Huisgenoot

Vyf kreatiewe bêreplek oplossings

Vyf kreatiewe oplossings om alles op hul plek te sit

- Deur KIM ARENDSE

NETJIES EN ORDELIK

’n Verskeiden­heid bêrekeuses is ’n moet in ’n kind se speelarea – van tafels met rakke onder en ottomans wat as bêre- en sitplek kan dien, tot nuttige laaie. ’n Kas of rak met laaie asook oop dele vir uitstal is ideaal – aan die einde van speeltyd kan oortollige speelgoed uit die oog weggepak word, terwyl gunsteling­e binne bereik op die oop rakke gehou kan word.

KOOP SLIM BÊREPLEK

1 Leerrak (48 x 180 cm) R1 800, MRP Home. 2 Hangende planthouer R285 (16 x 11 cm), Esque.

3 Bokkie-lessenaar (64 x 126 cm) R1 499, Game. 4 Veeldoelig­e rak (60 x 10,5 cm) R1 050, Esque.

5 Ottoman (30 x 30 cm) R149, Decofurn. 6 Stapelbare staalmandj­ie (20 x 30 cm) R499, @home. 7 Pennetjieb­ord

(58 x 87 cm) R1 450, Knus.co.

8 Heuningkoe­kmuurrak (36 x31 cm) R399,99, MRP Home. 9 Sytafel (53 x 53 cm) R1 099, Decofurn. 10 Rak (120 x 21 cm) R849, @home. 11 Klererelin­g (125 x 195 cm)

R3 499, @home. 12 Muurhake (stel van drie) R479, Yuppiechef.

13 Reënboogst­apelmandji­es (43 x 39 cm elk) R299 vir die stapel, Game.

STAPELGEK

Boksrame maak dit moontlik om verskeie items saam te plaas vir maklike toegang en skep ’n goed saamgestel­de dekorfokus­muur. Ons hou ook van ’n lessenaar met baie bêreplek onder. Kyk hoe oulik is dié swewende lessenaarb­lad met boeke slim opgestapel sodat dit lyk of dit die rak stut – prakties en mooi!

WENK Rangskik die boksrame op die vloer om jou ideale uitleg te skep voor jy dit teen die muur hang met jou vloeruitle­g as riglyn.

VIVA VEELSYDIGH­EID

’n Gaatjiesbo­rd, soos dié swartgever­fde een, is ’n goeie manier van muurruimte benut om toonbankpl­ek beskikbaar te maak. Dit laat ook ’n verskeiden­heid bêreopsies op een plek toe. Jy kan hake en penne byvoeg vir hangplek, en mandjies en swewende rakke vir dinge inpak. Gaatjiesbo­rde is ook maklik verskuifba­ar.

REK DIE RAKKE

Rakke is nie net om items op te pak nie – oorweeg ook die ruimte onder. Jy kan enigiets van hake tot mandjies daaraan heg om ’n mooi en praktiese veeldoelig­e eenheid te skep.

ALLES IN DIE OOPTE Oop klerekaste is om ’n rede steeds ’n trend – dit moedig minimalism­e en netheid aan en laat jou maklik gryp wat jy nodig het wanneer jy die huis verlaat. Dit is dus veral geskik naby ’n voor- of agterdeur. Dit kan ook goed werk in ’n bad- of studeerkam­er.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1
1
 ??  ??
 ??  ?? 2
2
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ?? 4 ??
4
 ??  ?? 11
11
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 13
13
 ??  ?? 7
7
 ??  ?? 6
6
 ??  ?? 9
9
 ??  ?? 5
5
 ??  ?? 8
8
 ??  ?? 10
10
 ??  ?? 12
12

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa