Kortverhaal: “Vlug AF820”
Hy’t gesê dis verby. Maar nou is hy met ’n vliegtuig op pad na haar toe, en sy weet nie wat om te verwag nie
KORTVERHAAL
DIllustrasie:
IE pad na Kaapstad se internasionale lughawe voel vanoggend baie langer as al die vorige kere wat ek Johannesburg toe moes vlieg om pasiënte te gaan evalueer. My hart voel asof dit in twee skeur.
Anton du Bois het my twee aande gelede meegedeel hy is ’n pos in Londen aangebied om die laaste drie jaar van sy B.Com.-rekeningkunde-internskap te gaan voltooi en dat hy nie in langafstandverhoudings glo nie.
Dit maal heeltyd in my kop hoe ons twee jaar terug een aand op die trein op pad huis toe ontmoet het. Daar was onmiddellik iets baie spesiaals tussen ons. Voor ons by die laaste stasie afklim om huiswaarts te keer, het ons altyd eers saam gebid en dan afskeid geneem.
Anton is ’n groot romantikus en het my altyd laat voel ons kan saam berge versit. Wanneer ons in mekaar se oë gekyk het, het niks anders rondom ons bestaan nie. Daar was soveel liefde vir mekaar, en ons het graag stories oor ons onderskeie beroepe uitgeruil.
Een aand het hy my aan Kaapstad se liggies gaan voorstel. Aan die onderkant van Tafelberg by die sweefspoor, met ’n piekniekmandjie en ’n bottel druiwesap, op ’n kombers. Ons het dit later ons spesiale plek genoem.
Nee, ek moet myself regruk! Ek kan nie treur oor dit wat gebeur het nie. As sielkundige het ek minstens 16 dae nodig om myself geestelik en emosioneel reg te kry. Dankie tog my pasiënte is in die goeie sorg van dr. Louis Wolmarans.
Met my aankoms by die lughawe is my wit sportmotortjie veilig geparkeer en my bagasie inbespreek. Sewentien uur later word een van my grootste drome bewaarheid toe ek in Parys, Frankryk, land.
Dis ’n interessante dag. Ek staan vroeg op en vertrek saam met ’n toergroep na Mont St. Michael wat in die weste van Frankryk geleë is. Ons klim baie trappe en absorbeer baie inligting – van hoe die asemrowende kasteel in die 1900’s ontstaan het en ander geskiedenis daaroor.
Ná die lang dag ontspan ek buite op die patio van die Shangri-La-hotel in die hartjie van Parys met ’n glas druiwesap. Ek tuur na die miljoene liggies en my oë word skielik vasgevang deur die Eiffeltoring se wit lig wat my kort-kort begroet.
Ek mis Anton verskriklik baie, en die verliefde paartjies onder die maanlig en straatligte maak dit ook nie makliker nie. Die geritsel van die droë blare wat op die patio rondwaai, breek skielik die stilte. Verlangs is sirenes van noodvoertuie wat loei.
’n Netjies geklede man van ontvangs kom met ’n briefie in die hand aangestap