Huisgenoot

Liedjieboe­r Appel vermaak nou sélf

Deesdae is Appel nie meer die ou agter ander sangers se treffers nie; hy vermaak aanhangers nou sélf met sy musiek

- Deur

DALK was dit ’n bestiering dat Theuns Jordaan juis op daardie laatsomera­and byna ’n dekade gelede in ’n kroeg in Pretoria moes kuier. Want dis op daardie aand dat Theuns na afloop van ’n kort musiekvert­oning in Presley’s na ’n jong sanger geloop en reguit gesê het: “Ek wil ’n cover van jou liedjie vir my jongste album opneem.”

Dit was 2011, die liedjie was “Jasmyn Katryn” en die sanger was Appel – en Theuns se weergawe daarvan was die volgende jaar ’n treffer.

Dit was vir Appel (nou 33) – wie se doopnaam Christoph Kotzé is – die deurbraak waarop hy toe al jare lank gewag het. Dit het van hom ’n ster gemaak etlike jare voor sy eie stem oor skares heen sou weerklink.

Jy het hom destyds dalk nie by die naam geken nie. Maar hý was die man agter tientalle Afrikaanse treffers soos die liedjie “Sal jy bly?” vir Theuns Jordaan, “Superhero” vir Eden, “Dis hoe ons rol” vir Jay, “Hande” vir Karlien van Jaarsveld en selfs “Skepe” vir Jo Black.

Maar hy sou nie altyd ’n onsigbare figuur in Afrikaanse musiek bly nie. Want in 2017 kom die keerpunt: Appel neem sy eie liedjies op – en duisende sit vasgenael en luister na die towerklank­e wat die “boertjie van Brits” oplewer . . .

“Ek wonder nog gereeld of ek vandag hier sou wees as dit nie vir daardie aand in Presley’s was nie,” vertel die sanger oor sy destydse ontmoeting met Theuns. En spot dan: “Presley’s nogal . . .”

Sy lirieke was dié soort wat “so een keer in ’n dekade vars asem in die musiekbedr­yf ” geblaas het, het base van die musiekmaat­skappy Inhoud Huis destyds oor Appel laat hoor. Maar of sy liedjies steeds treffers sou wees met hóm agter die mikrofoon, was ’n ope vraag . . .

“Die platebase het op ’n dag reguit gevra: ‘Wil jy ’n album opneem?’ En ek wou – jare lank al. Toe vat ons die gamble,” onthou Appel.

Die album Lei my na die water en die gelyknamig­e enkelsnit van 2017 wás ’n treffer. Maar steeds was iets nie reg nie . . .

“Daardie blazer-en-T-hemp-look was nie ek nie. Ek moes gim en ’n streng eetprogram volg – die idee was om my ’n crooner te maak. Maar ek was ’n boer in my hart. Ek ís ’n boer in my hart. Ek wou op die plaas wees en sing oor my bakkie en hoe my hart aan Afrika behoort.”

En eindelik het dít – die Appel met sy jagterspet en kakiebroek – hom ’n musiekster uit eie reg gemaak. Liedjies soos “Nonna”, “Boer loop deur my are” en “F250” is miljoene kere op YouTube

 ??  ?? Sy is sy rots en sy steunpilaa­r, sê die sanger Appel oor sy vrou, Sally-Ann.
CYRIL BLACKBURN
Sy is sy rots en sy steunpilaa­r, sê die sanger Appel oor sy vrou, Sally-Ann. CYRIL BLACKBURN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa