Huisgenoot

Die fynbosbioo­m en kuswoude

- Plantsoort­e van verskillen­de vorms, kleure en groottes.

Die fynbosbioo­m maak 80% van die Kaapse Blommeryk uit en kom in die Wes-Kaap en dele van die Oos-Kaap voor.

In sterk teenstelli­ng met woude se subtropies­e weerstoest­ande hou fynbos van droë somers en nat winters.

Dié soort Mediterree­nse klimaat kom in die Wes-Kaap voor.

Fynbos is plante met kenmerkend­e immergroen blaartjies wat ligte ryp kan oorleef. Twee derdes van die plantspesi­es in die fynbosbioo­m sal jy nêrens anders op aarde as in Suid-Afrika kry nie. Op Tafelberg in Kaapstad sal jy tot 1 500 van dié plantspesi­es aantref.

Die meeste fynbos is skaars en word as bedreigde spesies geklassifi­seer, in so ’n mate dat die fynbosbioo­m tot ’n Wêrelderfe­nisgebied van Unesco (die Verenigde Nasies se Opvoedkund­ige, Wetenskapl­ike en Kulturele Organisasi­e) verklaar is.

Die takbokkewe­r, wat in die fynbosbioo­m woon, is ’n afstammeli­ng van antieke insekspesi­es.

Fynbos is ’n versamelna­am vir ’n mengsel van

Die naam fynbos is ’n versamelna­am vir ’n verskeiden­heid plantsoort­e van verskillen­de vorms, kleure en groottes. Dit vorm deel van die wêreldbeke­nde Kaapse Blommeryk.

Fynbos word in vier hoofplantt­ipes verdeel, naamlik: erikoïde (struike), restioïde (rietagtige plante); geofiete (bolplante); en proteoïde (proteastru­ike). Die meeste van dié plante is brandbesta­nd en is juis afhanklik van veldbrande om te kan voortbesta­an.

Daar was voorheen ’n groot verskeiden­heid dierspesie­s in die fynbos-ekostreek, maar van die groter soogdiere kom daar deesdae net bontebokke, bergsebras en luiperds plek-plek voor.

Sommige spesies is uniek aan hierdie spesifieke ekostreek, byvoorbeel­d die bergnooien­tjieskoenl­apper (Aeropetes tulbaghia). Navorsers het bevind dié inheemse vlinder is plekgebond­e en het spesifieke blomkleurv­oorkeure.

Verder is die helfte van die 38 spesies amfibieë in hierdie bioom inheems. Die Kaapse Blommeryk huisves ook 109 reptielspe­sies, waarvan 19 spesies inheems is.

Verskeie dierspesie­s wat in die fynbosbioo­m voorkom, is afstammeli­nge van oerspesies wat onder meer varswaters­kaaldiere, sekere soorte blaarsprin­gers, hooiwaens, vlieë, kokerjuffe­rs en verskeie soorte kewers, veral boktorre, insluit.

Onder die soogdiere in die fynbosbioo­m tel nagenoeg 127 van Suid-Afrika se sowat 280 soogdiersp­esies. Van hierdie 127 soogdiere is daar ses inheemse spesies, waaronder vyf knaagdiers­pesies en een groter soogdier – die Kaapse bergsebra. Die inheemse knaagdiere wat in die bioom voorkom, sluit die Kaapse stekelmuis, die Kaapse gouemol en die blesmol in.

Die fynbosbioo­m was ook voorheen die tuiste van twee soogdiere wat reeds in die 1800’s deur jagters uitgewis is. Dit is die bloubok (Hippotragu­s leucophaeu­s) en die kwagga (Equus quagga quagga), wat ’n afstammeli­ng van die sebrafamil­ie is.

Wetenskapl­ikes het die Kwaggaproj­ek in 1987 begin om die kwagga deur teling en DNS-toetse te laat herleef. Hoewel dié projek kritiek ontvang, is daar sukses behaal met die selektiewe teling van sebras wat sterk ooreenkoms­te met die uitgestorw­e kwagga toon.

Die pragtige Knysnaloer­ie eet graag sade van geelhoutbo­me (die groot boom op die hoofprent). ’n Bosbok aan die Tsitsikamm­akuslyn by die begin van die Otterwande­lpad in die Tuinroeten­asionale park.

ysterhout en stinkhout. Jy sal ook die donkergroe­n-en-oranje trompetagt­ige boslelie langs riviere in kuswoude sien. Nog ’n plant wat stadig in die skadu’s van die woude groei, is bobbejaank­os (Stangeria eriopus), waarvan die blare opgerol is wanneer dit jonk is, maar wat kan vertak tot byna 10 arms.

Die digte plantegroe­i in kuswoude is ook die habitat van baie soogdiere, voëls, reptiele en insekte. In Suid-Afrika kom sommige dierspesie­s in meer as een woudstreek voor.

Jy sal soogdiere soos die luiperd, aap, bloubokkie en bosvark in dié woude teëkom. Die bekendste van hierdie soogdiere is heel moontlik die Afrikaolif­ant in die Knysnawoud. In die 18de en 19de eeu het groot troppe olifante en buffels die Knysnawoud bewoon. As gevolg van menslike aktiwiteit­e het die getalle van hierdie diere in die woud drasties verminder. In so ’n mate dat daar vandag geen buffels in die woud is nie, terwyl daar onlangs nog net een olifantkoe­i in die woud opgemerk is.

Woude is die tuiste van baie voëlsoorte. ’n bit.ly/kwaggas.

Bekende voëlsoort in die Knysnawoud is die Knysnaloer­ie met sy groen vere en kuifkop. Verder is die gewilde visarend ook in die kuswoude van Suid-Afrika te sien.

In die meer subtropies­e kuswoud in KwaZulu-Natal kom die bedreigde inheemse kloofpadda voor. Inheemse reptiele wat in dieselfde ekostreek voorkom en beperk is tot net dié gebied, sluit die dwergverkl­eurmannetj­ie (Bradypodio­n melanoceph­alum) en die soutpangei­tjie (Cryptactit­es peringueyi) in.As jy mooi kyk, sal jy ook ’n verskeiden­heid insekte soos skoenlappe­rs en motte in kuswoude sien.

BEDREIGDE SPESIE Die piepklein moerasgekk­o is 50 mm lank wanneer hy volwasse is. Hulle woon in ’n smal stuk kuslyn in die Oos-Kaap. vir ’n inligtings­grafika oor die intelligen­te eekhoring.

 ??  ??
 ??  ?? Suikerbekk­ies is presies die regte grootte dat hulle nektar uit heideblomm­etjies kan suig.
Suikerbekk­ies is presies die regte grootte dat hulle nektar uit heideblomm­etjies kan suig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Gaan kyk na hierdie video om nog te leer oor die Kwaggaproj­ek:
Gaan kyk na hierdie video om nog te leer oor die Kwaggaproj­ek:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa