Huisgenoot

Die eekhoring, ’n slim opgaarder

In deel 3 van ons reeks oor intelligen­te diere kyk ons na ’n knaagdiert­jie met ’n goeie geheue en beplanning­svermoë

- Saamgestel deur Vergroot die vlies.

JInfografi­ka:

Y’T seker al eekhorings vlugvoetig sien hardloop of grasieus tussen boomtakke sien spring. Maar het jy geweet eekhorings is intelligen­t, kan hul pote vorentoe én agtertoe laat wys en dat party soos voëls kan sweef ? Ons leer jou meer oor ’n boom-eekhoring genaamd die gryseekhor­ing.

Die kleinste spesie is die Afrika-dwergeekho­ring, wat omtrent 12 cm lank is.

Die vlieënde eekhoring se valskermag­tige vlies maak dat hy kan sweef. Wanneer hulle in die lug spring, sprei hulle hul arms en bene uit en gebruik die vlies vir weerstand: soos om met ’n valskerm te spring.

DRIE SOORTE

Benewens grond- en boomeekhor­ings is daar ook sogenaamde vlieënde eekhorings. Hulle kan nie regtig vlieg nie, maar danksy ’n spesiale vlies kan hulle tussen bome rondsweef.

STERT

Eekhorings gebruik hul welige sterte om te kommunikee­r en as ’n kombers wat hulle om hulle vou wanneer hulle slaap. Hulle kan ook tot 20 m val sonder om seer te kry omdat die stert as ’n soort valskerm dien.

SPESIALE ENKELS

Gryseekhor­ings het slaplittig­e enkels. Dit beteken hul pote kan vorentoe én agtertoe wys, perfek vir boomklim. Hulle kan kop eerste by ’n boom afklim deur hul agter-enkels 180 grade te draai sodat die agterpote agtertoe wys.

BENE VLERKPUNT

Verminder lugweersta­nd.

TIBIOKARPA­LIS

Hou die vlies se rande styf.

Hulle het sterk, gespierde agterbene en kort voorbene wat saamwerk om hulle te help spring.

Hulle kan baie goed sien. Hul groot oë aan die kante van hul kop vergroot hul sigveld.

BLYPLEK

Hulle woon in boomholtes en nesse van blare en boomtakkie­s so groot soos ’n sokkerbal in boommikke hoog bo die grond.

Kry die kortste pad tot by die gemmerbroo­dhuis.

Hansie en Grietjie

Vra eers toestemmin­g

en knip dan die domino’s regs uit en plak dit op die prent links om die speletjie te voltooi. Elke domino moet ’n eenderse prent weerskante hê. Net vier domino’s sal nodig wees – maar watter vier?

Knip-en-plak-domino’s

 ??  ?? CARLA COETZEE word aangetref Meer as 260 eekhorings­pesies reënwoude tot halfdorre in van tropiese vastelande sonder woestyne. Die enigste en Australië. eekhorings is Antarktika is die
Die Indiese reuse-eekhoring
1 m lank van sy grootste: Dis amper sy stert! neus tot die punt van
MICHAEL DE LUCCHI
BRONNE: WIKIPEDIA.ORG, CAPETOWN.TRAVEL, BIODIVERSI­TYEXPLORER, OAKBOROFAM­ILYDENTIST­RY, ANIMALS.MOM.ME, NUTSABOUTS­QUIRRELS, ONEKINDPLA­NET, BIOKIDS.UMICH.EDU, ANIMALS.HOWSTUFFWO­RKS, NASIONALE WILDLEWE-FEDERASIEB­LOG, DISCOVERWI­LDLIFE, WOODLANDST­RUST
CARLA COETZEE word aangetref Meer as 260 eekhorings­pesies reënwoude tot halfdorre in van tropiese vastelande sonder woestyne. Die enigste en Australië. eekhorings is Antarktika is die Die Indiese reuse-eekhoring 1 m lank van sy grootste: Dis amper sy stert! neus tot die punt van MICHAEL DE LUCCHI BRONNE: WIKIPEDIA.ORG, CAPETOWN.TRAVEL, BIODIVERSI­TYEXPLORER, OAKBOROFAM­ILYDENTIST­RY, ANIMALS.MOM.ME, NUTSABOUTS­QUIRRELS, ONEKINDPLA­NET, BIOKIDS.UMICH.EDU, ANIMALS.HOWSTUFFWO­RKS, NASIONALE WILDLEWE-FEDERASIEB­LOG, DISCOVERWI­LDLIFE, WOODLANDST­RUST

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa