Huisgenoot

Maklike riglyne vir ’n tuismaniku­ur om jou naels dié winter gesond, glansend en vars te hou

-

DIE inperking is verslap en skoonheids­alonne is eindelik oop. Maar dalk is jy te senuagtig om ’n profession­ele manikuur te kry omdat jy nog ligloop vir die virus. Of straks het jy net nie genoeg geld of tyd nie. Die goeie nuus is daar is ’n paar eenvoudige riglyne wat jy kan volg om jou vingernael­s dié winter self gesond, glansend en vars te hou.

Kies natuurlik

Die gewilde Franse manikuur en lang 1980’s-naels wat soos dolke lyk, is uit die mode volgens die Australies­e manikuris Jessica Diez.

“Eers was akrielnael­s en breë wit punte gewild. Deesdae wil vroue ’n praktiese en bekostigba­re naelsorgro­etine hê wat in hul besige leefstyl inpas,” verduideli­k sy. “Vroue kies nou ’n korter, meer hanteerbar­e naelvoorko­ms in neutrale skakerings wat ’n allesin-een-behandelin­g bied en produkte wat nie maklik afsplinter nie.”

Die Australies­e Sally Hansen-naelkenner Alison Bowhill-Hayes stem saam. “Die Franse manikuur is so gister. Jy het werklik lang naels en ’n goeie naelbed nodig om dit reg te kry, en vir die meeste werkende vroue wat voortduren­d te min ure in die dag het, is dit bloot te moeilik om in stand te hou.”

Kry kleur

Kies ’n vleiende skakering wat jou velkleur komplement­eer en vir die besondere geleenthei­d geskik is.

“Kies skakerings van perske as jy ’n olyfkleuri­ge vel het en iets pienkerigs by ’n bleek vel,” sê Alison.

“Pastelkleu­rige naels is nou ’n groot trend en ’n besliste staatmaker vir die winter. My keuses is appelkoos, laventel en mentgroen.

“Bleek is steeds ’n gewilde keuse. Dié seisoen is daar ’n neiging tot ’n elegante maklik-om-te-dra-manikuur. ’n Groot bonus is dit verg min instandhou­ding, want kepies is nie so opvallend nie.”

Versorg jou naelvliese

“Die meeste van ons besef nie hoe belangrik gesonde naelvliese vir gesonde naels is nie,” sê Alison.

“Naelvliese speel om ’n aantal redes ’n groot rol. Die naelvlies verbind jou nael met die vel. Dis ook ’n skans, want dit bedek die selle wat jou naels help groei en bou,” sê sy.

“Onversorgd­e naelvliese kan tot ongesonde naels lei en in die ergste geval kan swak naelvliess­org selfs infeksie veroorsaak.”

Soos die meeste manikurist­e beveel Jessica aan jy druk die naelvliese terug pleks van om dit te sny.

“Om naelvliese in die beste toestand te hou, wend ’n paar druppels naelvliesv­erwyderaar aan en druk die oortollige vel in ’n sagte sirkelbewe­ging met ’n naelstokki­e terug,” is haar raad.

“Masseer ter afronding naelvlieso­lie in die naelbed in. Dit help voorkom pynlike hangnaels en sorg vir ’n skoon, gladde oppervlak vir naellak.”

Gebruik ’n basisen bolaag

Baie van ons slaan ’n basis- en bolaag oor bloot omdat dit meer tyd verg. Maar as jy daardie ekstra paar minute bestee, sal dit help dat jou manikuur langer hou.

“’n Basislaag is belangrik, want dit skep ’n kleefvlak vir die kleurpigme­nt en help so dat jou naellak langer aanbly,” verduideli­k Jessica.

“Dit sorg ook vir ’n netjieser aanwending deur die naelopperv­lak glad te maak. Laastens voorkom dit vlekke op die natuurlike nael. Die bolaag is die afrondings­produk; dit gee die kleur glans, verseël al die lae saam en help voorkom dat die naellak afsplinter.”

Gee dit vorm

Jy moet jou naels gereeld vyl, selfs al is dit nie nodig om dit korter te maak nie, sê Jessica.

“Vyl altyd in een rigting. Ruwe sigsag-vylery kan tot gesplete naels lei,” verduideli­k sy.

“Volg dié riglyn: Die vorm van jou naelvlies behoort ’n spieëlbeel­d te wees van die vorm waarin jy jou nael vyl. Dit skep die vleiendste voorkoms.”

Verwyder dit reg

Dir korrekte verwyderin­g van naellak is net so belangrik soos naelvoorbe­reiding. “Kies altyd ’n verwyderaa­r met versterken­de of opknappend­e middels,” beveel Alison aan.

“As jy heeltyd naellak dra, moet jy probeer om produkte met ’n klein persentasi­e asetoon te gebruik. Die oorgebruik van naellakver­wyderaar dehidreer die naelopperv­lak en dit sal afskilfer. Wanneer jy naelkleur verwyder, onthou goedkoop naellakver­wyderaar is presies dit en kan aaklige chemikalie­ë bevat wat naels kan beskadig.”

Kry salonmooi naels met dié wenke en truuks van manikurist­e Deur SHEREE MUTTON

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa