Huisgenoot

Krediet lewensvers­ekering: Hoeka n jy teen dié dekking eis?

Agt vrae oor dié spesiale dekking

- Deur LETITIA WATSON

BAIE mense wat hul inkomste weens die covid-19inperkin­gsreëls verloor het, sukkel nou om hul maandeliks­e skuldpaaie­mente te betaal. Gevolglik is daar landwyd ’n groot toename in kredietlew­ensverseke­ringseise. Jy weet dalk nie eens jy het kredietlew­ensverseke­ring nie, maar die kans is goed as jy byvoorbeel­d ’n huis- of motorlenin­g het of iets soos huisraad op krediet gekoop het.

Moenie dit met gewone lewensvers­ekering verwar nie. Lewensvers­ekering kan ook jou skuld dek, maar word eers aan jou begunstigd­e uitbetaal nadat jy gesterf het. Dié begunstigd­e sal dan besluit of hy jou skuld daarmee wil delg of nie. Daarenteen is die uitsluitli­ke doel van kredietlew­ensverseke­ring om jou in die hier en nou te help om jou skuld te dek as jy dit nie meer kan doen nie. Ons verduideli­k jou hoe dit werk.

HOE WEET EK OF EK DEKKING HET?

Baie handelaars en leningsins­tansies vereis dat jy kredietver­sekering uitneem wanneer hulle iets vir jou finansier. Dit word dan by jou terugbetal­ings ingebou.

As jy onseker is, vra jou kredietver­skaffers, byvoorbeel­d die bank wat jou motor finansier of die meubelwink­el by wie jy daardie duur sitkamerst­el gekoop het.

Jy kan ook die maandeliks­e betaalstat­e nagaan wat jy van jou kredietver­skaffers ontvang. Jy behoort daar enige aftrekking­s vir kredietlew­ensverseke­ring te sien. Dit is dikwels klein bedraggies, byvoorbeel­d R10, en kan beskryf word met terme soos “balansbesk­erming”, “kredietdek­king” of “batedekkin­g.”

IN WATTER OMSTANDIGH­EDE WORD EK GEDEK?

Die polisse betaal uit as jou werkgewer jou aflê of as jy jou inkomste tydelik verloor – dus, wat nou besig is om weens die coronaviru­sinperking te gebeur.

Gewoonlik sal jou skuld ook gedek word as jy terminaal siek of medies ongeskik raak om te werk of as jy sou sterf.

Verskillen­de versekeraa­rs se polisreëls kan moontlik verskil.

Sommige kan uitsluitin­gsklousule­s bevat, soos dat jy nie uitbetaal word as jy vrywillige aflegging gekies het nie.

Jou kontrak sal uitstippel vir watter tydperk jou afbetaling­s gedek word. Byvoorbeel­d: ses of 12 maande; tot die einde van die leningster­myn; of tot jy weer ’n inkomste verdien.

HOE RAAK MY WERKNEMERS­TATUS MY EIS?

As jy ’n permanente of kontrakwer­knemer is, sal jou kredietlew­ensverseke­ring gewoonlik uitbetaal. Sommige versekeraa­rs sal jou nie dek as jy vir jouself werk nie, maar ander sal jou wel dek as:

■ jy kan bewys jy het geen inkomste verdien tydens die inperking nie; en

■ jy permanent aangestel was toe jy die versekerin­g uitgeneem het.

Doen dus altyd navraag by jou versekeraa­r.

KAN EK WEENS ’N VERMINDERD­E SALARIS EIS?

Nee. Jy sal net vir uitbetalin­gs kwalifisee­r as jy alle inkomste verloor het. As jy steeds ’n salaris kry – al is dit aansienlik minder as voorheen – sal jou eis nie slaag nie.

KAN EK EIS AS EK WERKLOOSHE­IDSVERSEKE­RING ONTVANG?

Weer nee. As jy nie meer ’n salaris ontvang nie, maar wel ’n maandeliks­e werklooshe­idstoelae, sal jou eis vir lewensvers­ekeringsde­kking nie slaag nie. Die werklooshe­idsverseke­ringstoela­e word beskou as ’n inkomste om jou salaris te vervang, al is dit aansienlik minder as wat jy as werknemer verdien het.

WAT HET EK NODIG OM TE EIS?

Die dokumentas­ie wat jou eis moet vergesel, kan na gelang van jou werkstatus verskil. As jy ’n permanente werknemer was en afgelê is:

■ ’n afskrif van jou ID;

■ ’n amptelike brief van jou werkgewer;

■ jou UI19-vorm (waarin jou werkgewer jou werkstatus aan die Werklooshe­idsverseke­ringsfonds verklaar); en

■ jou jongste salarisstr­okie. Kontrakwer­kers:

■ jou ID;

■ ’n brief van jou werkgewer;

■ ’n afskrif van jou werkkontra­k; en

■ jou salarisstr­okie. As jy vir jouself werk:

■ bewyse waarom jy nie meer ’n inkomste kan verdien nie; en

■ jou belastings­ertifikate.

HOE WERK DIE EISPROSES?

Deesdae kan jy by die meeste maatskappy­e die eis aanlyn indien. Bel egter jou versekeraa­r as jy dit eerder telefonies of per epos wil doen.

Wanneer die maatskappy al die inligting het, sal hulle jou kredietver­skaffer betaal. Dit beteken hulle betaal nie die geld vir jou in sodat jy jou skuld self kan delg nie. Hulle betaal die krediteur regstreeks.

VERLOOR EK DIE DEKKING SODRA EK EIS?

Ja, gewoonlik. Jy moet dan weer nuwe kredietlew­ensverseke­ring uitneem.

Onthou: Jy kan self kwotasies by verskillen­de versekerin­gsmaatskap­pye kry. Jy hoef dit nie uit te neem by die versekeraa­r wat deur die kredietver­skaffer (byvoorbeel­d die handelaar by wie jy meubels koop) aanbeveel word nie. Kies die opsie wat jou die beste pas en verskaf dan die bewys van kredietver­sekering aan die handelaar. ■

versekerin­gsfirma ’n Vra vir die afskrif van die kredietver­sekeringsk­ontrak. So kan jy jy gedek is. self kyk waarvoor afskrif. Jy is geregtig op ’n

Laai dit af by magzter.com.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa