoot toe ons Courtney (36) in Amerika opspoor. Sy is doenig met haar kinders se dinge, maar ruim sowaar tyd in om vrae per e-pos te beantwoord.

“Dit voel normaal,” laat sy hoor. “Een van die redes hoekom ons so baie kinders het, is dat ons self uit groot gesinne kom.”

Sy is self die oudste van ses. “Om tussen baie kinders te wees is vir ons normaal.”

Omdat sy en Chris (32) graag ’n groot gesin wil hê, het hulle nie geboortebe­perking toegepas nie, vertel sy. “Ek het nooit gemaklik gevoel daarmee om op voorbehoed­middels te gaan nie, want ek hou nie van die idee om ’n pil te neem nie,” sê sy.

Sy was nie eens huiwerig om ná 10 swangerska­ppe gou weer swanger te raak nie, want haar liggaam hanteer swangerska­p gewoonlik goed, sê sy. Trouens, sy het nog nie eens ’n enkele keer oggendnaar­heid gehad nie.

TEN spyte van Courtney se talle “maklike” en suksesvoll­e swangerska­ppe, was dit nie uit die staanspoor ’n uitgemaakt­e saak dat sy en Chris ’n groot en gesonde gesin sou hê nie. ’n Maand ná hul troue in Oktober 2008 het Courtney vasgestel sy gaan ma word.

“Ek was so opgewonde! Dit was ’n droom wat eindelik waar geword het,” vertel sy. Maar die vreugde was van korte duur, want net voor sy ses weke swanger was, het sy ’n miskraam gehad.

“My hart was gebroke,” het sy aan die webtuiste Love Matters vertel. Maar ses maande later kon sy weer haar man met ’n positiewe swangerska­pstoets verras en hul eersteling, hul seuntjie Clint (10), is in Maart 2010 gebore.

Sestien maande later het Clay (8) sy opwagting gemaak. Nommer drie, Cade (7),

BO: Die Rodgers-kroos gereed vir Kersfees. LINKS: Courtney doen nie gereeld inkopies saam met al 10 kinders nie. REGS: Almal eet gewoonlik wat Courtney voorsit, tensy iemand dit regtig haat.

het so vinnig gekom dat Courtney in die oprit van hul huis gekraam het. “Dit is ons opwindends­te geboortest­orie,” sê sy.

Cade was net drie maande oud toe sy uitvind Callie (6) is op pad. Dié twee babas was net minder as ’n jaar uitmekaar. “Ek was ’n bietjie skaam om aan te kondig ek verwag weer. Wat sal almal dink? Ek het ’n drie maande oue baba!” onthou sy.

Klein Cash (5), en die tweeling Colt en Case (4), is daarna gebore.

“Toe die tweeling vyf maande oud was, het ek weer swanger geraak, maar op 11 weke ’n miskraam gehad. Dit was moeilik,” vertel Courtney.

Ná haar miskraam het sy nog drie suksesvoll­e swangerska­ppe gehad en Calene (3), Caydie (2) en Coralee (1) is gebore.

“Ek het later nie meer regtig omgegee oor wat mense oor ons groot gesin dink nie. Gesonde swangerska­ppe en gesonde babas is nie ’n vloek nie. Ek was dankbaar vir elkeen wat God aan ons gegee het.”

Courtney is ’n tuisblyma wat haar kinders tuis onderrig, en Chris is ’n pastoor wat bouprojekt­e doen en gras sny vir ’n ekstra inkomste.

’n Normale dag in die Rodgers-huishoudin­g begin om halfagt wanneer Courtney en Chris na hul jongste omsien. Die res word eers om agtuur wakker.

Daarna sit almal saam aan vir ontbyt voor pa Chris werk toe gaan.

“Die oggende is die bedrywigst­e deel van die dag. Daar is altyd so baie aan die gang met kinders wat oral rondhardlo­op,” vertel Courtney. “Hulle kry dan ’n kort pouse om te speel. Terwyl hulle speel, probeer ek ’n paar take in die huis doen.”

Voor middagete doen die klomp nog ’n bietjie skoolwerk en almal help dan om hul sesslaapka­merhuis op te ruim.

“Die kinders begin met take in en om die huis sodra hulle oud genoeg is om hul eie speelgoed op te tel. Dis die belangriks­te taak op daardie ouderdom,” sê sy.

Ná middagete gaan die babas slaap terwyl die ouer kinders speel of ’n fliek kyk. Dit gee haar tyd om skoon te maak, ’n bietjie te rus of na die dag se skoolwerk te kyk. Party namiddae raak dit chaoties wanneer sy met ’n baba in die arms staan of ’n doek omruil terwyl vier kinders in ’n tou staan met ’n wiskundevr­aag.

Haar man is betyds terug vir aandete en almal ruim dan op en geniet ’n bietjie vrye tyd voor slaaptyd. Almal deel kamers en die jongstes is al teen 20:20 in die bed. Die ouer kinders skakel teen tienuur die ligte af. Dis ook wanneer die huis die stilste is en Courtney en Chris ’n bietjie rustige alleentyd geniet.

BO: Die kinders se ouderdomme is bo hul koppe aangebring. REGS: In Oktober is die egpaar 12 jaar getroud.

RUSTIGHEID en tyd is luukses wat dié ma nie beskore is nie. Courtney het geen idee hoeveel doeke sy per dag omruil nie. “In ’n stadium het ons vier in doeke gehad. Ons gebruik lapdoeke om geld te bespaar.” Omdat sy vir haar kinders tuisonderr­ig gee, het sy nie tyd om saam met vriende te kuier nie. Daar is ook geen familie wat naby bly om hand by te sit nie. “Ek is 24/7 by my kinders en kan hulle meer geniet as die gewone ouer,” sê sy hieroor. Wanneer sy ’n blaaskans nodig het, klim sy in hul passasiers­wa met 15 sitplekke en gaan drink koffie of koop kruidenier­sware. Hulle doen selde inkopies saam met die kinders, want dis in die supermark waar almal na hulle staar. “Wanneer ons dit doen, het ons drie waentjies vol kruidenier­sware en babas.” Hulle bestee meer as R5 000 per week aan kruidenier­sware en eet minstens vyf tot ses brode per week. Sy moet twee bondels wasgoed per dag doen om by te bly. “Die belangriks­te reël is dat elkeen hul deel in die huis doen; dis nie onderhande­lbaar nie. Daarsonder sou die huis ’n ramp gewees het,” sê Courtney. Die egpaar vier vanjaar hul 12de huwelikshe­rdenking, en al word hulle soms gekritisee­r oor hul baie kinders, wil hulle graag die gesin verder uitbrei. Wat is hul nuwe droomgetal? “Ons wil graag 12 kinders hê,” sê Courtney. Dan is dit mos ’n netjiese dosyn. ■

 ??  ?? Chris en Courtney Rodgers van Nieu-Mexiko is die trotse ouers van ses seuns en vier dogters – en sy is wéér swanger.
JODY-LYNN TAYLOR
Chris en Courtney Rodgers van Nieu-Mexiko is die trotse ouers van ses seuns en vier dogters – en sy is wéér swanger. JODY-LYNN TAYLOR
 ??  ??
 ??  ?? EKSTRA BRONNE: LOVEMATTER­S.COM; THESUN.CO.UK
EKSTRA BRONNE: LOVEMATTER­S.COM; THESUN.CO.UK
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa